Kluitjies

5 07 2011

Soos wat die temperatuur daal, kry ‘n mens maar lus vir ‘n innerlike versterking.  Ietsie warm na binne wat jou meer moed gee om die donkerste nag in die oë te kyk.  Een van daardie disse wat dit vir my doen is souskluitjies.  Die soet nagereg soort, ek hou nie van sout kluitjies nie. 

Maandag het ek my skimpe gegooi en Olga het vir my die nodige resep gegooi.  Met die vereisde dat ek ‘n foto moet opsit as ek dit gedoen het.  Ek is beslis nie bekend vir my nederigheid nie en natuurlik het ek die uitdaging aanvaar.  Ek is mos ‘n meester kluitjiebakker.  Om kluitjies te bak moet dus pis wees.  Selfs al is die uwe nou nie juis ‘n kenner in die kombuis nie. 

Wel, van kluitjies was daar nou eintlik nie sprake nie.  My laaste druppel water was te veel gewees en dit het natuurlik toe my beslag te dun gemaak.  My poging het dus met die tekstuur van melkos opgeëindig (eh . . . het iemand vir my ‘n melkos resep asseblief?).  Ek neem aan enige boere tannie sal geskok na hulle harte gegryp het.  Ek kan my kuiltjies seker eerder korreltjies noem. 

Tog was die korreltjies deurgaar, lig en ordentlik met die sjokolade sous bedek gewees.  Dit het dus die smaak toets geslaag, ons het lekker geëet en die winter vir ‘n rukkie verdryf.  Sonder dat ons vla nader moes gesleep nie.

In samevatting nie ‘n kookboekprentjie nie, maar heeltemaal eetbaar.

Hoe goed of sleg is jy agter die potte?  Of bly jy eerder maar by kluitjies bak?

Breinvasbrand:  Wat is ‘n kluitjie in Engels?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1896


Aksies

Information

47 responses

5 07 2011
Olga

Eerste!!!!!!!!!!!
Dumpling………………

5 07 2011
Olga

Ek is nou wragtig nie die wêreld se beste kok nie, maar, wie worry??? Soos jy sê, dit jaag darem die winterkoue vir ‘n wyle weg. My eerste pot vla sou jy met ‘n mes kon sny. Ek kan die taai, harde bol nou nog sien.

6 07 2011
Xena Phoenix

Kon julle daardie vla eet?

My grootste flop nog op datum was piesangbrood. Ek het die 250 ml meel ingegooi en eers ure later besef dit moes 4 x 250 ml gewees het.

5 07 2011
bileamdonkie

Die geheim van kluitjies is rooiwyn. Verkieslik ‘n goeie rooiwyn, soos KWV Roodeberg, of Nederburg Paarl Cabernet Sauvignon. Maar so nou en dan sal Slanghoek Camerca ook die ding doen.
Stap 1 van kluitjies: Skink vir jou ‘n glasie rooiwyn. Stap 2- kry kook en verdriet nader. Blaai tot by kluitjieresep. Teen hierdie tyd volg stap 3- skink die tweede glas rooiwyn. Kyk in jou spens vir meel, eiers en derglike bestanddele. Kry alles netjies bymekaar, en haal jou klitser uit. Stap 4- Gooi vir jou ‘n derde glas rooiwyn. Eet solank ‘n tjippie. Stap 5. Sit die oond aan op 180 grade. Klits al die bestanddele bymekaar. Druk in die oond. Stap 6. Sit jou gunsteling CD op- jy het mos ‘n CD speler in jou kombuis? Sit agteroor en geniet die KWV, Nederburg, Slanghoek se effek. Stap 7- Skink nog ‘n glasie. Teen hierdie tyd behoort die mengsel in die oond te rys, en jy die tweede bottel te begin soek.
Shtap 8- Neuk die brandende mix in die asshhhblik. Shtap neeege- Bel Scooters Pizza.
En shhiedaar- goed gemarineerde chef, heerlike warm pizza, yshhbere het gewyk, shuksheshvolle winteraandjie.
Hoop dit help.

5 07 2011
Xena Phoenix

😆

Nou bak jy kluitjies, Pratende Donkie. :mrgreen: Gooi sommer met hele varke.

5 07 2011
bileamdonkie

Ssssjjjjjjhorry!

6 07 2011
Xena Phoenix

😉

6 07 2011
J W W

Ek kan myself help as dit by kosmaak kom, maar bak ?? hom ek doen nie so lekke nie 😉 waar sou mens nou in elk geval koekies bak op die braaivleis vuur 😀

6 07 2011
Xena Phoenix

Ek dink as die vuur warm genoeg is en die plaat reg, behoort jy dit te kan doen. Jy kan beslis kluitjies op ‘n vuur maak. Kluitjies bak – dit doen ‘n mens gewoonlik sonder ‘n vuur of ‘n oond.

6 07 2011
MaanKind

Dumplings!
Ek wou nogal souskluitjies maak die week vir die kinders, maar het toe daardie souserige sjokoladepoeding gemaak.
Vir souskluitjies werk die ou resepte dei beste. Die Kook en Geniet s’n.

6 07 2011
Xena Phoenix

A ha!!! Hier is nou ‘n verskoning duisend.

Almal, veral my tweeling, luister gou hier. Ek het nooit kluitjies probeer maak nie, ek het souserige sjokolade poeding gemaak.

6 07 2011
Selene Phoenix

Eers cupcakes nou souskluitjies! Wats volgende!? 😉

Ek gaan vannaand probeer! Sal ‘n foto neem! Moet mens die meel sif? Ek het nie so iets nie 😯

Ek kan kos maak as ek wil, het nou die aand skaap nek gemaak met aartappels, rys en groente! Maar die laaste paar weke sukkel ek om sover te kom om kos te maak… die koue help nie!

6 07 2011
Xena Phoenix

Jy beter jou foto ook opsit. Dit is nogal ‘n groot resep – moet dus nie eers moeite doen om vooraf kos te maak nie.

Beesstert sal op ‘n dag soos vandag nogal goed afgaan.

6 07 2011
leonvonmoltke

In Duits is kluitjies knödeln en in Tjeggies knedliky (siende dat Olga nou reeds die antwoord gegee het 😉 )

6 07 2011
Olga

😆 selene, meel moet altyd gesif word om lug in te kry. Maar as jy te ver van pep is, wdf, gaan voort daarsonder. Jy gaan tog n klitser gebruik. 😉 van pep is, wdf, gaan voort daarsonder. Jy gaan tog n klitser gebruik. 😉

6 07 2011
Selene Phoenix

😆 Dankie Olga… my kluitjies gaan nou maar net sonder lug wees 😉 As dit flop blameer ek iets soos my Tweeling! 😉

6 07 2011
Sonlig

Ek hou juis van hulle as hulle toegeslaan is – seker maar my kommin streep!

6 07 2011
Xena Phoenix

Wat as dit met ‘n wurmpie toegeslaan het?

6 07 2011
Xena Phoenix

Blameer die sif, nie vir my nie. 😉

TSK!!!! Ek trek sommer jou hare en byt jou arm as ek my sonde nie ontsien nie.

6 07 2011
Olga

nie baklei nie. Jy het jou 2ling mooi geleer. Lees mooi, sy se sy blameer sommer iets soos jy(doen) nie vir jou nie. sy blameer sommer iets soos jy(doen) nie vir jou nie.

6 07 2011
Selene Phoenix

Luister vir Olga Tweeling *trek Xena se oor dat hy so punt staan*
Ek blameer jou nie… ek gaan iets blameer!

Grrrr

6 07 2011
Xena Phoenix

*skop Selene teen die skeen – HARD*

Los my ore uit en gaan haal jou sif eerder uit die sandpunt uit!

6 07 2011
Selene Phoenix

O so ek het ‘n sif!! Wat jy nogals waar gekry het om in die sand meer te speel?? Huh?
*Kung Fu Panda Xena dat sy agteroor bommalaliesie*

6 07 2011
Xena Phoenix

😈

*Gooi vir Selene in die swembad in*

Jy het dit gebruik om modderkoekies te bak toe jy daarin wou lug sit.

6 07 2011
Olga

WAT GAAN HIER AAN? LAK NET GOU VIR OOM DAANTJIE LOOP UITGRAWE!!!

6 07 2011
Selene Phoenix

NEE ASB OLGA NET NIE OOK DAANTJIE NIE!!

*Gaan kruip agter Xena weg met haar sop nat klere en ruk van die koue… en probeer haarself droog skud soos ‘n hond en maak Xena lekker nat* :mrgreen:

6 07 2011
Olga

slaan nt gat en droe gat so n paar strepe.
LOOP TREK NOU DROOG AAN!!! DEMMIT!!!

6 07 2011
Xena Phoenix

Wat raas Olga so?

Seker weer in die OMO boks gaan wegkruip.

*Staan heel per ongeluk op Selene se toon*

6 07 2011
Selene Phoenix

Ek dink dis tyd dat ons die sterretjies kombuis bietjie verf… ek dink daai OMO boks maak dat Olga oral sterretjies sien as sy “wasgoed” doen!

*Hol vinnig weg met seer toon, en gooi haar nat skoen agterna teen Xena se kop*

6 07 2011
Olga

het jou gat nie genoeg gebrand nie xena? Ouma wip het die omo box hier weg. Tjk! Nou sit ek sonder versterkwater. GAAN TREK NOU DADELIK DROOG AAN!!!der versterkwater. GAAN TREK NOU DADELIK DROOG AAN!!!

6 07 2011
Olga

gou vir selene regsien. Sie ek di telge in n #*#+ boks druk en na hul ouma wip pos.

6 07 2011
Xena Phoenix

*Klap Selene teen die kop*

Waarheen hardloop jy dalk? Ons moet oom Daantjie vir Bessie voer. Ek sweer, die goed in die OMO boks is seker al gif.

6 07 2011
Selene Phoenix

*Trek Xena se anner oor* Luister jy nie as Daantjie praat nie… ons moet droog gaan aan trek en viola! Ek is nou mooi droog en skoon!

Ons moet eerder daai OMO boks vir Bessie voer! Daantjie was ok, dink dit was meer mis as enige iets anders!
*Koes vir Olga*

6 07 2011
Olga

het jy nie gehoor nie xena? Ouma wip het die oumabox. Bessie! KOM BYT DIE TELGE VAN SATAN.

6 07 2011
Xena Phoenix

Bessie weet tog ons is nie kos nie. En ons almal weet dat daardie Omo boks net op ‘n ander plek weggesteek is sodat Olga nie hoef te deel nie.

*Trek Selene se hare en klim op die dak.*

6 07 2011
Olga

bly daarbo.! Selene, stoep toe. As ek julle weer gryp, sal oom daantjie oortyd werk. Dem.

6 07 2011
Selene Phoenix

Dis unfair Tweeling! Ek sukkel om op die dak te klim… wag so bietjie… waars daai leer!

Jy het dit seker ALWEER weg gesteek ne Tweeling!!! 👿

*Hardloop in die huis in, en kry die waterpistool*

6 07 2011
Olga

*brom* nie eers n bietjie obs in die tenk nie. Tjk! vandat willekind gaan manvang het in die adultshop is alles ook blerrie leeg.

6 07 2011
Xena Phoenix

🙄

Van wanneer af gebruik jy ‘n leer om bo te kom? HUH? Raak jy oud of raak jy vet?

6 07 2011
Xena Phoenix

En hier is altyd ‘n spul ou mense wat suip!

Selene, waar het jy die OBS weggesteek?

6 07 2011
Olga

4kit. Ek gee oor. Baklei tot jul bly le. Ek gaan mugg en bean toe. Alleen.
Jul kan maar baklei. Met al dari roll kolle gaan jul nerens met my nie. Kom bessie.

6 07 2011
Olga

wat soek jy obs voor? Ek het gese BAKLEI!

6 07 2011
Selene Phoenix

Vat my saam Olga!! *hang aan Olga se broekspyp en sleep agtena*

We la ka pêla ek gaan Beker en Boontjie toe… bly jy maar da bo Tweeling! *Steek tong uit*

6 07 2011
Xena Phoenix

Baklei maak ‘n mens dors!!! TSK!!!!

Selene het seker alles opgesuip toe ek weg was.

6 07 2011
Olga

wat hang so swaar aan my been? Jou klein merrie. Kyk hoe lyk jy. Jou hare staan in alle windrigtings en jy is besmeer vani stof. Met sulke snotstrepe oor jou wange. Nee, sies. Meisies lyk nie so nie.

6 07 2011
Selene Phoenix

Sjoe Olga, dissi my skuld jy loop so vinnig nie! Wanneer laas het jy hier gevee Tweeling!? Sies ons bly nie in ‘n varkhok nie! Gaan haal asb daai besem van jou!

Of het Olga hom weer geleen??

6 07 2011
Xena Phoenix

Die heks maak huis skoon, nie ek nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: