Kruis van die Middelklas

12 07 2011

Ja-Ja, ek weet ek het ‘n obsessie met geld.

Dit is eintlik hartseer – jy betaal jou inkomste belasting nog voordat jy betaal is.  Elke persoon wat verplig is om persoonlike belasting te betaal besef te terdeë.  Elke keer wat ‘n politici strooi praat of geld verkwis, styg ons bloeddruk met mening.  Dit is mos ons wat vir daardie geld gewerk het, nie hulle nie.  Gewoonlik ook as een van die politici wil gatkruip, weet hulle vinnig waar die geld vandaan kom.

Wanneer ons ontstoke raak oor die nuttelose verkwisting van belasting geld, gaan ons nogal tekere dat elke sent daarvan uit ons sakke kom.  Nogal arrogant, ek is by verre nog nie in die deel van die beskawing wat miljoene aan belasting afstaan nie.  My geld is wel daar, maar dit is dalk net 2 c by die motorhuur rekening en 93 c by die Gautrein.  So word my protessie maar poep in die wind, maar verenig kan die belasting betalers nog steeds hard poep.

Dit laat my nou wonder, wat sal gebeur as die publiek self besluit waar hulle belasting aangewend kan word?  Wanneer jy vir SARS probeer oortuig hy het jou ingedoen, kan jy sommer namens oom Pravin besluit waarvoor jou geld moet gaan.  Jy kan dalk besluit om in plaas daarvan om ‘n minister te betaal, jy eerder jou geld in onderwys wil stoot.  Dalk wil jy ‘n tiende tot die behoud van die infrakstruktuur gee.  Hoe ook al.

As jy kan besluit waar jou belasting moet gaan werk, wat sal jy kies?  Sal jy alles in een element instoot of sal jy die fondse so ‘n bietjie verdeel soos wat jy goed dink?

Ek wonder nogal watter sektor sal die meeste geld kry en watter sal geheel en al geignoreer word.  Dit sal nogal interessant wees om te sien hoe elke rand wat SARS inwin opgedeel word om vir elke hond sy deel te gee.

Breinvasbrand:  Wat verteenwoordig “Uncle Sam”?

Breinlosbrand:  JWW was reg met 1918


Aksies

Information

7 responses

12 07 2011
Olga

die us goverment. Maar word alom gebruik vir us weermag.

12 07 2011
Olga

kan ek die belastinggeld in my eie sak laat beland?

13 07 2011
demoerin

Ek sal ook eerder my belastinggeld in my eie bankrekening wou hê. Maar ek sal regtig nie omgee as hulle dit aanwend waarvoor dit bedoel is nie, sonder dat dit in gatsakke beland of verkwis word. Ek sou sê die belangrikste is ordenklike hospitale, huise, onderwys en instandhouding van infrastruktuur.

13 07 2011
Gerda. J

kan ek my belastinggeld laat gebruik om wit oumense se lot ligter te maak? of om witmense wat swart kinders aanneem te laat vervolg omdat hul n swartkind se toekoms opfok terwyl daar so baie wit kinders in tehuise wegkyn of gemolesteer word.

13 07 2011
Olga

snaaks hoe mense aanstoot neem as daar na hulle verwys word as middelklas. Betaal die ander klasse belasting of kanseleer hul skenkings hul belastingpligtigheid?e ander klasse belasting of kanseleer hul skenkings hul belastingpligtigheid?

13 07 2011
JWW

Ek sal nie ‘n sent gee vir welsyn nie – laat die lui bliksims werk vir wat hulle in die lewe wil hê

13 07 2011
sisdudu

As ek kan kry djuke teksmalie aku bakietie bakietie!ek sal bilt vir my dakkelstorie huis by mayflower. hey zoekie! tjk! djou ouma het djou too much gespoil. hoe weet djy die mense eet h6 die welver se tjeld wil nie werk nie? auk. bakietie, bakietie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: