Jammer dit is laat, maar daar was ‘n paar tegniese probleme
Uilspieël
(Watter een pas nie en hoekom pas dit nie?)
- Saturnus; Neptunus; Athene
- Slee; Kaskar; Waentjie
- Cadbury; SAB; Nestle
- Kombers; Servet; Duvet
- Saul Barnard; Elias van Rooyen; Alexander MacDonald
Advertisements
1. Athene, die ander twee is planete, Athene is ‘n stad.
2. Waentjie, ‘n waentjie moet gesleep word, die ander word gestoot.
3. SAB maak bier, Cadbury en Nestle maak sjokolade.
4. Servet, die ander twee is om jou warm te hou.
5. Alexander MacDonald. Die ander twee is karakters in Dalene Matthee boeke.
1. Athene is nie n planeet nie.
2. Slee beweeg op sneex, het ni wiele nie.
3. Sab maak niet tjoklits nie.
4. Servet is nie beddegoed nie.
5. Alexander mc donald was nie n bosmens nie.
Xena, ons het jou nodig daar op my bladsy. Kyk, Jagter het ‘n vragie gevra, maar ek is nie seker van die antwoord nie. Ek WEET jy sal kan help!! asseblief asseblief asseblief!!!
1.Saturnus, ander twee is griekse gode, as ek dit reg het/??
2. Slee, ander twee het wiele
3. SAB. – hulle maak nie tjoklits nie, maar BIER en hulle wil nie BETAAL vir ons gars nie. 😦
4.servet natuurlik, waar kan hy jou warm maak in hierdie kaapse koue?
5. seker die Mc Donald outjie. Was die ander twee in Fiela se kind?
En as ek volpunte het, wat wen ek dan???? 🙂
He he, ek het reggekom dankie !!
Wanneer kry ek die uitslae??? dis nie aldag dat ek jou vrae beantwoord nie.
1. Saturnus en Neptunus is planete; Athene is ‘n stad
2. Kaskar en Waentjie het wiele; Slee het nie
3. Cadbury en Nestle maak chocolates; SAB maak bier!
4. Kombers en Duvet kom op jou bed; Servet vee jy jou mond mee af
5. Saul Barnard en Elias van Rooyen is albei karakters uit Kringe in ‘n bos; Alexander MacDonald