Etiese Borgskappe

27 07 2011

Ek het nou die dag ‘n artikel gelees van Amir Khan se kritiek oor McDonalds se planne om die  grootste kitskoswinkel nog in die Olimpiese Park te bou.  Khan voel dat dit ‘n verkeerde boodskap aan jongmense uitstuur.  “Die Olimpiese Spele is ‘n wonderlike geleentheid om kinders te leer oor die voordele van oefening en gesond eet. Ek dink die besluit is ‘n groot fout.”  McDonalds is al sedert 1976 een van die Olimpiese Spele se groot borge, 10 jaar voordat Khan eers gebore is.

Ek verskil van Khan.  Goed en wel, niemand kan ‘n stapelvoedsel van McDonalds as gesond beskou nie.  Dit is seker redelik om te verwag dat Olimpiese Atlete ‘n toonbeeld van fiksheid en gesondheid moet wees.  Maar borgskappe is nie goedkoop nie en McDonalds kan duidelik die tipe geld bekostig.  Siende dat gebeurtenisse soos die Olimpiese Spele groot borgskappe benodig, dink ek dit is edel van plekke soos McDonalds om ten vore te tree.

Kom ons beskou dit van ‘n ander oogpunt af.  Clover het aangekondig dat hulle die volgende 5 jaar R30 miljoen aan Aardklop gaan spandeer.  Anders as McDonalds, kan Clover seker as ‘n gesonde keuse gesien word.  Suiwel is ‘n belangrike bestandeel aan enige gesonde dieet.  Nog belangriker, ‘n kind het suiwel nodig om normaal te kan ontwikkel.  Dieselfde kan nie van hamburgers en skyfies gesê word nie.  Suiwel, veral in jong kinders, is ‘n noodsaaklikheid.  Kitskos is ‘n luukse.

Deur R30 miljoen te neem om aan iets soos ‘n kunstefees te spandeer, kom basies daarop neer om kos uit kinders se monde te neem.  Huidiglik kos 1 L Clover melk by Pick n Pay R10.  Aardklop kry dus oor ‘n tydperk van 5 jaar 3 miljoen liter melk.  As ‘n mens in ag neem dat ‘n boer maar R2.95 per liter betaal word, is dit ongeveer 10 miljoen L melk wat op die kunste vermors word.  Dit is 4o miljoen glase melk.  Kan julle dink watse verskil dit dalk by ‘n voedselskema by ‘n arm laerskool kon gemaak het?

Genugtig, ek weet dat die kunste afhanklik van borgskappe is, maar teen watter prys?  Ek voel sterk daaroor dat borgskappe van noodsaaklike dienste en middels nie toegelaat behoort te word nie.  Anders gestel, dat borgskappe net van luukse items verhaal kan word.

Ons betaal deur ons ore vir bankdienste, wat miljoene in sportborgskappe instoot.  Ons bankkostes behoort aansienlik minder te wees as banke nie borgskappe mag toeken nie.  Dit is nie asof jy ‘n keuse het om banke te vermy nie.

Daarteenoor kan jy goed lewe sonder om ooit ‘n voet in McDonalds te sit.  Jy het nie ‘n selfoon of televisie nodig nie.  Jy hoef nie te rook of te drink nie.  Laat hulle die winste wat daarmee gemaak word terug ploeg in die gemeenskap.  Dit weerhou niks van niemand nie en kom nie neer op steel nie.

Ek weet ek het al oor borgskappe gal gebraak, maar dit bly ‘n doring in my vlees.  Hoe voel julle hieroor?

Breinvasbrand:  Wat was die name van die McDonald broers wat in 1940 McDonalds gestig het?

Breinlosbrand:  Om die neus en bo-lip teen ‘n geliefde (nie-seksueel) vas te druk en hulle dan te reuk.

Advertisements

Aksies

Information

6 responses

27 07 2011
seegogga

Jy het ‘n goeie punt hier beet!

27 07 2011
Olga

richard en maurice?

27 07 2011
Olga

ek voel ook clover kon eerder hul pryse laer gemaak het. Clover is net omtrent die duurste melk op die rak.

28 07 2011
J W W

Wel, besighede is daar om geld te maak, nie weg te gee nie… dis immers hoekom hulle besigheid doen. . .

Ek koop slegs Spar se houebrand melk, die goedkoper, en 10 maal beter as clover se wit water wat hulle kamstig volroom noem.

28 07 2011
demoerin

Niemand dwing daardie mense om die McDonalds te koop nie. Dit bly steeds ‘n keuse, wil die klomp nou sê hulle het nie breins of wilskrag nie?
Ek koop net Clover – ek hou van die smaak in my koffie.
Ek sien dit so, ‘n maatskappy se werk is om vir hulle aandeelhouers geld te maak. Hulle maak wins, en betaal miljarde se belasting. Daardie belasting is hulle aandeel aan sosio-ekonomiese ondersteuning. Dit is nie die maatskappye se skuld as die regering nie met die belastinggeld kan werk nie.

28 07 2011
Selene Phoenix

Ek voel nou weer elke maatskappy gee klaar genoeg aan die publiek… ja hulle maak miljone maar hulle lewer ook ‘n diens en skep werk vir al hul mense, skoonmakers, tuindienste ens ens.

Clover gee seker klaar miljoene aan armes, ek weet Std Bank doen… hulle adverteer en spog net nie met dit nie. So as hulle iets wil borg, en die begroting het daarvoor kan ons seker nie kla nie. Ja hulle kan melk se prys minder maak, maar onthu net Pick n Pay sit ook nog wins by – so almal moet wen (behalwe ons)

McDonals is glad nie gesond nie, en ALMAL weet dit – so as mens dit nog steeds wil eet kan hulle nie McDonals blameer nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: