Agter elke suksesvolle kind

28 06 2011

Ek lees nou die dag van ‘n baie bekende Popsanger wat naam met ‘n piepstem gemaak het.  Hy het al as ‘n jong seun die skare aan sy voete gehad.  Natuurlik wou puberteit dinge, veral sy stem verander het.  Om dit te verhoed is sy testikels op ‘n baie jong ouderdom uitgehaal.  Hy het een van die grootste sterre van sy tyd geword en het miljoene gemaak.  Vraag is eerder of die miljoene sy testikels, ontwikkeling en kinderlewe werd was?

Ek het my bedenkinge of die storie waar is.  In geheel gesien, maak baie dinge nou perfek sin.  Tog, sou dit algemene kennis gewees het as dit wel waar is.  Geen normale mense sal na sulke uiterstes toe gaan nie.  Of sal hulle?  Dalk is die ouers van beroemde kinders bloot die uitsonderings.

Kinders wat vroeg-vroeg ‘n roemryke loopbaan het, sal seker altyd ‘n omstrede kwessie bly.  Aan die een kant is daar baie beslisde kinder arbeid wetgewing.  Dit gaan wel ‘n bietjie moeilik wees om ‘n 18 jarige as ‘n kleuter aan te sien.  Aan die ander kant, is die tipe lewe vir gewone mense speel.  Kinders doen tog konserte, waarvoor hulle ure lank oefen en dit sonder vergoeding.  Daar word basies verwag dat ‘n goeie skolier ‘n hele paar ure sport ‘n dag doen.  As die kind daarmee ‘n geldjie kan maak, hoekom dan nie?

Soos altyd is geld dalk die wortel van alle kwaad in die geval.  Hoe ver word daargegaan om die geld te bekom?  En vir wie is die geld bedoel?  Glo dit of nie, maar baie van die fanatiese ouers spandeer die kind se geld met lus.  Daar is selfs ‘n wet in Amerika waarvolgens ‘n gedeelte van die kind se inkomste gevries moet word tot hulle dit self kan benut.  Vir die meeste mense is hulle kinderjare goue herinneringe, maar is dit altyd die geval met kindersterre?  Niemand verwag tog ooit dat die kind die hoofbroodwinner moet wees nie, maar dit is presies wat gebeur met baie van die gevalle.

Daar kan geargumenteer word dat dit die kind se droom is wat uitgeleef word.  Tog is dit ook opmerklik dat die ouers dikwels te vergeefs in hulle verlede probeer het om sukses te maak in die spesifieke geval.  Wat as die kind se droom verander?  Fanatiese ouers sal nie net so aanvaar as hulle “performing monkey” aftree nie.  Dit kan ‘n lewe van luuksheid nek omdraai.

Dikwels wanneer van die wonderkinders volwassenheid behaal, wil hulle niks van hulle ouers weet nie.  Juis omdat hulle voel dat hulle in ‘n blik gedruk en uitgebuit is.  Daar is egter ook baie van die sogenaamde wonderkinders wat sonder issues deur die lewe gaan.  Wat net bewys dat dit nie noodwendig ‘n slegte ding was nie.  Tog het die laasgenoemdes se ouers se skandes nooit hulle loopbane oorheers nie.

Wanneer moet ‘n kind toegelaat word om ‘n wilde droom na te jaag?  Hoe word daar verseker dat dit die kind se droom is en nie die mal ouer nie?

Breinvasbrand:  Watter rol het Leonardo DiCaprio

Breinlosbrand:  Olga was reg met Michael Flatley.


Aksies

Information

14 responses

28 06 2011
Growing up Dane

Breinvasbrand: Gilbert Grape in What’s eating Gilbert Grape?

29 06 2011
Xena Phoenix

😳

Ek het nooit die vraag klaar gevra nie. Jammer.

28 06 2011
Olga

Testikels uitgehaal om te sing? Vertel my tog dat dit MJ was???? Meeste ouers buit hulle kinders se talente skaamteloos tot hulle eie voordeel uit. Dikwels hoor jy na volwassenheid nooi weer van die kindersterre nie.

29 06 2011
Sonlig

Ag ja Merrieperd- vertel ons wie dit was!

29 06 2011
Xena Phoenix

Ek kan nie die gerug bevestig nie, so julle moet maar self raai. 😉

Party mense weet ook nooit om te stop nie.

29 06 2011
demoerin

Dis ‘n tameletjie vraag. Tog glo ek die kind moet toegelaat word om te kies wat hulle wil doen, aan die anderkant is die lewensles dat jy gaan klaarmaak waarmee jy begin het.
Ek is totaal gekant teen die ding dat ouers hulle kinders druk om hule eie onvervulde jeugdrome uit te leef. Dit is plein stupid.

29 06 2011
Xena Phoenix

Ek ken iemand wat sy kinders enige iets onder die son laat doen het. Die voorwaarde was dat hulle vir ten minste 2 jaar moes volhou. Party kinders wil alles doen, maar wanneer dit nie is wat hulle hoop nie, wil hulle opgee.

29 06 2011
Grim Reaper

Dis ‘n moeilike een… ek glo die ouers kan dit maak of breek vir ‘n kind! Jy kry ouers wat ‘n kind druk om bv. ‘n rekenmeester te word want almal in die familie is, maar hy/sy lewe nie hul droom uit as danser nie. (daars so baie flieks al daaroor gewees)

Maar in die ander kant, as die ouers druk dat die kind iets doen waarin hy/sy goed is en ‘n sukses daarvan maak dan blameer die kind die ouers (wat ek verstaan) So hoe trek mens die lyn?

Ek weet as my ouers my meer gedruk het, sou ek seker gaan swot het of meer aan sport deelgeneem het… ek weet nie? So blameer ek hulle nou?

Daar is seker maar ‘n rede vir alles, solank mens net nie te wild gaan soos die bogenoemde en drastiese stappe neem nie!

29 06 2011
Xena Phoenix

Ek dink die probleem kom in wanneer iemand (ouer of kind) fanaties raak. Dit kan nooit iets goed afgee nie.

29 06 2011
turksvy

Ek dink ‘n bietjie druk is nie altyd ‘n slegte ding nie. Nou nie dat ek dit ooit gedoen het nie.

My oudste het in graad 1 musiek gedoen, en toe dit met sy rugby begin interfere het, het hy summier opgehou. Die musiekjuffrou het my moeg gebel. Ek moes hom ASB laat aanhou met musiek, hy het regtig talent daarvoor, het sy beweer. Ek het nie, en vandag is ek spyt daaroor.

Aan die ander kant het daardie selle kind van my sy liefde vir rugby uitgeleef. Niks was ooit te veel moeite nie – en vir ‘n baie lui kind, se dit nogal baie. Vroeg opstaan vir ‘n wedstryd, ure oefen elke dag…hy het dit met oorgawe gedoen.

Ek dink dis hoe mens weet ‘n kind leef sy eie droom: as hy dit uit sy eie doen, sonder aansporing.

29 06 2011
Xena Phoenix

‘n Bietjie druk, self baie druk het niemand al ooit iets gemaak nie. Solank daar ‘n balans is.

29 06 2011
Gerda. J

bietjie druk is goed. baie druk is beter. waar dit skoolwerk en lewensvaardigheid betref. maar om n kind se testikels te laat verwyder is verby ekstreem. dit verduidelik hoekom party sulke stywe broeke gedra het. dan worder ek nou dink jy rappers se testikels word gerek dat hulle sulke groot broeke dra?

29 06 2011
Xena Phoenix

Daar was blykbaar jare terug ‘n advertensie oor die BeeGees se jeans. Hoe die ou elke keer ‘n kleiner jeans aangepas het tot hy die regte toon het. Dit is dalk moontlik.

Noudat jy praat. Ek dink nie ek het ooit al ‘n knop by die sanger gesien nie en sy broeke was besonders styf.

29 06 2011
Olga

wha ha ha ha. Seker met n tou om n baksteen dat hulle soveel broek nodig het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: