Laaste Woorde

6 07 2011

Famous last words . . . Gewoonlik ‘n stukkie (on)wysheid wat ons kwyt raak en ons dan aan die agterent kom byt. Wel, tegnies gesproke is dit nou nie jou laaste woorde nie. So lank jy nog asem het, kan jy altyd op dit verbeter. Maar daar is geen salf te smeer aan die wat jy uiter met jou laaste asem. Jy kan niks doen om dit te verbeter nie. Party mense s’n is nogal interessant om te beskou.

Pancho Villa, ‘n revolusionis van Mexiko, het dit besef. Don’t let it end like this. Tell them I said something. Karl Marx kon nou weer minder omgee nie. Toe sy huishoudster wou weet wat sy laaste woorde was, het hy geantwoord: Go on, get out – last words are for fools who haven’t said enough.

Party gebruik hulle laaste oomblikke om ‘n laaste bietjie genade te kry, soos Maximilian, Keiser van Mexiko: I forgive everybody. I pray that everybody may also forgive me, and my blood which is about to be shed will bring peace to Mexico. Long live Mexico! Long Live Independence! Ander soos Joan Crawford kon nie juis om gee nie. Damn it . . . Don’t you dare ask God to help me – na haar bediende vir haar begin bid het. Pietro Perugino kon sy nuuskierigheid nie bedwing nie: I am curious to see what happens in the next world to one who dies unshriven.

Daar was die soos Leonardo Da Vinci wat glo dat hulle nie genoeg gedoen het nie. I have offended God and mankind because my work did not reach the quality it should have. George Bernard Shaw het weer gevoel die tyd is reg: Sister, you’re trying to keep me alive as an old curiosity, but I’m done, I’m finished, I’m going to die. Ludwig Beethoven ook: Friends applaud, the comedy is finished. Florenz Ziegfeld was reg vir groter dinge: Curtain! Fast music! Light! Ready for the last finale! Great! The show looks good, the show looks good!

Kan ‘n mens romanties in die dood wees? Napoleon se laaste woorde was Josephine…. Koning Charles II was bekommerd oor sy minnares, Nell Gwynne: Don’t let poor Nelly starve. Party mense moet maar versigtig wees met hulle dreigemente. Oscar Wilde: Either that wallpaper goes, or I do. John Adams was weer bekommerd oor sy land, maar het volle vertroue in sy opvolger gehad: Thomas Jefferson–still survives… Jefferson is ‘n paar uur voor hom dood.

John Barrymores het ‘n behoorlik hulle voete daarin gesit: Die? I should say not, dear fellow. No Barrymore would allow such a conventional thing to happen to him. Ethan Ellen, ‘n General in die Amerikaanse revolusie was nie juis beindruk met die engele wat vir hom gewag het nie: Waiting are they? Waiting are they? Well–let ’em wait.

Spyt kom altyd te laat, vra maar vir Humphrey Bogart: I should never have switched from Scotch to Martinis. en Anton Pavlovich Chekhov: I am dying. I haven’t drunk champagne for a long time.

Net omdat jy oppad is om jou kop te laat afkap, beteken dit nie dat jy jou maniere moet vergeet nie. Marie Antoinette het eers haar kinders gegroet: Farewell, my children, forever. I go to your Father. en toe op haar laksman se voet getrap. Monsieur, I beg your pardon. Ek dink hy was nogtans afgepis.

Diana was so effens in die duister: My God. What’s happened? Chopin was bang hy raak ‘n dead ringer: The earth is suffocating . . . Swear to make them cut me open, so that I won’t be buried alive. François Rabelais het nog aan sy testament gedink: I owe much; I have nothing; the rest I leave to the poor. Nancy Astor het nog hoop gehad: Am I dying or is this my birthday?

Ek neem aan julle is nou soos tannie Nancy se aartsvyand, Winston Churchill: I’m bored with it all. Vergun my net my gunsteling ene van Generaal John Sedgwick in die Amerikaanse burgeroorlog. They couldn’t hit an elephant at this dist. . . . Wanna bet?

Advertisements

Aksies

Information

5 responses

6 07 2011
Olga

dit laat my regtig wonder of al die genoemdes regtig niks daarna gese het ni.

6 07 2011
Selene Phoenix

‘n Man se laaste woord aan sy vrou… “Ek moet jou iets vertel voor ek dood gaan my lief, ek het met jou suster geslaap”
Vrou se woorde… “Ek weet my skat, probeer om nie te veel te praat nie en laat die gif sy werk doen”

😆

6 07 2011
demoerin

😆 Interessant is die wye verskeidenheid van onderwerpe wat voorkom.

6 07 2011
Gerda. J

nogal wanna bet? 😀 hy was beslis verbaas.

7 07 2011
J W W

Ek sal seker eendag sê as my laaste woorde – waars my bier. . . . . . 😀

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: