Wat het geword van sportmanskap?

4 07 2011

As trotse lid van die Daan Retief Kinderklub, het ek elke maand 2 fiksie en 1 feite / aktiwiteitsboekies gekry.  Alles was natuurlik verslind gewees en vandag nog onthou ek van die brokkies.

Soos die eerste geval van sportmanskap.  Dit was tydens een van die eerste Olimpiese Spele gewees.  Die ou wat voorgeloop het, het van sy fiets afgeval.  Die persoon wat agter hom was het toe hy gesien het wat gebeur gestop en gewag dat die een wat geval het weer op fiets kon klim en verder ry.  Die sport en sal ek sê eerlike mededinging was belangriker as die goue medalje.

Vandag moet daar ten alle koste gewen word.  Al moet jy bo-oor iemand ry om tog net vinniger by die wenstreep te kom.  As ek wil regverdig wees, moet ek seker in ag neem dat professionele atlete betaal word om te wen.  Dit het ‘n invloed op hulle borgskappe as hulle nie doen wat verwag word nie.  Sportmanskap koop nie eilande of privaat stralers nie.  Tog het dit – sover ek kan sien – ook op amateurs afgesmeer.  Niks is belangriker as wen nie en dit moet ten alle koste gedoen word.

Natuurlik het dit nie net op sportbaan gebly nie.  Neem maar realiteitsprogramme, veral Survivor.  Die blote feit dat daar ‘n miljoen op die spel is, beteken dat iets soos integriteit heeltemaal oorbodig is.  Mense kan verneuk, ondermyn en bedrieg en dan nog boonop verwag dat almal dit net as ‘n speletjie gaan sien.  Hulle verwag dus om daarvoor vergoed te word en nie dat dit nie teen hulle gehou moet word nie.  Praat van jou brood aan altwee kante botter.

Ten spyte van regverdige kompetisie reëls sien ek alhoemeer dat besighede deesdae eerder hulle kompetisie in die voet skiet as om self te bewys dat hulle die beste is.  Aanvanklik was dit baie skerp, maar nou word dit net te veel gedoen.  Ek dink daar is ‘n wet wat behels dat die een groep nie ‘n ander by die naam hoef te noem nie.  Daar is egter ander maniere.  Soos Neotel se enigste kompetisie is Telkom.  In hulle geval is dit seker ‘n geval van terugkry.  Neem Cell C wat Vodacom om elke hoek en draai vol modder gegooi het.  FNB vat weer die pakkette van ander banke om te wys hoeveel hulle na bewering beter is en Dail Direct steek weer draak om die strand advertensie.

Ek is seker naïef om te verwag dat mense nog mooi moet speel.  Is ek verkeerd as ek goeie sportmanskap onder dieselfde vaandel as integriteit plaas?  Dit is lekker om te wen, maar teen watter prys?  As jy jou siel langs die pad verloor, is dit die wen werd?

Sportmanskap vir my is regverdige mededinging.  Waar jy regverdig wen of verloor volgens jou vermoë en nie die teëspoed wat jou teenstander gekry het nie.  En waar jy onder geen omstandighede vir jou teenstanders teëspoed maak nie.

Hoe kan jy die beste wees as jy eintlik maar net modder gegooi het?

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wanneer was die eerste Moderne Olimpiese Spele gehou?

Breinlosbrand:  Jagter was reg met Sherwood Forest.


Aksies

Information

7 responses

4 07 2011
Olga

Eerste!!!!
1896????

Sport word gespeel, tog het die speel in ‘ n titaniese stryd ontaard wat heeltemal belaglik is. Mense het so geld mal geraak, integriteit, eer, vriendskap en menslikheid is nou bloot bysaak.

5 07 2011
J W W

Wel, ek sie dit so, as integriteit en regverdigheid vir jou belangrik is word ‘n regter – sport gaan oor wen en geld, want adverteerders is baie baie bewus hoe sport-mal die mense van die klein blou planeet is. Daar is nie ‘ n tweede plek nie – dis of eerste of laaste. . .

5 07 2011
demoerin

‘n Regverdige wen binne die reëls van die spel is baie cool. Ek sal die eerste persoon wees om jou geluk te wens. Ek het egter ‘n kleintjie dood aan vuil spel, en dit is vir alles van sport tot besigheid. Ek glo ook aan die blinde sambok, en glo daardie vuilspelers se ondergang gaan kom. ‘n Vinnige voorbeeld is Schalk Burger – ek gee nie om hoe hard hy speel nie, hy is ook ‘n uiters vuil speler, en daarom like ek hom niks. Kyk vir Butch James, in sy eerste game op Suid-Afrikaanse bodem hierdie jaar word hy afgestuur! Hy kannie ‘n ou duik sonder om omtrent sy nek af te breek nie.

Wat sad is, is dat dit so algemeen word, hierdie slim vuilspel veral, dat hulle dit al vir die kinders op laerskool aanleer. Hulle ken nog nie eers behoorlik die reëls vir die korrekte grondslag nie.

5 07 2011
leonvonmoltke

Daar is ‘n lyntjie (wat seker vir elke mens anders is) tussen vuilspel en sportmanskap. Ek probeer altyd aan die sportmanskap se kant van die lyntjie bly.

5 07 2011
Selene Phoenix

Ek sal eerder 2de kom as wat ek onregverdig wen! Mense sal altyd sê jy het nie verdien om te wen nie ens ens…

En die ref’s moet ook bietjie hier kom lees! Van hulle is regtig aspris!

En laastens, die tennis spelers moet asb ophou so kreun en steun, dis nie deel van die sport nie, klink stupid en maak dat jy iets anders sal kyk!

5 07 2011
Olga

selene
die tennisspelers vind seker die kreune en steune vLeeslik eroties.

8 07 2011
toortsie

En waar daar nie “baantjies vir boeties” was nie. Want vanaand wil ek lekker slaap en weet ek het my beste gedoen. As iemand beter was as ek, wens ek hom alle voorspoed toe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: