Koerantbrokkies

27 07 2011

’n Wildbewaarder (Ja right) is in hegtenis geneem. Hy het glo bygedra tot die renosterstropery in die Kruger Nationale Park, en hy sal binnekort in die hof verskyn.

* 131 vermeende renosterhoringstropers is sedert Januarie in Suid-Afrika in hegtenis geneem.
* Van hulle is 65 in die Krugerwildtuin gevang.
* 15 vermeende stropers is sedert begin vanjaar ook in die wildtuin doodgeskiet, 9 ander is ongelukkig net gewond.
* Stropers het sedert begin vanjaar al 227 renosters doodgemaak, waarvan 20 sedert die begin van Julie

’n Hip hop-musiek­video en mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, het nou ook deel van die skaliegas-en-hidrobreking-debat geword. Ek het sover gelees, en toe belangstelling verloor… dis iets oor Shell wat wil kop uittrek omdat JM altyd praat van nasionalisering.

Christel Khoury (13) hoofmeisie van ‘n skool in Kroonstad is na twee weke oorlede in ‘n Libanese hospitaal. Sy was saam haar familie met vakansie daar toe ‘n motor aan hul motorfiets vas gebots het. Sy was saam ‘n volwasse familielis op die motorfiets, en sy het afgeval en haar valhelm het glo gebars.

Mnr. Shaun Sikhakhane en van sy vriende het mense uit ‘n woonstelblok in Krugersdorp gered toe hulle vlamme gesien het, waarvan een ‘n ses maande oue babatjie was. Dit was Sikhakhane se verjaarsdag, en hy voel nou baie goed dat hy en sy vriende mense kon help wat sy dag meer spesiaal gemaak het. Die woonstelblok het nie water of brandblussers nie. Niemand was beseer nie.

Van Reenenspas in KwaZulu- Natal  is nog steeds gesluit agv sneeu. Die weermag moes ook talle mense red, van wie al vasgesit het vir 19ure en langer.

  
♪♫ Verjaarsdae ♪♫  Triple H (42) Peggy Fleming (63) en Ashlyn Sanchez (15) Geen idee wie hulle is nie!
Advertisements

Aksies

Information

2 responses

27 07 2011
Olga

hhh is n stoeier. Ai, die pad vol sneeu laat my onthou van die sneeu, sept 1981 waarvan ek vergeet het. Die kar wat sulke ente ente gly terwyl ons oppad dr toe was. Ek dink dit was 2 weke voor ousus se geboorte.

27 07 2011
Olga

dis net tragies hoeveel suid afrikaners omkom op oorsese vakansies. Innigste simpatie aan die fam.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: