Wreede Ontnugtering

27 06 2011

Ek het al gehoor van ‘n geween wat die dooies sou opwek.  Ek het dit natuurlik nie letterlik gevat nie, ek meen destyds in die Kaap het die rykes mense gehuur om te kom ween op ‘n begrafnis.  Niemand is sodoende opgewek nie, hulle het gelukkig later die lawwigheid laat staan.  Dit blyk nou dat ek verkeerd was.

Fagilyu Mukhametzyanov (49) het op haar eie begrafnis wakker geskrik van almal wat rondom haar kis geween het.  Toe sy besef het wat gaan aan, het die arme vrou aan die gil gegaan.  Ek is seker sy was nie die enigste een wat gegil het nie.  ‘n Hele paar van die begrafnisgangers het seker ‘n paar dinge aangevang waaroor daar nie gepraat is nie.

Natuurlik het arme Fagilyu se hart dit nie gehou nie en sy is 12 minute na haar aankoms in die hospitaal dood.  Wel, so hoop die dokters.

Dit laat ‘n mens nogal wonder hoeveel mense word lewendig begrawe en word eers wakker onder die grond?  Hoe keer jy dat dit gebeur?  Ek hoop maar orgaan skenking is genoeg.


Aksies

Information

5 responses

27 06 2011
Gerda. J

dis hectic. wragtig.

27 06 2011
Flintie Stone

Ek is bitter jammer, maar ek skree soos ek lag! Hallo jy, ek was so rukkie skaars maar gaan meer inloer. xxx

27 06 2011
Olga

Dis is ‘n scary gedagte, wragtig.

28 06 2011
Selene Phoenix

Nee kyk, dis hoekom ek veras gaan word! Dis een van my ergste nagmerries om daar wakker te skrik ses voet onder grond!

Het hulle nie in die ou tyd klokkies gehad wat mens kon lui om te wys jy lewe nog daar onder grond nie? So iets gehoor en dis ook waar die terme “saved by the bell” vandaan kom – ek kan verkeerd wees!

28 06 2011
Xena Phoenix

Dit het blykbaar ontstaan net nadat die Iere Whiskey ontdek het. Hulle het soms mense wat hulle roes afslaap begrawe. Later het hulle agter gekom van die mense is lewendig begrawe. Om dit te keer het hulle ‘n klokkie aan iemand se arm vasgemaak. Hy kon dus die klok lui as hy begrawe was. Dit is waar Save by the Bell vandaan kom.

Graveyard shift was weer van die arme ou wat moes wag vir enige klokke in die begrafplaas om te lui.

Dit is net wat ek gehoor het. Maak ‘n interessante storie, maar ek sal nou nie my kop op ‘n blok sit dat dit waar is nie.

Lewer kommentaar op Gerda. J Kanselleer antwoord