Ha Ha Ha

14 07 2011

Ek sal myself oor die algemeen as iemand met ‘n goeie humorsin beskryf.  Dit is dalk ‘n bietjie dwars, verwronge en met tye droog of selfs onvanpas, maar ek sien gewoonlik die humor in elke situasie raak.  En geniet dit ten volle.  Ek het ook geen probleme daarmee om vir myself te lag nie.  Ek kan myself tog nie te ernstig opneem nie, ek gaan mos nie lewendig hier uit kom nie. 

Tog moet ek erken dat ek gewoonlik nie van komedies hou nie.  Komedies is dalk ‘n bietjie wyd, ek waardeer selde die goed wat vir my opgedis word as snaaks.  Dit is soms bloot net simpel, breinloos en / of vulgêr.  Nie noodwendig snaaks nie.  Seker aanvaarbaar as jy jou soos ‘n meubelstuk wil gedra, maar nie regtig vermaaklik nie. 

Dit is vir my baie ironies dat die goed wat veronderstel is om my te laat lê van die lag, selde eers’n glimlag ontlok.  Dit is nie vir my snaaks as ‘n man om elke hoek en draai iets in knaters kry nie.  Ek gril daarvoor wanneer iemand oor ‘n karakter kots.  Dit stuit my teen die bors as hulle optree soos iemand wat vertraag is.  Geforseerde gesinsuitdrukkings of vreemde liggaamshoudings is te onnatuurlik om regtig snaaks te wees.  Alles goed wat my wye draaie om ‘n fliek met ‘n erkende komediant in laat loop. 

Kletsprogramme – soos Maak ‘n Las – doen gewoonlik ook weinig om my maagspiere te prikkel.  Ek het al dikwels gewonder of daar iemand met ‘n kaart staan wat vir die verhoor aandui wanneer hulle moet lag.  Die grappies wat hulle vertel is gewoonlik so langdradig – seker om te beklemtoon watse storie vertellers hulle is – dat die grap heeltemaal verlore gaan.  Dieselfde uitdrukkings oor en oor is vervelig.  Dieselfde besimpelheid ook. 

Poetse kan snaaks wees, maar nie altyd nie.  Dit is partykeer sommer maar net gemeen, spesifiek gedoen om mense te verneder.  Die poets is dalk al so holruggery, dat jy al in Gr 1 jou smaak daarvoor verloor het.  Ek sien ook nie juis die nut daarvan om te maak of ‘n bekende aan die stront praat is in nie.  Ek hou nie van parodieë nie. 

Soos reeds genoem dink ek nie die probleem lê by my humorsin nie.  Ek het al dalk gewonder of dit is omdat ek nie in die regte omgewing vir die sogenaamde snaaksigheid is nie.  Aan die anderkant is ek dalk net ‘n suurknol wat nog in ontkenning is. 

Hou jy van komedies en parodieë?  Wat laat jou kliphard en onbeheers lag?

Breinvasbrand:  Wie is die persoon agter Beauty Ramapelepele?

Breinlosbrand:  Olga was reg met die VSA regering.

Advertisements

Aksies

Information

13 responses

14 07 2011
jagternw1976

Ben Voss = Beauty

14 07 2011
J W W

Ek lag ook nie sommer vir die stupid amerikaanse slapstick kak nie, maar ek kan dit nogal baie geniet as iemand iets skerps kwytraak oor een of anner situasie, en ‘n bale goeie sarkastiese uitdrukking kan ook lekker sorg vir komiese plesier. Soms, is die flouste grap die snaakste, juis omdat dit so flou is – ek weet nie juis hoe om dit te beskryf nie maar daar het julle dit nou !! 😆

14 07 2011
J W W

O ja Ben Vos is Beauty Ramapelepele

14 07 2011
demoerin

Ag, ek lag sommer vir alles, selfs as ander dalk wil huil. Soms lag ek tot ek huil, soos Maandag en Dinsdag in die kar nadat ek weer my Wackhead dubbel CD ontdek het. Ek is mal oor Britse komedie bv. ‘Allo ‘Allo en Blackadder. En dan donkerder komedie flieks soos bv. Death at a Funeral. Ag eintlik hou ek net van lag, en dit vat die veel om my aan die gang te kry nie, met ander favourites soos Wedding Crashers en Monster in Law.

14 07 2011
demoerin

O, ek dink Ben Voss is Beauty.
Pst, ek hoop nie jy het hierdie tirade afgesteek na my storie van gister nie. 😆

14 07 2011
Xena Phoenix

Hi Julle

Jammer dat julle almal in die modder geland het. Ek het geen idee hoekom WP (lw – nie ek nie) teen julle diskrimineer nie.

DMI

Nee, hierdie post draai al maande in my kop. 😉

14 07 2011
Olga

wie de mur is beautie ramapele en ben vos.

Enige leon schuster of jim cary fliek is genoeg om my af te pis vir ure. Die willie esterhuize flieks vertel my dat hy ook al n jagse ou man is vol vuil gedagtes wat bekotsingswaardig is en van SNAAKS gestroop is.

Die parodiee van darren scott is wat gemaak het dat ek nooit my radio voor 10 am aangesit het nie. My radio is deesdae op rsg.
Dwaal ek alweer?

14 07 2011
Olga

meeste ou flieks met bud spencer en terence hill, wena naude en san de lange, katinka heyns en tobie cronje vind ek egter skreeusnaaks. Sonder veel vloekery en bitter min seksuele kinkels.

14 07 2011
jagternw1976

Olga, Beauty is ‘n ousie op Jakaranda wat “funny” is. Ben Voss is die man wat maak asof hy Beauty is. Baie soos Evita ?

14 07 2011
Bileam se Donkie

Ja, daardie geblikte lag van Amerikaanse komedie maak my klaar- en dis selfs in Disney Channel as my kiddies daardie vervelige reekse van Anus Montanus, of die dolfynseun of daardie hipervervelige reeks van die kinders in die hotel kyk. Ek stap verby, en die klank daarvan alleen dryf my na ‘n goeie boek toe,

14 07 2011
klippie

Vertel my asb wat is snaaks aan ‘n kosgooiery, a la Amerikaanse komedies?

Maar (ouer) Britse komedie laat my skaterlag.

Natuurlik toe ons jonger was was Al Debbo en Frederik Burgers vir ons skreeusnaaks.

14 07 2011
Selene Phoenix

Hello julle! Werk hou my nogals besig die laaste ruk 🙄

Ek is mal oor goeie komedies! My gunstelinge verskil ook wêrelde van mekaar!
– Whose line is it anyway?
– Allo Allo
– My Familie
– Married with Children
– Hangover
– Wipe Out (as die mense val he he… )
– Cybil – wie onthou dit?
– Ellen Degeneres
– Trevor Noah het sy oomblikke

My gunsteling natuurlik is Greame Norton!!

14 07 2011
Selene Phoenix

Bedoel Graham Norton!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: