Whiners!!!

17 07 2011

‘n Whiner. Iemand wat kan kerm en kla dat die berge antwoord gee.  Sou die berge natuurlik ‘n spreekbeurt kry tussen die gekerm deur.  Dalk is kerm nie heeltemaal die regte woord hier nie.  Sanik.  Aan en aan sonder einde. 

Min mense het krag vir saniker.  Die gesanik draai jou kraan oop sodat elke druppel energie uit jou tap.  Dit is nou natuurlik op ‘n goeie dag.  ‘n Regte slegte dag is wanneer jy die gekerm rondom jou ore nie kan kortknip nie.  Jy wil eintlik ‘n paar vrot sokkies in die saniker se mond druk, maar nou moet jy hande en tong bedwing.  As jy hom / haar warm plek toe gaan pos, gaan jy eers ‘n gesanik hê.  Een wat nog boonop geregverdig sal voel om aanstoot te neem.  Dit is so goed as om lewendig vergruis word. 

Ek het nou die dag die twyfelagtige voorreg gehad om met so ‘n Saniker opgeskeep te sit.  My beleefdheid was binne die eerste 20 minute opgebruik.  Gelukkig het ek darem aansienlik meer selfbeheersing gehad anders was dit ‘n gemors.  Dit sou ‘n vinnig vergadering gewees het, waar ons vinnig deur die agenda kon draf.  Meneer Sanik het seker gemaak dat dit vir 6 ure uitgerek word. 

Dit is vir my ‘n wonderwerk dat ek nog ‘n tong oor het.  Ek kon kleintjies kry elke keer wanneer hy oor iets begin kerm het, wat al lankal deur hom na gegaan is en goedgekeur is.  Hy was vreesbevange dat sy stem nie genoeg gehoor gaan word nie.  Almal wou skree, maar hy was te vol van homself gewees om te kon omgee. 

Teen die einde van die uitmergelende sessie, sanik hy oor ‘n brief van maande gelede wat hy nog ooit gesien het nie.  Regtig, soos geen 4 jarige ooit oor lekkergoed kan whine nie.  Ek kon my ore nie glo nie.  Die drol het persoonlik self die brief waaroor hy kerm geskryf.  Ek het dit hom vertel ook en myself van die vergadering verskoon. 

My ore kan ook net soveel vat.  Beleefdheid is vir die voëls. 

Hoe hanteer jy ‘n whiner?  Sonder om jou selfbeheersing onnodig uit te put?  Na ‘n saniker, weet jy stilte is goud. 

Breinvasbrand:  Wat beteken die Latynse uitdrukking nemo tenetur se ipsum accusare?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1912.


Aksies

Information

7 responses

17 07 2011
Olga

eeeeeerrrrrssssssttttteeeeee!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

17 07 2011
Olga

uit4kkeneindelik!!!!!!!!!! ek is seker wp sit net en wag om bloeddruk op te jaag. mure.
Geen mens sal homself beskuldig nie?????

Ek kan die sanikers ook nie hanteer nie. Ai! Dis altyd dieselfde ding oooooorrrr en ooooooorrrrrr en ooooooorrrrrr! Ek dink dis wat my gatkrampe gee in kerkraadvergaderings. Ek kan later nie meer sit nie.

18 07 2011
J W W

Kyk, beleefdheid is slegs vir mense wat dit werd is, ek sê baie vinnig vir iemand as hy of sy kerm en kla oor alles – ek het immers nie tyd om my lewe te vermors met ander mense se boring probleme nie… nie amal word 93 jaar oud nie, so tyd is “precious”

18 07 2011
jagternw1976

Die reg om stil te bly wanneer ondervra word

18 07 2011
leonvonmoltke

Dit hang maar af, maar hier by ons is daar min mense wat nie vir so iemand sal vertel om op te beur en op te hou kerm nie.

18 07 2011
jagternw1976

Dat daar nou wragtig terwyl ek die lees ‘n “whiner” in my kantoor instap. En dit oor HY nie vandag se vergadering gaan “minute” nie. Grootmense wat soos kinders optree.

19 07 2011
Andy

Jy werk sweerlik by dieselfde besigheid as ek!! Hier is ‘n hele paar whiners en self-lovers!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: