Al Debbo

13 07 2011

Al Debbo is eintlik ‘n bietjie voor my tyd gewees, maar ons het Brakke van Turfontein en Hasie op plate by die huis gehad.  Liedjies wat baie vermaklik is vir enige kind en enige grootmense wat optree soos kinders. 

Al Debbo is in 1924 in Bloemfontein gebore, nadat sy pa vroeër uit Libanon geëmigreer het.  Die Debbo’s was eintlik winkeliers, maar Al het homself as ‘n ambagsman bekwaam.  Gou-gou was hy tuiser op die verhoog gewees en teen 1948 het hy sy buiging as akteur gemaak.

Op 13 Julie 2011 is hy in ‘n hospitaal in Bloemfontein dood.  Hy was onlangs vir ‘n longkwaal opgeneem, maar is aan hart versaking dood.

Nog ‘n interessante karakter wat vir lank onthou sal word.


Aksies

Information

2 responses

13 07 2011
Olga

ai, iemand in die hometown het eenkeer gesê die winter maai altyd onder die ouer mense. Rus sag, Hasie. Laat mens wonder wat het van die ander van ons vermaaklikheid pioniers geword.

14 07 2011
Sonlig

Nog een vir 2011…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: