Littekens

16 07 2011

Die Turkse Tannie het my huiswerk gegee om julle van al my merke te vertel.  😉  Ek wonder of sy dit alles sal nagaan om seker te maak ek jok nie.

Ek is nie seker of ek by my kroontjie of by my toontjie moet begin nie.  Kom ons begin dan maar by my knieë.  Elkeen lyk na ‘n wêreld kaart en is die stil getuies van watter lomp dogtertjie ek op my dag was.  Ek het nou nog die neiging om vir die geringste dingetjie neer te slet, maar dit gebeur gelukkig selde.  Die laaste keer wat ek twee stukkende knieë gehad het, was ek ‘n eerste jaar.

Ons het een van die manskoshuise se marmerblad gaan steel.  Alles goed en wel, tot ons in die kar gespring het om weg te jaag.  Die meisie wat bestuur het was ‘n bietjie oorywerig en ek het uit geval.  Die beste van alles is dat ons die volgende dag in skoolklere serrie moet doen (was in Britney se dae).  Daar is ek, met twee lelike stukkende knieë en twee poniesterte in skoolklere met das en al.  Dit was skreeusnaaks.

My regter kleintoontjie het ‘n snaakse hoek.  Ek het op ‘n karate kamp die arme toon gebreek.  Ek moes my skermmaat se voete onder hom uitgevee het, toe hak my toon aan sy broek vas.  Eina!!  Ek het op en af gespring vir 5 minute en toe verder geoefen.  Dit toon seker op ‘n gat in my opvoeding.  Ek het nooit eers daaraan gedink om my wimpers te fladder en so sy voete onder hom uit te slaan nie.

Waar my regtervoet ‘n buiging maak (bedoelende bo) het ek ‘n letsel, mooi in die middel.  Ek dink amper dit as ‘n skeerongeluk, maar kan nie mooi onthou nie.  Ek het ook ‘n letsel op my linkerboud.  Ek het eendag toe ek klas gedraf het op nat sement gegly en my alie gesien.  Die skade was deur ‘n klippie veroorsaak gewees.

Ek het ook ‘n hele klompie letsels op my elmboë, van insidente wat ek al eeue terug vergeet het.  Ek het onder andere my tannie se glasblad met my elmboog gebreek en het beslis nog die bewyse daarvan.  En nee, ek het nie aspris die blad gebreek nie.  Ek kan nie nou onthou of ek my grond by God’s Window met my elmboog of knie gekoop het nie.  Daar is soveel letsels, dat dit moeilik is om hulle van mekaar te ken.

My gesig dra ook hier en daar letsels van my lomp kleuterdae.  Ek het my oogbank ‘n paar keer oop geval en daar is ‘n snaakse littekentjie aan die kant van my kop.  As iemand nou regtig belangstel, sal ek my ma gaan vra waar kom dit vandaan.  Ek het in die laerskool een dag teen die buitemuur vasgehardloop en het met al die velle in my gesig betaal.  Dit was helaas nie die enigste keer wat ek in ‘n muur vas gehol het nie, maar julle het nie gevra oor al my blou oë wat ek gehad het nie.  Het ek al genoem dat ek besonders lomp was?

Dit is dalk ook waar die knop links op my voorkant vandaan kom.  Ek dink egter dit was toe ek my boetie geabba het en op die trap geval het.  Die snotkop het natuurlik niks daarvan oorgekom nie.

Die onsigbare letsels?  Daar is nie.  Ek is nie verniet die voorsitter van die paashaasbende nie.

Ek vra dan vir Olga, Pikkie en Skemer om ons van al hulle wonde te vertel.

Advertisements

Aksies

Information

4 responses

16 07 2011
turksvy

Ek dink jy kort ‘n straight jacket. :mrgreen:

Dankie virrie saamspeel!

16 07 2011
MaanKind

Mens kom baie van iemand te wete so met die wonde saam! Sterk baba gewees, jy…

16 07 2011
Kruis en dwars « OLGA SE OKSELTJIES

[…] Littekens « He… on Chain reactionOlga on Chain reactionklippie on Chain reactionSelene Phoenix on […]

16 07 2011
Olga

Haar pa moes haar geborsvoed het. Verseker.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: