Dit laat my vel van my lyf af krimp

9 07 2011

Op SABC 3 word daar die coolste CD geadverteer.  Dit gaan oor almal wat van die wêreld se beste kitaarspelers geag kan word.  Onder enige normale omstandighede sou ek my bene stompies hol om dit te gaan koop.  Daar is net een probleem.  Die titel:  The Gods of Guitar. 

Dit is seker altyd iets wees wat my niere vergruis.  Van alle benamings wat daar is om die spelers te beskryf – ek dink aan konings, baas, die beste, die meesters, die heersers – hoekom op aarde na hulle as god verwys?  Dit is nou regtig krap waar dit nie jeuk nie.  Daar kan seker daaroor geredeneer tot volgende jaar, ek sal net nie gemaklik wees daarmee om dit in my besit te hê nie.

Ek preek gewoonlik dat ‘n mens eerder God in alles moet gaan soek en nie die duiwel nie.  Ek voel glad nie gemaklik daarmee om alles en almal god te maak nie.  Ek hou veral nie daarvan as iemand sommer van hulle self god maak nie.  Die tipe arrogansie staan my nie aan nie. 

Ek gee nie om vir ‘n vloek of 10 nie.  Het julle agter gekom dat die verwysings na God deesdae nie eers meer as vloek gesien word nie.  Dit word oor die algemeen as aanvaarbaar gesien.  Waar ‘n boerevloek nog gebiep word of ten minste ‘n ouderdomsbeperking kry, blyk dit dat niemand regtig daarvoor omgee nie. 

Al beskou jy jouself nie as ‘n Christen nie, is dit nie nodig om te gaan skoor nie.  As jy wel na jouself verwys as ‘n Christen, is daar geen verskoning nie. 

Hoe voel julle daaroor?

Advertisements

Aksies

Information

9 responses

9 07 2011
Gerrit De Villiers

Ek voel die aarde is beyond saving

10 07 2011
Xena Phoenix

Welkom Gerrit

As die aarde beyond saving was, was dit al lankal vernietig. Daar is darem altyd hoop . . .

10 07 2011
Gerrit De Villiers

lol hulle doen dit sommer self:

1. Habitat destruction
In both the Amazon Rain Forest and other natural areas of the world over logging and conversion of forests to agriculture has resulted in the loss of native habitat for numerous plants, birds, animals and insects. This is a major reason of extinction in most species.

2. Erosion
Erosion of topsoil by wind and water caused by poor farming practices has stripped tons of fertile soil from the land. This has led to conditions such as the great dust bowl in the USA in the 1930s

3. Global warming
With the exception of a very limited number of scientists the world wide community of scientists has recognized that man made emissions of green house gases has altered the worlds climate. This has already led to species transference, loss of habitat in the north, and an upward spiral of methane (a powerful greenhouse gas) being emitted from the permafrost in Siberia and Canada. Predicted and observed impacts may include drought, famine, changes in ocean currents and a cooling in Europe.

4. Acid Precipitation
The emission of sulfur and nitric oxides from ore smelting and coal burning changed the soil and water pH in much of Europe and North America with the degradation of forest and lake biota.

5. Species extinction and Introduction
Human activities have introduced several new species in to the environments locally (Zebra Mussels, fire ants, killer bees, starlings) which cause harm to the local human population and local (native) plants and animals. The near extinction of the bison and cod fish and the extinction of the dodo, geat auk, and others by direct human intervention

9 07 2011
Olga

weet jy, ek verpes die amerikaners en britte se ‘God damn . . . ‘ wie de donner is hul om God voor te se wie om te damn en wie nie? Met die cd nou, die platebaas het hulle die titel gegee, nie hul self nie. Ek moet egter toegee, dis ook nie iets wat ek sal wil he nie. Bloot agv die cd titel.

10 07 2011
Xena Phoenix

Dit was die ouens by SABC 3 wat seker op die CD se titel besluit het. Kid Rock bv het ‘n CD getiteld Jesus of Rock – dit is waarop All Summer Long is.

Ek stel glad nie voor dat die kunstenaars geboikot moet word nie. Op die beste hoop ek iemand neem kennis en verander die CD se naam.

9 07 2011
Bileam se Donkie

Dis baie jammer ja. Want ek is ‘n tiener van die tagtigs- Mark Knopfler van Dire Straits, Eric Clapton, ACDC se Thunderstruck… dis seker die kitaar waarvan ons hier praat, nie goeie ou oom Trevor Nasser nie? Dalk kan ‘n mens maar een keer ‘n pirate copy maak en hom ‘n ander naam gee? Of dink ek te stout?

10 07 2011
Xena Phoenix

Oom Trevor sal droom om op daardie CD te wees. 😉

Weet jy, pirating is een ding. Dit raak dalk verkope, maar met die aantal piracy wat aangaan, gaan die CD se makers nie die protes daarvan sien nie.

Ek wonder of Heart op die CD is. Barracuda het een van die beste kitaar stukke ooit in ‘n lied – na my mening natuurlik.

10 07 2011
toortsie

God laat nie met Hom spot nie.

11 07 2011
Andy

Dis opvallend hoe mense sonder skroom in veral Amerikaanse televisieprogramme gereeld sê “oh my god”. Dis al so tweede natuur by hulle, ek dink nie hulle kom agter wat hulle eintlik sê nie. Tot die jong filmsterre in die kinderprogramme op Disney Channel en Nickelodeon praat al van “oh my god” en moet kinders dit aanhoor, hulle dink naderhand dis OK om so te praat, so sonder respek! Wens hulle wil vir hulle ‘n ander uitdrukking uitdink…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: