Koerantbrokkies

18 07 2011

Oudpres. Nelson Mandela is vandag 93 jaar oud! Baie geluk Madiba!! So hoe gaan (of het) julle julle 67 minute laat tel?

Is julle motors se magies vol? Die brandstof tekort kan dalk hand uit ruk as dit so voort gaan! Met skole wat vandag weer begin het, kan die tekort baie vinniger leeg loop. ‘n Ambulans by die nooddienste het nog nooit sonder petrol gaan staan nie, en maak altyd vol as hulle tanks so half is. Hulle is ook gelukkig want daar is vulstasies wat spesiaal vir hulle diesel / petrol uit hou.

Naas Botha se vrou, Karen het die naweek gesê Crohn se siekte is by haar gediagnoseer nadat aanvanklik vermoed is sy ly aan rumatoïede artritis. Sy het baie maagpyn verduur. Bloedtoetse het gewys dat sy Crohn se siekte het. Die siekte is ongeneeslik. Ons dink aan Karen en haar familie deur hierdie moeilike tyd! Gaan lees meer oor die siekte hier.

Marnus Briedenhann (23), wat eergister as ’n Griffons-flank in ’n kragmeting in Kempton Park teen die Valke uitgedraf het, en ook Al Debbo se nefie is was gekaap, rond gery en toe geskiet en gelos vir die dood. Hy het wel hulp probeer kry, en bo-oor klippe en drade  na ‘n pad toe geloop kruip en afgerol. ER24 Nooddienste wat oppad was na ‘n ongelukstoneel het op hom afgekom in die pad omstreeks 04:00.

“Hoe kan iemand met ’n verdienste van R25 000 per maand as leier van die ANC-jeugliga ’n huis van R16 miljoen bekostig?” Dis ‘n vraag wat die DA aan Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) vra. So wie finansier Julius Malema? Ek kan aan iemand dink… 👿 😉

Sopas nuus gekry dat my Tweeling ook die koerant doen! So lekker dubbel lees julle!! Whua ha ha ha!!!

 

 

Advertisements

Aksies

Information

One response

18 07 2011
Olga

selene
hy kry dit seker uit al sy pvt maatskappye en direkteurskappe. Moet ook nie vergeet van die r5.2milj huis wat die alwyse gekoop en laat sloop het nie. Ek wonder hoeveel het hy meer as markwaarde betaal net om te wys hy is nie n armgat nie.rekteurskappe. Moet ook nie vergeet van die r5.2milj huis wat die alwyse gekoop en laat sloop het nie. Ek wonder hoeveel het hy meer as markwaarde betaal net om te wys hy is nie n armgat nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: