Jy kan die mens uit die grot haal

14 07 2011

Ek is dankie bly om in ‘n moderne tyd te lewe. Dit is net soveel makliker om in jou kar te klim as jy iewers heen wil gaan, om ‘n ketel aan te skakel vir koffie en om met ‘n rekenaar in die sak te loop. Die moderne wêreld het wel sy voordele, maar daar is goed wat ek dood eenvoudig nie vertrou nie. Al gebruik die hele wêreld dit en is dit amper ouer as ek. Sien, ‘n mens kan die mens uit die grot haal, maar dit is ‘n ander storie om die grot uit die mens te haal.

Die aantal mense wat al vanjaar doodgebrand het in hulle huise is skrikwekkend. In baie gevalle was dit die verwarmer wat aangelos was en dan ‘n brand veroorsaak. Gewoonlik ook nog waar dit in die kinders se kamers was. Ek besit nie eers ‘n verwarmer nie, maar as ek een gehad het, sou ek nou nie eers daarvan gedroom het om dit aan te los as ek my stert draai nie. Om te dink dat in vandag se tyd ‘n verwarmer netso aan die brand kan slaan. Ons is mos nie meer in 1920 nie.

Ek het egter nie ‘n beginselsaak teen ‘n verwarmer nie, maar ek sal nooit ‘n warm kombers besit nie. Ek is te bang die damn ding slaan aan die brand as ek op my lekkerste slaap. As ek in ‘n gastehuis slaap en daar is ‘n warmkombers, sit ek dit af en maak seker om die prop uit te trek. Ek voel nie gemaklik daarmee om op elektrisiteit te slaap nie.

Ek hou niks van die idee van internet banksake nie. Ek hou nie eers daarvan om met my kredietkaart vir iets op die internet te betaal nie. Ek het net te veel gehoor van mense wat daardeur in gedoen is. Ek weet dit is kastig die veiligste manier om jou bank sake te doen, maar ek verkies om dit vir iemand sonder my kaarte moeiliker te maak.

Ek het ook geen vertrou in ‘n GPS nie, maar ek het julle al daarvan vertel.

Watter moderne gebruike of toerusting vertrou jy nie? Wat laat jou soos ‘n grotbewoner voorkom?

Breinvasbrand: Wanneer het Sidney Russell die eerste elektriese kombers ontwikkel?

Breinlosbrand: Jagter was reg met Ben Voss.

Advertisements

Aksies

Information

10 responses

14 07 2011
Olga

Eerste!!!!!!!!!!
1912.
Ek doen ook nie die elektriese kombersding nie. Die ander ding wat ek nie vertrou van moderne tye nie, is ‘n staatsamptenaar.

14 07 2011
Olga

Ek het nie eers ‘n kredietkaart nie. die ou plastiek reghoekie vertrou my nie.

15 07 2011
J W W

Ek het ook nog nooit, en sal ook nooit op ‘n toaster aka lektriek bomkers slaap nie…. Maar ek was ook sterk teen internet bank dienste, maar dis so ‘n lekker ding dat ek nie meer in toue by die bank (oftewel bitter min) hoef te staan nie, solank mens maar net die aanbevelings volg vir veiligheid sal mens OK wees.
Miskien is ek outyds as dit by karre kom, maar ek laaik nie die nuwe stupid klein karretjies was ALMAL dieselfde lyk nie, dit geld ook vir die groter modelle, en in elk geval maak nie saak watse naam agterop staan nie, dis gewoonlik almal uit een stal. Al die moderne karre het amal turbos deesdae met piepklein engins wat krag baie verbeter en miljuisende kilos op ‘n liter petrol gee, maar lewensduur baie verkort en dienste bitter duur maak as jy nou ‘n armgat staatsamptenaar soos ek is, wanneer jy nie meer motorplan het nie… Nee wat gee my maar my ou(er) karre wat nog ordentlik gebou is om lank te hou en karakter het, uniek is en nie ‘n deurmekaar spul is nie.

15 07 2011
demoerin

Ek het nie ‘n GPS nie, en ek voel soos die enigste persoon in Jozi. Ek is egter gelukkig geseën met ‘n ongelooflike sin vir rigting, en sal nadat ek een keer na ‘n padkaart gekyk het reguit iewers heen ry.
Ek is ook moontik die enigste persoon in die wêreld wat nie ‘n iPod besit nie.
Ek gaan ook vêr agter raak met die lees-tegnologie saam, ek lees boeke en kan nie myself binnekort sien met een van hierdie nuwe e-book readers nie – Kindles en iPads en sulke goete.

15 07 2011
Selene Phoenix

Goeie more!

Ek het ook nie ‘n elektriese warm kombers nie, my ouma sin het aan die brand geslaan en toe is my pa heeltemal teen dit… en manlief ook. Maar ek is nie van plan om met dit aan te slaap nie, ek wil net die bed warm maak, en dan afsit sodra ek in klim!

Ek het onlangs eers bietjie vat gekry aan ‘n GPS, maar nog nie 100% vertroue in die ding nie!

Ons het ‘n gas verwarmer, en kyk dit vertrou ek glad nie! Hou glad nie van gas nie, en nog minder as daar ‘n vlammetjie by is! 😯

15 07 2011
Olga

n e book? Ari tog. Ek wil die boek vashou, omblaai, n tissue vir n boekmerk insit. Ek het ook nie n ipad of gps nie. En weet nie hoe google maps op my foon werk nie.

15 07 2011
langafstand0105

More…
Ek is mal oor my elektriese kombers. Ek vertrou glad nie ‘n GPS nie en nog minder ‘n gas verwarmer.
Hierdie convection ovens wat kos gaarmaak in helfde van die tyd, is ek ook nie heeltemal seker oor nie.

15 07 2011
MaanKind

Die enigste ding waarteen ek beswaar het, is die elektriese komberse, maar ek glo ook nie aan verwarmers nie. En enige ding wat met gas werk, laat my weghardloop.

15 07 2011
MaanKind

O ja, ek vertrou nie ‘n mikrogolf nie. Werk lekker, maar ek eet nie iets wat uit die mikrogolf kom nie.

15 07 2011
klippie

My dogter stem saam met jou. Sy glo in slow cooking en ek wil dinge sommer nou gaar of warm he.
Ek skrik ook vir haar ipad want die bladsye verander sommer terwyl ek nog net dink of ek verder wil lees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: