Nie eers my voete ryk nie

4 07 2011

Ek het regtig ‘n ander skrywe gehad, maar tussen MTN, die koue en / of WordPress het dit tussen neus en ore verdwyn.  Ek gaan dit nie oortik nie.  Ek beskou dit eerder as ‘n teken dat ek moet bitch en moan.

Ek lees gister dat die Minister van Gesondheid,  Aaron Motsoaledi, by die Cosatu vergadering vertel het dat dit tyd is dat ryk Suid-Afrikaners armes se gesondheidskoste deur die NHI sal moet finansier.  Soos altyd wanneer daar van ryk Suid-Afrikaners gepraat word, rys my hare en is ek dadelik op die verdediging.  Hoekom?  Geen regdenkende mens kan my tog as ryk sien nie.

Ek kry dit wel met ‘n bietjie genade reg om my eie verblyf, vervoer, elektrisiteit en selfs belasting en tv lisensie te betaal.  Ai tog, ek betaal selfs vinger alleen vir my glorified hospitaal plan.  Nie omdat ek geld het om te mors nie, maar omdat ek nie my lewe in ‘n staatshospitaal wil waag nie.  Al was ek in ‘n staatshospitaal gebore gewees, maar toe was dit ‘n heel aanvaarbare plek gewees.  Ek was egter te klein om te onthou.

Dit beteken geensins dat ek ryk is nie.  Vergelyk nou maar my ou loontjie met die salaris van Motsoaledi.  Ek moet ‘n aantal jare werk dat ek hop voordat ek by amper 2 miljoen uitkom – hy kry dit in ‘n jaar net om mens die duiwel in te maak en die massas op te sweep teen die rykes.  Wat hom en sy mede ministers natuurlik uitsluit.  Daarby kry hy volle luukse behuising, medies, 100 toelaes en vlieg hy besigheidsklas orals na waar hy wil wees.  Weer ‘n geval van wys vingers na iemand en drie wys terug?

Wat is ryk in elk geval?  Vandag is baie mense in Suid-Afrika miljoenêrs (ek is helaas nie eers een van hulle nie) en selfs hulle voel nie ryk nie.  Hulle het ‘n huisie gekoop en dit met bloed, sweet en trane oor 20 jaar afbetaal.  Terwyl hulle self maar op die broodlyn was.  Hulle huisie is vandag dalk meer as ‘n miljoen werd, maar nie terwyl hulle daarin woon nie.  Wanneer die huisie verkoop is, is die geld nie eers genoeg om mee af te tree nie.  Kan ek dalk weer noem dat die minister in ‘n jaar meer kry as wat ‘n skaflike gesinshuis kos?

Nou hoekom word daar elke keer na die middelklas gekyk wanneer daar van ryk mense gesteel word?  Ek weet van niemand wat nie gewerk het vir wat hulle met moeite bymekaar geskraap het nie.  Hulle het dit beslis nie gesteel nie.

Dalk is my idee van wat ryk is verkeerd.  Blameer dit op televisie.  Ek dink ryk mense is die wat agter in ‘n limo sit en rond gery word.  Hulle het butlers en bediendes wat absoluut alles vir hulle doen.  Hulle bly in herehuise met 80 slaapkamers en besit maatskappye wat biljoene werd is.  Hulle gebruik ‘n helikopter as die N1 stilstaan en het ‘n privaat straler om gou-gou die sonsondergang in die Kaap te waardeer.  Hulle het kluise so groot soos huise om al hulle juwele toe te sluit en hulle trek ‘n kispak aan vir aandete.

Hoe het die mense wat raap en skraap vir ‘n lewe skielik ryk geraak?  Goed, daar is dalk ‘n witbrood onder my arm, maar die bakkery behoort nie aan my nie.

Breinvasbrand:  In watter woud het Robin Hood gebly?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1923.

Advertisements

Aksies

Information

18 responses

4 07 2011
MaanKind

Om ‘miljoenêr’ te wees, kan mens ook maar ‘n broodlyn lewe voer.
Hier is ‘n hipotetiese geval.
Bly by die see, in huis (afbetaal, en geen ander skuld nie) wat R4M werd is. Het miljoen in die bank. Leef skaars. Huis moet onderhou word, munisipale rekening is ongeveer die helfte van wat mens per maand rente kry op ‘n miljoen in die bank.
Hier is baie sulke miljoenêrs waar ek woon, wat skrapser leef as die meeste jongmense.

4 07 2011
Xena Phoenix

‘n Miljoen is vandag nie regtig iets om oor opgewonde te raak nie.

Gesteel nou die hipotetiese geval kry 10 % ‘n jaar, is dit maar R8300 ‘n maand. Dan kom die eiendomsbelasting (is dit daar ook ‘n persenstasie van die waarde van die huis), die elektrisiteit (ekstra, want dit is ryk mense), medies ens af. Hoeveel bly van die R8300 oor vir 2 of meer rykmense om van te leef.

Geld beteken niks deesdae nie.

4 07 2011
jagternw1976

Sherwood Forest, in Nottinghamshire.

4 07 2011
Olga

wanneer die magtige anc witmense uit die land verjaag het (he he he) met hul gryp en vat wette, jaag hul die armes almal in die see en teer op of verteer mekaar.

4 07 2011
Xena Phoenix

Ek mag dit seker nie sê nie, maar snaaks hoe daar nie na swart of indiër mense verwys word wanneer daar van die ryk mense gevat wil word nie. Of selfs van die regtige ryk elite nie.

4 07 2011
demoerin

Mens raak ryk deesdae met staatstenders en bedrog eerder as om hard te werk vir jou geld. Ongelukkig is dit die wat hard werk vir hulle geld wat die geld bydra vir die staatstenders en bedrog. Ek gaan nog eendag ongenooid vir een van daai fancy parties opdaag – my taxgeld het mos my uitnodiging “gekoop”.

4 07 2011
Xena Phoenix

Ek dare jou! Maak seker jy drink net blue label Johnnie Walker, anders gaan hulle jou uitvang.

Ek sien al die opskrifte.

4 07 2011
noutoe

Hoekom daar na die middelklas gekyk word? ‘n Ekonomies sterk middelklas is die grootste vyand van politieke indoktrinasie. Politieke indoktrinasie word vergemaklik in ‘n milieu van grensgeval ekonomiese wanhoop-armoede en ondergeskikte skolastiese en sosiale opvoeding. Politieke sekuriteit word verseker in ‘n milieu van ekonomiese reuse. Met ander woorde: in ‘n demokrasie waar regeringsmag afhanklik is van meerderheid stemme, word gefokus op die ryk reuse se steun, net soveel as op die armste van armes se steun. Ekonomies middelklas burgers is meer geneigd tot polities onafhanklike denke JUIS omdat hulle persoonlik verantwoordelik voel vir die beskerming van hulle enkonomiese onafhanklikheid. Derhalwe is sodanige middelklas die groot vyand van die heersende politieke neiging wat staatmaak op politieke indoktrinasie en leë beloftes. Eintlik heel deursigtig.

4 07 2011
Xena Phoenix

Ek het eendag juis daarmee spot gedryf https://herriemerrie.wordpress.com/2010/04/15/die-anc-se-wenplan/ – nie juis dat dit snaaks is nie.

Ironies genoeg is politieke indoktrinasie juis ‘n groot vyand van demokrasie.

4 07 2011
noutoe

Dis asof jy die meester bloudrukplan van die heersende politieke party daar uiteengesit het. Dis juis die ekonomies middelklas burgers (versprei oor al die rassegroepe heen, maar deesdae kommerwekkend toenemend swart) wie by dieselfde denkrigting uitkom. Bevestiging van die gedagtegang is juis die fel aanslag wat veral die swart alternatief denkendes ontvang.

4 07 2011
Xena Phoenix

Baie welkom by die Merries

4 07 2011
Gerda. J

nou toe nou. daar leer die anti ook nou iets.

4 07 2011
Selene Phoenix

Ek val ook nie in die ryk klas nie… en die regering moet maar na my bank rekening kom kyk, skrik en weg hol want daar is nie meer geld vir hulle nie!

En as ek extra geld het gaan dit beslis nie na die armes toe gaan nie, want hulle gaan dit nie sien nie! Die vet bliksems, jammer ek bedoel katte wat soveel vrouens kan he as wat hulle wil en sing wat hulle wil gaan die geld vir hulself vat! Waar het jy nou al gesien kry die armes dit? Hulle wag nou nog vir hulle wasgoed masjiene en lopende water en krag!

4 07 2011
Xena Phoenix

Soos Celia ook noem -daar is daar geld in gesamel vir werkskepping. Twee vlieë met een klap. Die begrafplaas word versorg en mense kan met geld wat hulle verdien het, hulle kinders voer. En wat gebeur?

Die burgermeester steel die geld en party dit uit. Dit is om van te kots.

4 07 2011
Celia Neveling

Ek was vanoggend so kwaad dat ek behoorlik aan my pap gestik het. Een of ander nuwe burgermeester het voorgestel dat R 600 k wat bedoel was vir ‘n opheffingsprojek liewer aangewend moet word om vir haar inhuldigingspartytjie te betaal. En toe die DA tannie iets sê daaroor word sy aangesê om die burgermeester om verskoning te vra.

4 07 2011
Xena Phoenix

Mens moet nie koerant lees terwyl jy eet of koffie drink nie. Dit kan lewensgevaarlik wees.

Ek hoop die DA tannie het ‘n paar lesse by Dianne Kohler-Barnard gaan neem en die burgermeester mooi vertel.

4 07 2011
Olga

steel al om vir haar inhuldiging te betaal? Way to go! Maak dit sommer ‘all the way’ tjoeks toe.

4 07 2011
JWW

Demokrasie – Afrika Style (of is dit steel?)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: