Na 83 jaar . . .

7 07 2011

Ek lees vanoggend dat brood in 1928 die eerste keer gesny verkoop is.  Nou sit ek hier in my hoek en wonder:  Het daar regtig die afgelope 83 jaar niks beter as gesnyde brood gekry nie?

Om mee te begin het vrouens in 1928 nog nie langbroek gedra nie.  Daar was ook nie mini’s of bikini’s nie.  1928 was net voor die groot depressie en ‘n paar jaar voor die Tweede Wêreld Oorlog.  Daar was rekenaars nie, om van die internet nie te praat nie.  Selfone sou seker afgelag geword het as een of ander onmoontlike droom.  Jy moes daardie tyd seker nog jou hande gebruik om klere en skottelgoed te was.  Ek praat dan nie eers van ‘n tuimeldroeër of mikrogolfoond nie.  Ek is nie eers seker of elektrisiteit so vrylik beskikbaar was as nou nie.

Is gesnyde brood regtig die beste ding nog?  Party mense eet dan nie eers meer brood nie.

Wat is na jou mening die beste ding nog?  Het dit voor of na gesnyde brood gebeur?

Breinvasbrand:  Wie het die eerste elektriese tuimeldroër in die 40’s ontwikkel?

Breinlosbrand:  Jagter was reg met Alfred Pennyworth.

Advertisements

Aksies

Information

7 responses

7 07 2011
MaanKind

Die Internet
Selfone

(Ek sny enige dag die brood as ek hierdie kan kry)

7 07 2011
Olga

tweede!
Clifford brook stevens.

8 07 2011
J W W

Ek hou van brood, mens kan amper sê ek is ‘n verslaafde, klaar gesny verkieslik, maar as ek moet sal ek hom self ook sny.

Ek dink die beste ding nog uitgevind is. . . . . . . wel . . . . . . ek weetie. . . . maybe die motorkar ?

8 07 2011
jagternw1976

Whiskey en Soda
Ysblokkies
🙂

8 07 2011
demoerin

Daar is nie nog tyd om brood te sny ook nie – daar sal in elke geval niks van die arme ding oorbly as ek met hom klaar is nie.
Ek moet sê ek like nogal die www – en ek like oor somer op die strand, bless Louis Reard vir die bikini 😆
Ek moet seg ek like ook nogal die ou wat die drukpers uitgevind het, en dan natuurlik die Kreepy Krawly…. en die microwave.

8 07 2011
Gerda. J

wat van tampons? en die pil? voorbereide toeteldierkos?

8 07 2011
Olga

het ek die koerant heeltemal gemis?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: