If you can’t beat them

20 07 2011

Ek het in gister se koerant gesien dat daar ‘n aanbeveling is dat dwelms wettig gemaak moet word.  

Daar is dadelik voorhandliggende voordele.  Eerstens kan dit dan belas word en seker met meer as net die gewone 14% BTW.  Ek reken dat die tesourie gaan dink dat dit ‘n stewige skoot sondaarsbelasting kan kry.   Al die wettige handelaars sal seker ook die gewone invoerbelasting moet betaal.   Dit sal seker die toerisme bedryf ook ‘n goeie hupstoot gee. 

‘n Ander groot voordeel is dat dit dwelmhandelaars se tande gaan trek.  Sou iemand hulle dwelm van keuse by ‘n winkel kan gaan koop, so die onwettiges nie meer die hef in hulle hande hê nie.  Die verslaafdes sal beskerming geniet teen genadelose uitbuiting.  Nie net uitbuiting nie, dit is algemeen bekend dat die handelaars nie wegskroom van moord, aanranding, verkragtings ens nie. 

Die voorstel gaan eintlik daaroor om mense teen MIV besmetting te beskerm.  As heroïen wettig verkoop word, kan daar glo verseker word dat daar skoon naalde gebruik gaan word.  Ek is nie heeltemaal seker of dit in praktyk waar gaan wees nie.  Dit klink in elk geval vir my na minder moeite om naalde gratis beskikbaar te stel. 

Die hele gedagte het seker net mooi niks te doen met die ANC se planne om hulle eie medisynefabriek te begin nie.  Dit is buitendien net die Amerikaners wat medicine vertaal na drugs.  Tog, niks keer ons om sover as moontlik self in die land se dwelmbehoeftes te voldoen nie.  Dit lei tot werkskeppings en ‘n jaarlikse paar weke lange staking.  Dalk as almal op dwelms is, sal hulle geen behoefte hê om te staak nie.  As dit die geval is, steun ek die voorstel volkome. 

Ek is net nie so seker of die wetgewing die verwoesting van lewens sal kan verhoed nie.  Nie net die verslaafde se lewe nie, maar almal wat met hom / haar te doen het.  Dwelms neem geen gryselaars nie.  Vra maar vir almal wat al moes gesien het hoe ‘n verslaafde ten gronde gaan.  Wat hulle hande stompies baklei, maar steeds net die vernietiging moet gade slaan.  Sonder dat daar ‘n tronk is wat hulle kan help in hulle stryd. 

Die blote feit dat dit wettig gaan wees, gaan beteken dat dit meer aanvaarbaar gaan wees vir mense om te eksperimenteer.  Anders as sigarette (byvoorbeeld) kan iemand na een dosis heroïen verslaaf wees.  Dit is dan basies ‘n geval van dat hulle asem haal, maar nie meer lewe nie.  Al wat dan saak maak, is die volgende fix.  Wat doodeenvoudig net makliker beskikbaar gaan wees. 

As dwelms wettig is, sal dit by partytjies voorgesit kan word vir almal wat wil probeer.  Vergeet dus van troues waar mense hulle self aan drank vergryp.  Dit gaan dalk in die toekoms wit lyntjies of zolle wees.  Wat blykbaar in elk geval goedkoper as drank wees.  Wettige dwelms sal dalk die Suid-Afrikaners wat so daarvan hou om te suip, finaal van drank speen. 

As ek die sarkasmekraan vir ‘n oomblik toedraai.  Daar is mense wat redeneer dat alkohol ook net ‘n dwelm is.  Dit kan net so verwoestend wees wanneer iemand verslaaf raak daaraan.  Tog – al is dit vrylik beskikbaar – is elke tweede mens nie ‘n junkie nie.  Dit is en bly jou keuse om jouself te beheer – dus na ‘n paar drankies te stop voor jy jou naam vergat.  Dieselfde kan waarskynlik ook vir kokaïen, tik of ecstacy gesê word. 

Beteken dit dus dat ons dubbelstandaarde het of erken ons dat alkohol ook ‘n probleemmiddel is?  As jy dan ‘n sosiale drinker is, kan jy vingers wys na die sosiale dwelmverbruiker?  Dit is tog ewe verwoestend as dit eers ‘n houvas kry?

Ek dink ek het dan seker dubbelstandaarde.  ‘n Glas rooiwyn maak my nie naastenby so ongemaklik as die beskikbaarheid van dwelms nie.  Dalk maar net omdat ek van kleinsaf weet dat dwelms onaanvaarbaar is en die wyn aanvaarbaar. 

Wat dink julle? 

Breinvasbrand:  Watter dwelm word vervaardig met die blare van die kokao plant?

 Breinlosbrand:  Bileam was reg met Queen.

Advertisements

Aksies

Information

4 responses

20 07 2011
jagternw1976

Eerste Olga !!!! 😈
Kokaine.

20 07 2011
Olga

tweede jagter! ! !
Kaffeiene?

20 07 2011
JWW

Hmmm, wel dalk sal dit die stupid mense wat hulle ligame wil vinnig vernietig uit dun, daar is hoeka te veel mense wat useless is in die land. kan net ‘n goeie ding (gemors) afgee !

20 07 2011
Olga

Scary scenario.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: