Would you like a boy or a girl with your fries?

28 07 2011

Daar kom ek toe weer agter dat ek maar goed agter die klip is.  Ek het nog altyd gedink dat die sake nie binne die mens se hande lê nie.  Wanneer jy swanger raak, hoop jy dalk stilletjies vir ‘n seuntjie of dogtertjie.  Wanneer jou begeerte nou nie bewaarheid word nie, vat jy wat jy kry en sê nog dankie ook.  As dit nou van kardinale belang is dat jy ‘n seun (of ‘n dan ‘n dogter moet hê), hou jy aan probeer tot jy die sending suksesvol voltooi het.  Nie juis dat die geslag van die baba vir die moderne mens so belangrik is nie.

Blykbaar werk dit toe nie so nie.  Van die Amerikaners wat net een kind kan / wil hê, soek 40% van hulle ‘n seun.  28% van hulle soek ‘n dogter wat dan seker beteken dat 32 % nie juis oor die geslag omgee nie.  My ma het altyd gesê dat wat jy wil hê en wat jy gaan kry twee verskillende dinge is.  Duidelik het sy nie Amerikaners groot gemaak nie.  As hulle ‘n seun wil hê, wil hulle sorg dat niks anders as ‘n seun gaan uitval nie.

Goed en wel.  Die nodigheid van ‘n sekere geslag babas is seker niks nuuts nie.  Daar was ‘n tyd gewees wat ‘n seun nodig was om die familie se erfenis te kan opeis.  Die seun was ook nodig om die voortbestaan van die familienaam te verseker, nie juis dat hy ver sou gekom het as daar nie iewers dogters ook was nie.  Daar is selfs eeue terug al probeer om geslag van die baba vooraf te manipuleer.  Aristotle het in 330 vC voorgeskryf dat mans wat seuns soek, hulle linker testikel moet laat bind.  Meer as 2000 jaar later, is sommige van die raad om die regte baba te kry nog steeds ‘n bron van amusering.

Blykbaar is die sperms wat seuntjies maak vinniger, maar die dogtertjie sperms is sterker.  As jy dus desperaat is vir ‘n seuntjie moet jy op die dag van of die dag na ovuluasie aan jou seuntjie bou.  Hulle sal glo vir die dogtertjies weghardloop en eerste kans hê om die eier te bevrug.  As jy twee of drie dae voor ovuluasie gaan bou, is die kanse op ‘n dogtertjie glo goed.  Die seuntjies sperms sou glo dan al die stryd opgegee het.

Jy kan natuurlik ook jou dieet aanpas om die regte soort kinders te maak.  Seuntjies word glo bevoordeel met ‘n lang vrugte en groente.  Julle weet, iets soos ‘n piesang of komkommer waarmee jy jou kondoom vaardighede op kan oefen.  Seuntjies hou glo ook daarvan as hulle ma’s nie ontbyt mis nie.  Dogtertjies daarteen hou van meer kalsium en minder sout.

Oggend seks is glo voordelig vir om dogtertjies te maak, omdat die sperm glo dan nog vars is.  Die Pappas moet vir ekstra goeie resultate ‘n lou warmbad neem om sy prinses te maak.  Seuntjies ontstaan weer graag wanneer die ma ‘n orgasme het, verkieslik terselfde tyd as die pa.

As dit ‘n bietjie te veel na ou vrou stories klink, is daar nog steeds hoop om jou tevredenheid met die swangerskap te waarborg.  Mens kry glo vrugbaarheids klinieke waar hulle die manlike en vroulike sperms van mekaar skei.  Jy kry dan net die sperms vir die geslag waarvoor jy hoop.  Dit is glo meer suksesvol as jy graag ‘n dogtertjie wil hê.

As jy dan nog steeds opgeskeep sit met die verkeerde geslag, kan jy na die meer desperate en onwettige metodes oorgaan.  Slaan die baba dood en probeer vir nog een.  Minder grusaam is seker om die baba net so in die hospitaal te los en te laat spat.  Jy kan ook die verkeerde baba laat aanneem om jou gewete te troos.  Dit is terloops goed wat nog reg oor die wêreld gebeur in die poging om die perfekte baba te kry.

Belaglik, ek weet.  Hoe voel julle hieroor?

Breinvasbrand:  Wat is die geslag chromosome in mans?

Breinlosbrand:  Richard en Maurice


Aksies

Information

9 responses

28 07 2011
MaanKind

Glad nie nuut nie! In die 70’s het ons almal die resep gevolg. As jy probeer het vir ‘n dogtertjie, elke dag 2X seks. Vir ‘n seuntjie, geen seks ‘n week voor ovulasie nie, en dan die moment wat die termometer sê 1.5 grade op, dan het jy seks. Gewerk. Elke keer

PS Ek is deel van ‘n gesin van agt kinders, sewe dogters en toe die seuntjie.

29 07 2011
demoerin

😯 jy bedoel jou ouers WOU soveel dogters hê?

28 07 2011
Plaasjuppie

Ek wil kots, dis hoe ek voel. Ondankbare bliksems.

28 07 2011
Olga

xy? Ek weet nie hoe om hieroor te voel nie. Aan die 1 kant, as jy kry wt jy wil he waarom nie. Tog dink ek dis dalk net toeval. Andersins, sal n amerikaner ooit erken haar slimheid was ver van die kol?

29 07 2011
J W W

Wel, deesdae met moderne genetiese manupilasie, is dit redelik maklik om te kry wat jy wil hê – moderne wetenskap kan enigiets doen as hulle die morele kwessies kan verbykom.

Besides daar is HOPELOOS te veel mense op die arme planeet, mense moet minder kinders maak, dis in ons eie belang as mens en ons voortbestaan.

29 07 2011
demoerin

Ek weet nou nie van die ouvroustories nie – ek is wel seker dat ‘n babadogtertjie of babaseuntjie moontlik dieselfde vreugde verskaf. Ek glo natuur moet sy gang gaan – jy gaan kry wat vir jou bestem is.

29 07 2011
Olga

dit is n feit soos n perd dmi. Mens wik, maar God beskik. Dit wat ek gekry het, het my, ons, baie gelukkig en baie trots gemaak. 4 keeq oor.

29 07 2011
Selene Phoenix

Ek weet nie hoekom mens so erg is oor seuntjie of dogtertjie nie… ek sal eerlik nie kan kies nie al het jy vir my die opsie gegee. Ek los dit maar nou vir moedernatuur! 😉

En die mense wat hul dogtertjies los omdat hulle ‘n seun wou hê – sterkte maat, want as almal soos jy was het jou seun nie ‘n vrou gehad om ‘n kleinkind in die lewe te bring nie! En daar is hope mense wat nie kan kinders he nie, so om te moor en weer te probeer sal terug kom na jou toe!

29 07 2011
Gogga

Ek dink as jy lank genoeg wag om te weet wat ‘n wonderwerk enige kind is sal jy minder blerrie picky wees oor wat jy gaan kry.
Nou wil ek net he niks moet verkeerd gaan nie. En ons het besluit om nie eers uit te vind tot die pienkvoet skree nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: