Hoe om jou goue eiers te rek

1 07 2011

Soos ek die storie verstaan word Gautengers aangeskroef oor hulle leefstyl.  Vandaar die Wit Olifant Trein en die hemelhoë beplande tolgelde.  Onder andere.  Ek praat nou nie eers van wat eiendom of sommer ‘n huurhuis hierrond kos nie.

Ek is nie heeltemaal seker hoe Gautengers se lewenstyl verskil van iemand wat in Durban, Kaapstad, Victoria-Wes of Bray bly nie.  Ons staan in die oggende op (waarskynlik vroeër, want ons glo nog daaran om betyds by die werk te wees), trek aan, ry werk toe (waarskynlik langer per afstand), werk, gaan huistoe, eet, doen wat gedoen moet word en gaan slaap.  Soos almal anders.  Wat is nou so besonders aan ons lewenstyl?  Eintlik behoort ons korting te ontvang, omdat ons so baie op die stukkie aarde is.

Dan hoor ek nog boonop dat ons van vandag af meer vir elektrisiteit moet betaal.  Kyk nê, Vetsug is ‘n liederlike ding en dit is misdadig om die vet katte van Eskom nog vetter te voer.  Mens hoor net van massiewe winste en verhogings, maar word vertel dat hulle nog geld kort.  25% meer vir die jaar, hoewel dit party plekke tot 30% hoër is.

Goud het ook net soveel waarde en dit kan nie met die klap van ‘n eis verhoog word nie.  Die vraag is hoe ver kan jy jou denkbeeldige goue eiers rek?

Raak dit tyd om jou petrol met piepie te verdun?  Is dit na dese in die aande lees by kerslig?  Dalk moet ons net een keer ‘n maand bad en verder die geyser af los.

Wat is jou voorstelle?  En dit mag maar belaglik wees?

Het iemand dalk ‘n idee hoe ek ‘n pos op Eskom se bestuur kan kry?

Breinvasbrand:  Watter jaar is EVKOM/ESKOM gestig?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1961.


Aksies

Information

9 responses

1 07 2011
Olga

eerste!
1923?

1 07 2011
Olga

die regering van die dag is verantwoordelik vir die verhoging in elektrieseteitprys. Net die regering. Dis tyd om hul in die grondwethof te bestry. Hulle, maw die regering van die dag het die buitensporige verhoging van salarisse oop oe toegelaat i.p.v aan te dring dat enige topbestuur wie n groter verhoging in sy eie sak steek as wat die WERKERS van daardie firma aangebied word, moet summier ONEERVOL EN SONDER VERGOEDING IN DIE PAD GESTEEK WORD!!!
Hoekom is cosatu se groot sosialistiese bekke stil oor die murse verhoging in tarief in die aangesig van die murse murse verhoging van eskom TOPBESTUUR se salarisse.
Die regering van die dag het die buitelandse lenings vir die herstel van die paaie toegelaat terwyl hulle belastinggeld in verkeerde sakke laat beland, ek se die regering moet die lening betaal. Dis al 2 maniere om te besuinig.

1 07 2011
Selene Phoenix

Dis belaglik!!!! Ons moet almal kragloos gaan vir ‘n maand en staak! Seker ons kan elke aand braai, koffie maak op die vuur en ‘n koue stort vat… in die somer natuurlik! 😉 Ek weet ek kan doen met minder TV! 😉 En al die vet katte se krag gaan sny… in die winter!

Sommer ook nie werk vir ‘n maand nie… ons staak mos!

Ons sal wereld beroemd wees! Gaan amper wees soos kamp! LOL

1 07 2011
Olga

nerens heen ry nie. Waterpyp uit fat cat se swembad aanlê tuin toe. Nerens ry waar daar tolpad is nie. O, ja, niemand gaan mos werk nie, so sal nie nodig wees om te ry nie. Sal die blixems leer. Ek sê dit lankal.

1 07 2011
Xena Phoenix

Ek sal graag wil elektrisiteit steel by een of ander vet kat.

1 07 2011
JWW

Dit is afrika… ons wil graag terug gaan na die donker eeue !

1 07 2011
Olga

In die tussen tyd, sit soggens rys in die pot gooi die oorskiet kookwater in die ketel nadat jy die koffie gemaak het, oor die rys. Sit op die stoof net totdat dit begin kook. Sit die stoof af en die deksel op. Afhangende van hoe jy van rys hou, gaan daar min kook vanaand oor wees.

1 07 2011
Olga

Kook genoeg rys vir meer as een ete. Bêre die res in die yskas.

1 07 2011
Olga

As jy meer as een keer vir die week stowe of kookvleis gaan voorsit, kook als op een slag in die stowepot en hou vir klip uit die yskas.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: