Op my ou Ramkiekie

25 07 2011

Daar is een versekerde manier waarop ‘n mens ‘n goeie dag kan waarborg.  Dit is wanneer jy net so halfpad wakker die radio aansit en een van jou lewe se grootste treffers speel.  Dit sit dadelik ‘n wip in jou stap wat moeilik weer daar uitgehaal word.  Die lewe sal maar ‘n vaal en vervelige plek gewees het sonder musiek.  Sing is lekker en sing is goed, maar was dit nie vir musiek nie, sou daar seker nie juis rede wees om te sing nie.

Een van die HK lede in my eerste jaar het as ‘n one man (lady?) band bekend gestaan.  Daar was bloot net nie ‘n musiekinstrument wat iemand kon bring wat sy nie kon speel nie.  Eerder het sy ‘n paar instrumente besit wat menige haar sou beny het.  Vir ons serrie en ander musieklike funksies het sy dikwels iemand geleer hom die nodige te speel.  Self het sy gewoonlik agter die dromme ingeskuif wat sy hier en daar met ‘n saksofoon, trompet ens afgewissel het.  Genoeg om enige mens jaloers te maak.

Dit is seker nie nodig om so ambisieus of windgat te wees nie.  Al wat jy nodig het is om een instrument te kan speel.  Soveel te beter nog as jy dit goed kan speel.  Daar is so ‘n verskeidenheid om van te kies, dat jy maar jou stoutste drome kan verwesenlik.  Dit kort maar net ‘n bietjie tyd en toewyding.  Anders gaan jou droom instrument maar net ‘n ornament raak.  ‘n Baie duur een ook as ‘n mens in ag neem wat goeie instrumente jou kos.

Die mens se fassinasie met musiek instrumente strek nie noodwendig net tot wat jy graag sal wil of kan speel nie.  Daar is mense wat nie ‘n klarinet kan verdraai en ander wat dink ‘n viool klink soos ‘n kat op wie se stert jy getrap het.  Daar is mense wat baie lustig “air guitar” speel met hulle gunsteling kitaar solo’s en ander wat weer die heeldag na ‘n saksofoon kan luister.  Ek het jare terug gelees van Anna-Mart van der Merwe wat graag met ‘n trekklavierspeler wou trou.  Ten tye van die artikel was sy toe met ‘n kitaarspeler geword.

Daar is mense vir wie musiekmaak soos asemhaling is.  Mense wat eerder hulle tandeborsel by die huis sal waai as om hulle musiek instrument by die huis te los.  Waar party mense hulle met woorde uitdruk, ander met kuns, is daar mense wat hulle hartsklanke in musiek omsit.  Ek het juis nou die dag gelees dat Karen Zoid reken dat sy nie kan bid sonder ‘n kitaar in haar hande nie.

Eendag wanneer ek groot is, gaan ek nog leer kitaar speel.  Almal wat my ken rol seker hulle oë, maar wag.  Daardie dag kom nader.  Net vir myself en net omdat ek kan.

Watter musiek instrument bekoor jou?  Wat kan jy nie uitstaan nie?  Wat kan jy self speel?

Breinvasbrand:  Met watter land sal jy ‘n doedelsak mee verbind?

Breinlosbrand:  Gerda was reg met Reno.

Advertisements

Aksies

Information

18 responses

25 07 2011
MaanKind

Skottie!
En ek kan niks speekl nie. My kids het eenmaal ‘n onderneming geteken, dat ek moet leer om ‘n duet op die klavier met hulle te speel, as hulle 92% vir ‘n eksamen kry op Honneursvlak. Die dag het helaas aangebreek, dat kind haar 95% gemiddeld op daardie vlak onder my neus kom druk het. En gevra het waars daai klavier?
Ek blog more daaroor!

25 07 2011
Olga

eisj, ek dink dalk tromme. Met n trompet of blaasinstrument sal ek gewis myself teni kop ghob. Maar ek is murse musieklik. Ek speel die radio 🙂 cdspeler, mp3 en mp4rpeler, platespeler 😉 o, ja, kassetspeler goed en dvd speler ook as ek moet. ek gewis myself teni kop ghob. Maar ek is murse musieklik. Ek speel die radio 🙂 cdspeler, mp3 en mp4rpeler, platespeler 😉 o, ja, kassetspeler goed en dvd speler ook as ek moet.

26 07 2011
J W W

Ek kan myself help op my broer se biljoen rand Technics electroniese keybord, hy het meer knoppies as klawers, asook soos Olga die CD player MP3 player etc…

Ek is nou glad nie lief vir iets soos ‘n saksofoon se geblêr nie, juis omdat ek dink jazz is ‘n pot stront duentjielose deurmamaar musiek geraas. Ek sal laaik om kitaar te kan leer, maar dit lyk moeilik….

26 07 2011
demoerin

Ek kan my CD speler ongelooflik goed speel.
Ek sou nie omgee om die klavier te kan speel (en ek praat nie van plienkie plienkie plonkie nie) en die kitaar te kan tokkel nie.

26 07 2011
Selene Phoenix

Goeie more!

Ek sal nie omgee om die klavier te kan speel nie, dit is vir my vreeslik mooi! En natuurlik die viool as daar bietjie ritme bygesit word! Die harp het my ook altyd aangelok, so mooi! Maar ek sal dit ‘n skip gee.

Ek speel en het darem al die air kitaar gemeester en speel dit gereeld as my gunstelinge rock musiek opkom te danke aan Barney! 🙂 En air drums is ook lekker! He he

Ek hou glad nie van jazz en blues nie.

26 07 2011
Olga

ek mind nie, jazz, blues, country musiek nie. Boeremusiek en die afrikamusiek kan ek net in klein dosisse neem. Saxephone? Great klanke wat dari oki uitsit. Net ek dink regtig die ghobbol is meer as net n moontlikheid.

26 07 2011
Plaasjuppie

Ek kan (of kon ten minste. Ek het dit baie lanklaas gedoen) snaardrom en tenoordrom speel. Die beuel gaan ek nie eers weer probeer nie want dit sal waarskynlik klink soos ‘n buffel met konstipasie.

My huidige mission is die digeridoo.Ek moes baie lank wag, maar nou is dit all systems go. En sodra ek die dige onder die knie het wil ek leer doedelsak speel. (na ek my kar moes verkoop om een te koop)

26 07 2011
Olga

was dit darem n nuwe doedelsak wat jou jou kar gekos het pj?

26 07 2011
Plaasjuppie

Aaaaargh! Dit moet lees moet nie moes nie. Ek het nog nie die doedelsak nie. Maar ja, as die handelaar my ‘n goeie prys gee en die doedelsak is op special kan ek dalk net-net ‘n nuwe een kry

26 07 2011
Xena Phoenix

Blikemmer? Wat kos ‘n doedelsak??

Ek moet noem dat ek nie juis ‘n probleem met ‘n CD speler het nie. Ek is ‘n absolute meester daarmee.

26 07 2011
Plaasjuppie

So in die omgewing van R12000 – R15000 vir ‘n redelike goeie stel. ‘n Mens kan ‘n cheapie koop vir ongeveer R3000, maar dan moet jy nie kwaliteit klank of duursaamheid verwag nie

26 07 2011
Xena Phoenix

😯

En neem aan jy gaan in ‘n kilt moet oefen ook. Ek wonder wat kos hulle. 😉

26 07 2011
Plaasjuppie

Ek was nog te bang om uit te vind. Maar die kilt is die geheim van die hele besigheid.
Sien as die winterwindjie so onder jou kilt inblaas, dis dan wanneer jy lekker diep asem vat!

26 07 2011
leonvonmoltke

Ek het skelm my kinders se klavier en vioolstukke geoefen.

26 07 2011
Gogga

Ek is nogal nie te bad met die kitaar op Wii Rock Legends nie. Daai gekleurde knoppies en my vingers is al mooi geoefen.

26 07 2011
Olga

ek sal jou goed glo pj. Hoop maar die winterwindjie raak nie spelerig met die kilt se soompie nie. Dit sal n DIEP asem teug tot gevolg he. se soompie nie. Dit sal n DIEP asem teug tot gevolg he.

26 07 2011
Twilight

Eendag wil ek nog ‘n orkes dirigeer. En kerkorrel en saksofoon leer speel. Ek sou ook vreeslik graag mooi wou sing, maar tensy iemand vir my ander stembande oorplant, gaan dit ‘n droom bly. klavier kan ek net goed genoeg speel om myself en ander mense te frustreer.

26 07 2011
Xena Phoenix

So n winterwindjie maak dalk nog van PJ ‘n sopraan.

Gogga, wil jy my nou kom vertel dat Guitar Hero’s so effens laas jaar was? Jinne, ek voel oud

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: