Dans tot jy uitpass

28 06 2011

Ek was nog altyd gefassineer deur flieks waar iemand in ‘n hoekie begin sing.  Hy of sy begin dan stadig saam te dans en voordat jy jou oë kan uitvee dans die hele skool, stad of skou saam met die persoon.  Natuurlik net op die silwerdoek.

Tog was sulke massiewe dans tonele algemeen bekend tussen die 14de en 17de eeu.  Vandag word dit sommer Dans Manie genoem, maar dit was ook bekend as dans plaag, choreomania, St Johannes se Dans en St Vitus se Dans.  Die oorsaak daarvan is tot vandag toe nog onbekend.

Die Rottevanger van Hamelin se oorsprong kom waarskynlik van ‘n voorval van Dans Manie in 1237.  Kinders het al singende en dansende getoer vanaf Erfurt na Arnstadt.  In 1278 het daar soveel mense op ‘n die brug oor die Meuse Rivier in Duitsland gedans dat die burg in mekaar gestort het.  Die eerste voorvalle van die Manie was al in die 7 de eeu gewees, maar 100 eeue later het dit in geheel basies uitgesterf.  Die verbindenis met St Vitus gaan oor ‘n aantal vroue wat jaar na jaar die St Vitus Kapel in Drefelhausen besoek het.  Hulle het dan deur die nag gesing en gedans tot hulle uitgeput inmekaar gesak het.

Die Dans Manie het gewoonlik in moeilike tye voorgekom.  Dit was immers die tyd wat Europa geteister was deur vloede, plaag en hongersnood.  10 duisende mense sou sonder enige rede aan die dans raak en aangaan totdat hulle in mekaar gesak het.  Tot kon tot maande lank kon duur.  Niemand weet vandag of die mense die danse vooraf georganiseer, spontaan of gedwonge was nie.  Tog was die deelnemers nie heeltemaal by hulle positiewe gewees nie.

Ergotvergiftiging is dikwels aangevoer as ‘n rede vir die dans.  Hoewel hallusinasies met Ergot voorkom, kan dit nie die ander simptome verduidelik nie.  Ander simptome stem oor nie ooreen met breinontsteking, tifus of epilepsie nie.  Dit is opmerklik dat die dans gewoonlik begin is deur besoekers en dit is heeltemaal moontlik dat mense vir die snaaksigheid saamgedans het.  Musikante het dikwels die dansers vergesel om die manie te keer, maar hulle kon net sowel mense aangespoor het om saam te tans.  En so het die mense bly dans, tot hulle in mekaar gesak het of dood neergeslaan het.

In ‘n mate stem dit nogal ooreen met rave.  Dit kon dalk net ‘n voorloper van massa histerie wees.  Om een of ander rede laat dit my aan toi-toi dink.  Maar gelukkig het die dans toe wel in die middel van die 17de eeu gestop.

Breinvasbrand:  Wie is die “Lord of the Dance”?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Jack Worthing.

Advertisements

Aksies

Information

3 responses

28 06 2011
Olga

eerste!

28 06 2011
Olga

michael flatley is die danser wie daarmee geassosieer word. Die liedjie wil insinueer dat die lord Jesus is, dink ek.
Mens kry n senuwee siekte wat lyers se spiere spasmodies laat ruk wat st vitus dans genoem word.

28 06 2011
Gerda. J

dit verduidelik waar kom die toi toi vandaan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: