Persoonlike Bediendes

7 07 2011

As ‘n ryk mens – soos wat die massas mos glo ek is – mis ek regtig die feit dat ek nie ‘n lyfbediende het nie. (Ek het eintlik glad nie ‘n bediende nie, maar dit is nou ter syde). Julle weet mos? Net soos mens in die boeke lees waar daar gewoonlik adelikes betrokke is. Ook soms genoem ‘n kamerbediende of valet. Die bediendes wat gewoonlik keer dat die adelike ooit ‘n vinger hoef te lig en elke klein klippie uit hulle mens se pad rol.

Gelukkig dra ons al vir dekades lank nie meer ‘n korset nie. Ek moet toegee dat ek niks daarvan sal hou as iemand my moet bad nie. Ek is lui en nie ‘n invalide nie. Ek onthou nog dat dit seer was toe iemand anders my tande geborsel het toe ek klein was. Ek het ook as ‘n klein dogtertjie al geleer om myself af te vee en het geen planne om van die beginsel af te wyk nie. Dit behoort dus nie ‘n grillerige affêre te wees om my kamermeisie te wees nie. Wel, ek dink nie daar gaan veel vir haar in die kamer te doen wees nie.

Koffie in die bed soggens sal nogal lekker wees. Terwyl sy (in boeke het jy altyd een van dieselfde geslag, maar dit kan seker ‘n hy ook wees) nou klaar met ‘n skinkbord oppad is na my kamer, laat sy sommer ontbyt saambring. Sy kan wel my badwater intap en my klere vir die dag uitsoek. Terwyl ek bad kan sy gou maak of sy die kamer opruim. Soms sal ‘n bietjie hulp met my hare gaaf wees, maar dit sal nou darem nie haar hooftaak wees nie.

Ek hou van die deel waar sy die klippies uit my pad uit rol. Ek sal haar dus hoofsaaklik gebruik om al my sleurwerk te doen, om die goedjies vir my vanselfsprekend te maak. Die bediende kan ‘n goeie begin maak daarvan om seker te maak my kar is altyd vol petrol. Sy moet sommer sorg vir die dienste ook en vir ander wiele as my kar dalk nie beskikbaar is nie. O heng, sy kan vir parkeerplek soek wanneer ek iewers heen ry.

Sy kan sommer my klere vir my gaan koop, skoene ook. Sy moet verseker dat ek nooit in ‘n tou moet staan nie. Ek sal byvoorbeeld by ‘n winkel ingaan en alles wys wat ek wil koop. Sy moet dan sorg dat dit op een of ander manier by die huis kom. Sy sal moet in ooreenstemming van my dagboek met reël vir kaartjies vir goed wat ek dalk moet sien en alles agter my aandra wat ek dalk wil hê.

Ek wonder of sy sommer namens my gim toe kan gaan? Dit is dalk ‘n bietjie te veel gevra.

Waarvoor sal jy jou kamer bediende gebruik?

Breinvasbrand: Wie is Batman se valet/butler?

Breinlosbrand: Olga was eerste reg met dumpling.


Aksies

Information

17 responses

7 07 2011
jagternw1976

Alfred Pennyworth – Batman se “Butler”

7 07 2011
demoerin

Dit sal werklik hemels wees as ek nooit weer in ‘n tou hoef te staan nie, en as sy/hy die funksies kan bywoon waarvoor ek nie lus is nie.

7 07 2011
Sonlig

Sy kan al my broeke korter maak!!!!!

En my hakke skuur – ek’s BAIE lui daarvoor.

En my kas regpak, en my motor was en vir my bank toe gaan en petrol ingooi en…….actually…ek sal en neem asseblief! 🙂

7 07 2011
Sonlig

ag…raak ek nou so opgewonde dat ek nie kan spel nie!
Ek sal EEN neem asseblief!!

7 07 2011
Olga

my skoene skoon maak. Dink net, ek sal nooit weer in n bank (*#+@) tou staan nie. Nooit weer by verkeersafd tou staan nie. Nooit weer bad was nie. Nee, donner, grieters, ek sal uit my nate bars. Wyk!

7 07 2011
Olga

ai tog. WordPress se mur ook.

7 07 2011
demoerin

Ek dink ek het vergeet om te noem sy moet soos Eva Langoria lyk, of then minste Megan Fox dan.

7 07 2011
Xena Phoenix

Ek het nie eers daaraan gedink dat sy my hakke kan skuur of namens my na vervelige funksies kan gaan. En my kas en kar netjies hou. Sy kan sommer ook al die oproepe wat ek MOET maak hanteer.

7 07 2011
Sonlig

Dink jy sy sal Customer Complaints ook vir my waarneem?

7 07 2011
Xena Phoenix

Ek sal dit nou nie sover vat nie.

7 07 2011
MaanKind

Ek wil net vir een week geen maar geen verantwoordelikhede hê nie. Voor gesorg word, en getroetel word.

7 07 2011
Olga

maankind, vir wat jy wil he, sal jy lyfkneg van die teenoorgestelde geslag moet kry. Dieselfde geslag as jy, sal jy op die derde dag PER ONGELUK in yskoue of vuurwarm bad klim, of n koue hand massering kry.

7 07 2011
MaanKind

Olga, ek dink dis dalk so in my kop. Ek het daaroor geblog, hierdie pos het my aangesteek!

7 07 2011
Wat kan ek vir jou doen? « MaanKind

[…] Herriemerrie het my nou skoon jaloers met haar persoonlike lyfbediende, al woon dié ook net in haar […]

7 07 2011
JWW

Megan Fox – sy kan my maar gerus help in die bad/stort/jacuzzi 👿

7 07 2011
Xena Phoenix

Snaaks hoe die vrouens aanvaar die bediende is vrouens en die mans aanvaar ook hulle bediendes is vrouens. 😉

7 07 2011
pienkpantoffels

My lyfbediende sal die rondry werk doen. Winkels toe gaan, huurders opdons, koffie maak … maar die grootste werk sal sekerlik die rondryery wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: