Trust every man, just not the devil inside him

26 06 2011

Ek is nie juis veel gespin daarmee om reg voor die opening van die inkopiesentrum te parkeer nie.  Ek gryp gewoonlik die eerste parkering waar ek inkom en stap na die ingang.  Dit spaar my ‘n volle 10c op petrol, ek hoef my nie dood te soek na parkering nie en daar is nie ‘n spul karre wat jou kar met hulle deure krap nie.  Selfs die karnarre vermy die uiterste van die parkeer areas. 

Julle weet mos nou hoe gaan dit.  Jy draai ‘n bietjie langer as beplan en as jy jou oë uitvee moet jy in die donker na jou kar stap in ‘n afgeleë deel van die parkeer area.  Nie ‘n goeie idee as jou huis Suid-Afrika is.  Mens moet maar altyd bewus wees van die gevare.  In ‘n mate help dit jou om voorbereid te wees en nie net nog ‘n statistiek te word nie. 

Nou die dag het ek weer verder parkeer as wat ek van plan was om inkopies te doen.  Ek is juis oppad terug kar toe, toe ek hoor hoe iemand agter my begin hardloop.  Ek is jammer, my goed is my goed en ek deel nie graag nie.  Dit sluit my handsak in.  Ek kryp dit ekstra styf vas en klem my vuis om die leisels.  Reg om ‘n geveg op te sit, die plek is darem nou ook nie so verlate nie. 

Die hardloper kom verby en ek dink nogal so selfvoldaan dat hy gesien het my handsak is myne.  Ek kan mos van baie dinge beskuldig word, maar nie dat ek subtiel is nie.  Ek het egter nie geweet hy het ‘n maatjie wat saam met hom draf nie. 

Nie juis dat dit saak maak nie, ek het mos nie my handsak gelos nie.  Hy draf ook nietemin verby, maar draai in die draf na my om met my te praat.  “Sorry ma’am!  We are running for transport.” 

Natuurlik het ek soos ‘n eier gevoel.  Dit was ‘n baie onskuldige draffie en ek het van hulle misdadigers gemaak sonder bewyse.  Die teenoorgestelde kon ook gebeur het.  Ek kon gedink het dat hulle onskuldig is en minus my handsak en kar gewees het. 

Ek is egter seker dat ek nie die enigste een was wat al so iets aangevang het nie.  Het jy al grond toe geval toe daar ‘n klapper afgegaan het?  Het jy dalk iemand wat jou op die skouer tik met ‘n vuis gegroet?  Ken jy iemand wat ‘n situasie verkeerd gelees het en die grap van die jaar was?  Vertel ons so ‘n bietjie.

Breinvasbrand:  In “The Importance of Being Earnest” watter karakter was as ‘n baba in ‘n handsak gevind?

Breinlosbrand:  1955

Advertisements

Aksies

Information

15 responses

26 06 2011
Olga

eerste!

26 06 2011
Olga

ai, jai jai. Ek weet van n teertou wie gespog het dat hul in n mall n outannie se handsak gegryp en gehol het. Donners het net n gebruikte sakdoek en n naelvyl daarin gkry.

27 06 2011
Xena Phoenix

Jammerte daar was nie bietjie iets ingewees wat hom kon merk nie.

27 06 2011
demoerin

😆 Ek het al geskryf oor die dag toe die terroriste ons aangeval het….. http://demoerin.wordpress.com/2010/02/22/woordspel-die-terroriste-inval/

27 06 2011
Xena Phoenix

Jaaaaa – dit was skreeusnaaks. 😆 😆 Soos altyd wanneer kinders die wêreld probeer red.

27 06 2011
Olga

jack (worthing)

27 06 2011
toortsie

Ag, ek maak gereeld n fool van myself. Hier in ons omgewing was nou in 1 week 2 plaasaanvalle. Ek was weg en die plaasmense was nie bewus dat ek terug is nie. Skielik kom eben baie fishy deur my tuin gery. Hy sien sleg en hy gooi net n draai en weg is hy. Ek vra toe oor die radio wat hy daar gemaak het, wat het hy geinspekteer? Shame, hul soek toe net my hond! Hul het nie geweet eks terug en die hond was in die huis. Ek het goed stupid gevoel!

27 06 2011
Xena Phoenix

Julle op die plase moet senuwees van staal hê. Met plaasaanvalle, selfs met jarelange getroue werkers, kan ‘n mens nie te versigtig wees nie.

27 06 2011
Gerda. J

ek het al die panic knoppie gedruk toe besef dis my man wat vroeg van skof gekom het. toe moes ek hul bel en verduidelik. hulle het toe al n response span oppad gehad.

27 06 2011
Xena Phoenix

😆 😆 😆

Ek wonder wat die operator daarvan gedink het.

27 06 2011
leonvonmoltke

In SA is ons (veral mense wat in die stad bly) geweldig aggressief, ek dink dit het baie te doen met ons oorlewingsdrang. Dis bloot menslik om so te reageer.

27 06 2011
Xena Phoenix

Skuldig tot jy as onskuldig bewys is. Ek wonder op dit ooit weer gaan verander.

27 06 2011
Son

Eerder versigtige Jan as Dooie (Beroofde) Jan, maar ja, dit is seker maar naarderig om almal wat naby jou verbybeweeg te verdink. Ek hou in elk geval altyd my goed styf vas en hak sommer my handsak se band dwars oor my nek/skouer.

Wat my hartseer maak, is dat mens vroeër jare maklik vir ‘n oulike kind kon smile of dalk selfs ‘n roomys koop. Vandag waag mens dit eerder nie, want netnou dink die ma of pa jy is ‘n pedofiel.

27 06 2011
Xena Phoenix

Tannie Gypsy, daar raak jy nou ‘n ander storie aan. Die feit dat jy twee keer moet dink as jy met ‘n kind vriendelik wil wees. Tog, as dit help dat kinders nie gemolesteer word nie, is dit die moeite werd.

27 06 2011
toortsie

Ek smile sommer vir die kind en vir die ma. Dan moet sy darem kan sien ek is nie ‘n pedofiel nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: