So Wit soos Sneeu

26 07 2011

As ‘n trotse Suid-Afrikaner is my ervaring van sneeu maar beperk.  Dit is nou nie asof ek nog nooit sneeu gesien het nie.  Daar was tye gewees waar ek na die berge gekyk het het en die wit toppe waargeneem het.  Ek het ook ‘n keer of wat oor die wit toppe vlieg.  Ek was al buite gewees in die bitterkoue terwyl daar ‘n verdagte wit deeltjies van bo na onder geval het.  Alles natuurlik ‘n 100 mm uit mekaar uit, maar nou nie so dat daar ‘n neerslag kon vorm en ek nou kon sê dat ek in ‘n sneeustorm was nie.  Daar was ook die geval wat ek, koshuiskind, die naweek huistoe is en die oorblyfsels van ‘n sneeuman gesien het.

Alles in ag genome, nie juis veel om oor huistoe te skryf nie.  Ek het nog nooit self ‘n sneeuman gebou nie.  Ek was nog nooit in ‘n sneeugeveg nie.  Ek het nog nooit die kans gehad om ‘n engel in die sneeu te maak nie.  Ek het nog nooit met my eie oë gesien hoe mense in die sneeu speel nie.  Ek kon nog nie bome met ‘n sneeukombers afneem nie.  Maar ek het in die sneeu gepiepie en dit is ‘n geldige sneeu ervaring.

Die prentjie is nogal baie duidelik, ek sien dit altyd duidelik wanneer ek die woord sneeu hoor.  Die oop motordeur langs die pad van ‘n sneeubedekte landskap.  Ek wat by die deur hurk vir my  . . . e . . . besigheid.  Ek weet ek was ten tye die enigste kind gewees en ek weet ons was oppad Johannesburg toe.

Nogtans het ek my bedenkinge gehad oor die prentjie gehad.  Dit was wel voor die tyd gewees dat daar kapers onder elke bossie geskuil het.  As ‘n meisie wil piepie, wil sy piepie en basta.  Maar in die sneeu en waarskynlike bitterkoue?

Ek het my ma gevra en sy het die storie bevestig.  Ek was omtrent 2 en ‘n half jaar oud gewees toe ek in die sneeu gepiepie het.  Let op, nê!  ‘n Twee en ‘n halfjarige wat selfs op langafstandreise sonder ‘n doek gereis het.  Blykbaar wou my pa ‘n draaitjie loop en toe ontwikkel ek ook ‘n skielike nood.  Ek is seker hy wou net sy naam in die sneeu gaan piepie het, maar ek dink dit was dalk ‘n bietjie bo my vuurmaakplek gewees.

Het jy ‘n sneeu ervaring?  Wens jy dat ons in SA so effens meer gereeld sneeu gesien het?  Hou jy van sneeu?

Breinvasbrand:  Wat is kunik / eskimo soen?

Breinlosbrand:  Maankind was reg met Skotland.

Advertisements

Aksies

Information

9 responses

26 07 2011
MaanKind

MAL oor sneeu. Het vreeslike dik sneeu in die Troudos berge in Cyprus beleef (En ja ek het as 45-jarige in die sneeu langs die pad gepie. Omdat ek wou.
7 vlokkies (regtig) in Johannesburg
Bietjie sneeu in Skotland gesien
BAIE sneeu in die Matroosberge gesien in 2007

26 07 2011
Olga

tweede!
Neuse teen mekaar vryf?

26 07 2011
Olga

ek het nie n kilt of n doedelsak nie, daarom het ek nie in sneeu gepp nie. Maar ek het al sneeuman gebou en sneeugeveg gehou. Maar glo my vry, dis nie so leke of so maklhj soos dit lyk nie. Jou hande is in n ommesientjie tot by die elmboe gevries. Njannies. Ons het later handskoene met plastieksakke bo oor gebruik en steeds afgetjop. Maar, ja, het sneeu 1984, 1998, 1999 en 2000 beleef. In s.a. Sonder kamera.

26 07 2011
JWW

Het een jaar, iewers in die laat 90’s vir werk na ladysmith in natal gery en baie erge sneeu oor van reenen’s pas beleef,

26 07 2011
seegogga

Ek dink ook dis neuse vryf. Toe ek in St 6 was het dit ‘n wewek lank op Sasolburg gesneeu- die onnies kon ons nie in die klasse inkry nie! Was 2x in winter in Europa- het sneeuengeltjies gemaak en ook op ‘n slee( tobogan0 gery- heerlik. maar dis so koud, jou bloujean vries sommer om jou bene!

27 07 2011
demoerin

Ek haat winter. Punt.
Ek was al op oudit in Bethlehem vasgesneeu. Dit was hel na die eerste halfuur se novelty oorgewaai het.

27 07 2011
Gerda. J

n nagmerrie is om op die pad te wees wanneer dit sneeu en die sneeuvlokkies kom amper lyn reguit aangesweef om alles toe te maak. en jy he. net die kar voor jou se spore om te wys waar die pad is.

27 07 2011
Selene Phoenix

Ek het toe ek baie jonk was sneeu naby Middelburg gesien en beleef – mekaar met sneeu balle gegooi (nooit weer nie) Dis koud, en jy is nat na die tyd!

Het ook darem in Dec 2009 ‘n sneeu man in Engeland gebou! Hy was groot en het so paar dae gehou. Moet sê dit was amazing gewees om dit te kon beleef. Om rond te ry was nie so lekker nie, die swart ys op die pad is ‘n bliksem! Maar darem het ek nie bestuur nie! 😉

27 07 2011
Twilight

hier rond sien ons sneeu nogal gereeld – elke winter ten minste een of twee keer. Dis pragtig en ons kyk graag, maar die kinders onthou maar te goed hoe hulle gehuil het na hulle handjies amper afgevries het na een so ‘n sneeuspelery en is dus minder bereid om hulle daarin te waag wanneer dit in die laer liggende dele val. Ek self het geen behoefte nie. Haat koudkry! Gister en eergisternag het ek en Lia voor die kaggel geslaap.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: