Liewe Hemel

19 07 2011

Die hemel het seker maar altyd die mens bekoor.  Dit word oor die algemeen gesien as ‘n beloning vir ‘n goeie en getroue lewe.  Nogtans is dit vir die mens ‘n onbekende begrip.  Nie een van ons wat die aarde bewandel het die hemel gesien nie en tot op daardie dag, sal ons nie met sekerheid weet hoe of wat dit is nie.  Niemand kan eers met absolute sekerheid sê wanneer daardie dag is nie.  Is dit die dag wanneer jy jou laaste asem uitblaas of die dag wanneer die heellaaste mens sy asem uitblaas?

Dit het ons nogtans nie gekeer om oor die hemel te spekuleer, droom of beskryf nie.  Bryan Adams glo dat dit hemel in die vrou wie hy lief het se arms is.  Belinda Carlisle reken weer dat waar jy liefde gevind het, het jy die hemel gekry.  Sy is nie alleen nie, daar was ‘n ander man wat gesing het van “Heaven is my woman’s love”.  Roger Taylor het weer ‘n lied geskryf dat dit in ons mag is, om die aarde ‘n hemel vir almal te maak.  Adam Tas sing weer van sy pa wat in die hemel koffie by ‘n tafel drink.

Soveel mense en soveel menings.  Ek tradisioneel is die beeld wat aan ons opgedis word, ‘n groot koor waarin almal gaan sing.  Ek is nie so seker dat dit iets is wat almal vir ‘n ewigheid kan geniet nie.  Mense het ook altyd seker voorbehoude as dit by die hemel kom.  Ek het byvoorbeeld iemand geken wat eendag in die kerk gesê het dat as diere nie in die hemel toegelaat word nie, wil sy nie hemel toe gaan nie.  ‘n Ander vraag wat ek dikwels al raak gelees het, is as jy met meer as een persoon getroud was, met wie gaan jy nie die hemel getroud wees?

Vandag wil ek weet hoe lyk jou hemel?

As ek die vraag moet beantwoord kom my filosofiese kant weer na vore.  Ek glo die hemel is nie net ‘n plek van liefde nie, maar ook ‘n plek heeltemal vry van haat.   Dit is dus nie nodig om jouself te beskerm of om jouself te laat geld nie.  Almal IS net – sonder dat dit ten koste van ‘n ander is.  As sulks het jy dan nie “krukke” nodig om te kan oorleef of gelukkig te wees nie.  Al die goed op aarde wat jou laat opspring het in die oggend, is dus nie nodig nie.  Jou passies en jou vrese bestaan nie meer nie.  Dalk ‘n staat van volkome genoegdoening in onbeskryflike liefde.

Ek maak seker nie sin nie.  Dit maak nie juis saak nie, dit is net my idee.  Hoe dink jy lyk die hemel?  Hoe dink jy sal dit in die hemel wees?  Maak ‘n mens se verwagtinge saak met wat jy najaag?

Breinvasbrand:  Roger Meddows-Taylor het bekendheid verwerf as ‘n dromspeler vir watter groep?

Breinlosbrand:  Nemo tenetur se ipsum accusare kom neer op die reg wat jy het om jouself nie te inkrimineer nie.  Of soos Jagter gesê het – die reg om stil te bly.


Aksies

Information

8 responses

19 07 2011
MaanKind

NOU praat jy my taal. Ek skryf later vandag as ek by die rekenaar is hoe ek voel. Maar basically kom dit neer dat Hemel in my hart is. En dat daardie dimensie wat mense Hemel noem, ons eintlike Home is. Dat ons van tyd tot tyd ‘n lewe hier of op ander planete kom lewe saam met mense saam met wie ons gekom het om sekere ‘lesse’ te leer en challenges te oorkom. Ek dink ek sal later sommer ‘n blog doen daaroor dankie vir die inspirasie.

19 07 2011
Bileam se Donkie

Roger Taylor- Queen

19 07 2011
Olga

hemel? Is seker di plek wbr jy is wanneer jy volkome gelukkig is?

19 07 2011
Olga

net die helfte van my txt? Waar is die ander helfte?

19 07 2011
demoerin

Ek stem met party van die emnse in jou stuk – wel soortvan. Vir my gaan dit nie oor wat elkeen se idee van die eendag in die toekoms se hemel is nie, vir my gaan dit oor hoekom almal wil wag tot daardie dag om hule gedagtes van hemel uit te leef. Hoekom kan jy nie nou vredeliewend, verdraagsaam en sonder haat saam met jou medemens lewe nie?

19 07 2011
Selene Phoenix

Ek stem in ‘n mate saam met jou… maar amper meer met DMI, dis hoe ek dit ook sien – Hemel op Aarde! Mens moet vandag saam met jou mede mens oor die weg kan kom, want tog gaan hulle ook saam jou in die Hemel wees.

As jy nie tyd het vir Kerk, goedheid, liefde en vrede nie gaan jy dit moeilik vind in die Hemel, want net soos ons God nou moet dien gaan ons Hom ook dien in die Hemel.

Maar dis net my 5c.

19 07 2011
Olga

ek moet se, jou prentjie lyk ook so rustig. Paradysagtig.

19 07 2011
Xena Phoenix

Demoerin en Selene

Die Queen lied gaan daaroor dat dit hemel op aarde kan wees as almal sal probeer om liefde te versprei. Tog word die aarde deur mense beheer, wat nie net selfsugtig is nie, maar wat gewoonlik deur haat gelei word. Daarom is die aarde nie hemel nie.

Olga

Persoonlik self gever. 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: