Koerantbrokkies

29 07 2011

Mnr. Jason Ngobeni die Tshwane-metro se nuwe munisipale bestuurder gaan glo tussen R2,1 miljoen en R2,7 miljoen jaarliks verdien. Dit is meer as enige ander minister en selfs meer as ons Pres. Jacob Zuma wat R2,4 miljoen verdien.

Die petrol staking is verby (vir nou), maar sal so twee weke neem voor alles terug na normaal is. 70 000 werkers het aanvanklik ’n minimum salaris van R6 000 per maand en ’n 40-uur-werkweek geëis, maar uiteindelik is daar ooreengekom op ’n verhoging van 8,5% vir alle werknemers en 10% op die minimumskaal. Die minimum salaris is nou R4 840.

Flora-Kliniek in Roodepoort se onkologie-eenheid moes haastig ontruim word nadat ‘n chemiese storting. Die pasiente was vinnig ontruim, en die situasie was onder beheer gebring met geen beserings nie.

Gerrie van Rensburg (29) is na twee dae gevind! Hy was gekaap in Pretoria tussen 13h00 en 14h00 by die verkeersirkel by die aansluiting van Hans Strij­domrylaan en die N4-hoofweg. Hy was vasgebind en in die kattebak gelos. Hy kon nie met Beeld praat nie, maar sy pa ds. ­Jacie van Rensburg se sy seun slaap en hulle wag vir ‘n oproep van ‘n psigiater want al was hy nie aangerand nie is hy erg getraumatiseerd.

Mnr. Gerdus Greyvenstein (47) moet volgens Julius Malema in die tronk vrot… en verwuys na hom as ‘n aap! Greyvenstein is vir poging tot moord aangekla nadat hy in ‘n politieke geskil drie skote na mnr. Siyabonga Ndabeni (29) geskiet het, waarvan twee hom in die bors getref het.  Ndabeni het Malema se kant gekies.

Regter G.F. Wright het die ses plaasaanvallers wie die Potgieter gesin vermoor het in die Vrystaatse hooggeregshof tot agt vonnisse van lewenslange tronkstraf en nog 176 jaar tronkstraf gevonnis. Hy het die aansoeke om verlof tot appèl teen hul vonnisse of skuldigbevindings van die vier wat by die moorde betrokke was, geweier. Die hofsaak duur al agt maande lank, kan julle dit glo! Voel soos gister wat ons gehoor het hoe die rotte ‘n twee jarige Wilmientjie geskiet het 😦
Dit gaan glo baie sleg met ouma Bokkie, maar glo ook met die hele familie. Ai dis wreed!!

                                                          Ons dink aan julle en almal wat betrokke is / was by plaasmoorde.

♪♫ VeRjAaRsDaE ♪♫  Julian McMahon (43) Geddy Lee (58) en Wanya Morris (38)


Aksies

Information

One response

29 07 2011
Olga

nee, julius die anc skiet nie mense oor politieke geskille nie. Hulle intimideer ook nie kiesers nie. Hulle vat ook nie bribes nie.

Is duncan allen opgespoor?

Ek het gisteraand op tu nuus gehoor die rotte het willemientjie en haar ma ook eers met pangas gekap. Ek dink hofsake word met opset so lank uitgerek dat ons die grusame besonderhede moet vergeet. Hulle moes eers die rotte met kokende olie gedoop het en dit elke 30 dae herhaal.
Mag die potgieters salig rus. Mag hulle fam berusting vind in God se genade.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: