Klein, maar getryn

21 07 2011

Die beeld wat ‘n mens van biologiese oorlogvoering het, is ‘n hele bataljon wat kermend met Ebola lê en binne ure dood sal gaan.  Ebola kan ook met ‘n ander aggressiewe siekte vervang word.  Wat die navorsers doen is om die kiem van keuse meer aggressief te maak.  Soos ek verstaan is dit nie die maklikste ding ooit nie, maar dit is ook nog lank nie onmoontlik nie. 

Daar is ander, minder bloeddorstige metodes ook.  Daar word beweer dat Wouter Basson ‘n bakterieë ontwikkel het wat sou veroorsaak het dat swart vrouens miskrame kry.  Hy het egter nooit toestemming gekry om dit los te laat nie.  Daar hoef nie eers op mense gekonsentreer te word nie.  Jy kan ‘n land se groeigewasse ook met ‘n paar kieme bykom en hulle met honger kasty.  Dit vat natuurlik langer en is amper wreder.  Tog is daar nie sulke uiterstes nodig nie. 

‘n Goeie dosis van die griepvirus is eintlik al wat nodig is om ‘n bataljon onkapabel te maak.  Net siek genoeg dat hulle nie hulle koppe kan lig nie, maar ook nie noodwendig dood te maak nie.  Wie het nou tyd om grafte te grou as jy die wêreld wil oorneem?  Die mens is eintlik so weerloos, dat amper enige siekteveroorsakende kiem die werk kan doen.  Sonder dat daar te kras hoef te wees. 

Hoewel daar al ver dekades lank ‘n verbod op biologiese oorlogsvoering is, is daar vandag nog sogenaamde beskaafde lande wat navorsing oor biologiese oorlogsvoering doen.  Daar word beweer dat Amerika die verbod steun omdat biologiese oorlogsvoering moeiliker is as wat dit klink.  Hulle wil net seker maak iemand anders ontdek die geheim hoe om ‘n bom te laat afgaan sonder om al die kieme daar binne dood te laat gaan. 

Biologiese oorlogsvoering is egter ook aansienlik makliker as om party siektes te genees.  Aan die eenkant het jy ‘n groepie wat ondersoek instel hoe om kieme tot gewin in te span – met relatiewe sukses.  Aan die ander kant het jy massas van die briljantste brein wat jare aan navorsing spandeer, met ‘n aansienlike groter begroting – en net mooi nêrens kom nie.  Tering word geteister met ‘n kiem wat weerstandbiedend teen antibiotika is.  Verskeie kankers se lyding kan verleng en vererger word, maar nie regtig genees word nie.  Self verkoue kan net met tyd genees word. 

Gestel nou jy het dit in jou mag gehad om net een siekte te genees, watse siekte sal dit wees?  Sou jy met die mag ryk geword het of dit gratis aan die mensdom beskikbaar stel?

Breinvasbrand:  Onder watter president het SA se biologiese program, Project Coast, afgeskop?

Breinlosbrand:  Jagter was reg met kokaïene.

Advertisements

Aksies

Information

12 responses

21 07 2011
demoerin

PW Botha, ek dink.

21 07 2011
demoerin

Ek dink daar kan baie meer geld in navorsing ingestoot word om siektes te genees, as die miljarde dollars wat jaarliks op oorlogvoering en wapens spandeer word.
Ek sou graag van Malaria wil ontslae raak (en terwyl hulle besig is kan hulle sommer van al die muskiete ontslae raak)

21 07 2011
jagternw1976

Diabetes sal my keuse wees. 🙂

21 07 2011
Gerda. J

kanker en goed wat groei.

21 07 2011
Sonlig

Ek dink ek sou graag depressie by die wortel wou gryp en uitruk.

Dink net hoeveel ander goed sal stop as ‘n gevolg daarvan: selfmoord; familiemoorde; sommige verslawings; sommige egskeidings; obesiteit…die lys is verskriklik lank.

21 07 2011
sisdudu

ek sal hom wegvat die hongor vir die anne mens se propotie.

21 07 2011
Sonlig

Eish! Nou prat djy sisi!

21 07 2011
Plaasjuppie

Onoselgeit. En ek sal die kuur vry gratis en verniet weggee. Ek weet net nie waar ons ‘n fabriek groot genoeg gaan kry om die pille in te maak nie

21 07 2011
Olga

verkoue. Die swernoot neem 14 dae om sonder medikasie weg te gaan. Net 2 weke as jy apteek toe was om gesond te word. Maar net n forthnight om te genees as jy dr toe was.
Ek sal dit gratis en mahala aan almal beskikbaar stel sodat die anc kan aangaan om heroine, crack, kokaiene ens te maak. Dan kan die fuckedupste snuiter in die land sy r16milj huis laat sloop en n huis vir r30milj laat bou met n crackkamer, heroienekamer ens watookal-anders-se-kamer daarby.

21 07 2011
Xena Phoenix

Ek skree sommer vir julle almal se planne. Ek sien Nobel pryse op die horisoon wink.

Ek sal graag die siek wetters wat met kinders lol wil regkry. Wanneer die siklus gebreek word, sal kinders van die toekoms veilig wees.

21 07 2011
MaanKind

Ek sou graag VERKOUE wou genees. Dit kan die ekonomie lam lê as almal skielik verkoue het.

21 07 2011
JWW

Daar is net een vir my, en dis kanker…. dis nie ‘n siekte wat ek aan enige van my ergste vyande sal verwens nie, wel maybe malema maar dis ook al.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: