DIT het ek nie verwag nie

2 07 2011

Die koninglike troue die naweek het nie juis my belangstelling geprikkel nie.  Ek het nie eers geweet dat daar ‘n Charlene Whittstock vir Suid-Afrika geswem het nie.  Wel, tot haar naam aan Albert s’n gekoppel was.

Om eerlik te wees, die verwysing na die Suid-Afrikaanse meisie het my half geirriteerd.  Sy is in Zimbabwe gebore, dus is sy ‘n Zimbabwiër.  Nie ‘n Suid-Afrikaner nie.  Wel, wat maak dit tog saak waar mens gebore is.  Wat saak maak is wat jou paspoort sê.

Ek het dalk nie gedink sy is ‘n Suid-Afrikaner nie, maar Monaco het moeite gedoen om Suid-Afrika te onthou. Nie net was die Suid-Afrikaanse vlag prominent langs die Monaco vlag nie, maar daar is ook verskeie Suid-Afrikaanse kunstenaars na die troue genooi. Sy is beslis nie skaam oor haar Suid-Afrikaanse wortels nie.

Die week is my belangstelling wel geprikkel.  Dit was amper soos ‘n sepie.  Die gerugte van hoe sy by die helikopterlandingsplek weggepraat is omdat haar voete begin vries het.  Kort daarna is daar die gerugte van Albert se ontrouheid en nog ‘n moontlike buite egtelike kind.  Daar was selfs iets dat haar paspoort afgevat is.  Intussen vertel Ryk mos ook dat hy persoonlik self gebel het en dat alles reg in daardie kamp is.  Dit was genoeg om my deeglik van die troue kennis te laat neem.

Ek het nagmerries gekry hoe Ryk Charlene voor die kansel wegraap.  Kyk, Ryk kom dalk nie met ‘n prinsdom nie, maar hy is baie aantrekliker as die prins.  Langer ook en sonder enige kinders.  Ek sal eerder met hom trou.

Ja, ja, hulle is gister al wettig getroud, maar dit is mos die kerk storie wat saak maak.  Dus sit ek nou hier om seker te maak dat Ryk nie Albert se hand in die as slaan nie.  Dit sal beter as enige fliek wees.

So land toe ek wel voor die TV op en kry ‘n baie aangename verrassing.  Die diens het skaars begin en daar word een van die gebede in Afrikaans gedoen.  Laaste ding wat ek verwag het.  Zimbabwiërs is mos nie bekend vir hulle besonderse groot voorliefde vir die boeretaal nie.  Wow!

Na die ringe geruil is, is daar ook los getrek met The Click Song.

Beslis een meisie van Benoni wat nie bang is om te wys sy is ‘n Suid-Afrikaner nie.

(foto’s gesteel by Nuus 24).


Aksies

Information

13 responses

2 07 2011
seegogga

Ag, ek was ook heel meegevoer oor die Afrikaanse gebed en clicksong! En gisteraand met daardie asemrowende skouspel van Jarre. se sy toe;ngiabonga. damkie, merci, thank you vir al die mense. Great. O ja, en as jy haar dalk sien paradeer erens met ‘n mooi egte leer handsakkie( so ‘n gouerige swarterige krokodilvel- sy gaan dit blykbaar volgende week hier in SA dra) dan moet jy weet my dogter het daardie handsakkie ontwerp en gemaak. Sy is hoofontwerper by Cape Cobra wat ongelooflike handsakke maak, wat meestal uitgevoer word Ameika toe. ( ek weet net nie hoe spel mens daardie eerste dankie nie)

2 07 2011
Olga

die ander benoni grl, skuus, tannie, ken nie loyaliteit nie. Seker omdat namibia haaq ook nie wou he nie. Ngbonga mama.

3 07 2011
MaanKind

Ons was skoon geskok toe ons die Afrikaans hoor!

3 07 2011
Xena Phoenix

Die wat die troue so met die een oog gekyk het . . .

Was dit vir julle ook opvallend dat sy bittermin vir hom gekyk het?

3 07 2011
madele

AL wat ek raakgesien het, was die hartseer gesiggie en dat sy met haar hele liggaam WEG van hom gestaan het, hom amper geignoreer het… was ek ‘n oomblik weg toe die afrikaanse gebed gedoen is?? Het nie gehoor nie. Die enigste reaksie wat ek van haar kant af gesien het was met die click song. Nou wonder ek… was sy hartseer? Of is sy dalk nie ‘n borrelende mens nie en dat dit dalk maar haar gesigsuitrukking is? Sy is in elk geval baie mooi. ek was nogals trots op haar.

4 07 2011
Sonlig

Ek stem saam – sy het vir my ongelooflik hartseer gelyk.

Beeldskoon (haar rok sóveel mooier as Catherine s’n), maar SAD!!!

3 07 2011
JWW

Waar is monaco? dis mos in die oos vrystaat???

4 07 2011
Olga

ek dink monaco is in die caprivi of dalk angola?

4 07 2011
Selene Phoenix

Ek het net gedelltes gesien, en dit wat ek gesien het het sy nou nie juis gelukkig gelyk nie! Sy het omtrent nooit sy hand vas gehou of vir hom gekyk nie… self nie in die motor vir hom iets gese nie…

Maar dis net my mening, dalk is sy so mens.

En baie jammer, maar sy lyk nie vir my 33 nie? Of is ek nou regtig heeltemal te lelik?

4 07 2011
Sonlig

Ek sou graag ‘n interpretasie van Prinses Stephanie se lippe- en lyftaal wou hoor toe The Click Song gesing is. Het julle dit gesien?

4 07 2011
Xena Phoenix

Ek het nie gesien nie. Lees nou wel sy het glo al 3 keer probeer vlug. Dit laat ‘n bitter smaak as dit regtig waar is.

4 07 2011
Olga

Ag, komaan, Charlene is ‘n gesofistikeerde dame wat al die wêreld vol gereis het. Haar pa en broers was in monaco. Ek laat my nie vertel as sy wou vlug dat sy haar sou laat stop het nie.

5 07 2011
Charms

Ek het so tussen die rugby oorgeskakel en ‘n bietjie geloer na die troue. Sy het gladnie gelukkig gelyk nie – SAD. Gladnie soos ‘n bruid moet lyk as sy met haar prins trou nie. Ek koes solank, maar sy lyk baie ouer as wat sy is en ek het ook nie van die rok gehou nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: