Swaaiende Stert

22 07 2011

Gister het Olga eers vertel hoe dierbare mense dalk meer dier as baar is.  Toe kom Klippie aan die ander kant en praat weer oor vriendelikheid.   Tussen die twee van hulle het dit my nou ‘n bietjie oor die uitdrukking van vriendelikheid laat dink. As ons honde was, sou ons sterte geswaai het om te wys dat ons vriendelik is.  Die mens moet seker op hulle glimlagge staat maak om te bewys dat hulle nie byt nie. 

Anders as ‘n hond, kan ons ons glimlagge manipuleer soos verlang, hoewel ‘n ervare mens die opregtheid daarvan sal kan vasstel.  Kassiere word gewoonlik vertel om ‘n klient met ‘n glimlag te groet.  Dit word goeie diens genoem.  Enige goeie kelner se glimlag bly ook vasgeplak, al wil hy of sy ‘n klient se nek omdraai.  Mens sal gewoonlik so ‘n halwe glimlag gee as iemand aan jou stamp en verskoning maak of om iemand wat jou uit die blou lug uit aanspreek te erken. 

Daar word gesê dat dit 41 spiere neem om te frons en net 17 om te glimlag.  Wat die gesegde heeltemal uit die oog verloor is dat jy nie die een of die ander hoef te doen nie.  Dit neem geen spiere (of ten minste aansienlik minder spiere) om jou gesig uitdrukkingloos te hou.  Die gesegde is terloops van alle waarheid ontbloot.  As daar nou regtig spiere getel word, neem dit 12 spiere om jou breedste glimlag op te sit en net 11 om te frons. 

Die mens kom net met twee stelle tande uit, waarvan die eerste stel vroeg-vroeg al uitval.  Dit maak dus sin om hulle teen die elemente te beskerm.  Netnou vlieg daar goggas in jou tande vas.  UV is vir niks goed nie en dit sluit seker jou tande in.  Dit is ook onnodig om hulle verniet aan die koue bloot te stel. 

Nogtans is die glimlag die liggie van enige gesig.  Dit is gewoonlik wat jou na iemand aantrek of op hulle laat verlief raak.  Dit is gewoonlik wanneer iemand op hulle aantreklikste is.  ‘n Glimlag maak jou dus mooi, selfs al het jy nie een tand in jou mond nie.

Elke mens behoort sonder enige voorbehoud te kan glimlag.  Mense wat eers moet dink wie hulle gaan sien, loop beslis met ‘n swaar gewig rond. 

En net om te wys ek kan darem glimlag as ek lus is . . . .

Breinvasbrand:  Wie het die wêreld se bekendste glimlag, die Mona Lisa, geskilder?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met PW Botha.

Advertisements

Aksies

Information

9 responses

22 07 2011
Olga

eerste.
Leonardo da vinci?

22 07 2011
Olga

as mense te veel glimlag, raak ek bang hul gan byt. In elk geval, die laeveldse kassiere word nie geleer om te glimlap nie. Ek dink hul word vertel dit gaan die onderneming geld kos.

22 07 2011
demoerin

Ek hou van mense wat glimlag…. en wat lekker uit die maag uit kan lag. Die lewe is so druk, mens wil dit nie nog op mense se gesigte ook sien nie.

22 07 2011
leonvonmoltke

Nice smaail! 🙂

22 07 2011
Xena Phoenix

😉 Ek dink ook die brakkie bo het ‘n nice smile.

22 07 2011
MaanKind

Mooi smile! JY, nie die brak nie!

22 07 2011
klippie

Jy kry daardie brakkies wat hulle sterte swaai en baie vriendelik lyk. Net totdat jy verby is, dan byt hulle jou van agter. Ek het self so ‘n ondervinding gehad.

Ek stem saam, mooi smile.

22 07 2011
JWW

Ek smile net in ‘n noodgeval….. 😉

23 07 2011
Toortsie

Whelakepela! Nou weet ons tog hoe lyk jou smile!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: