Feetjie Gat

24 06 2011

Geskok steek ek gistermiddag voor my huis vas.  Waar daar voorheen ‘n tuin was, staan daar nou ‘n massiewe groot berg.  Waaroor ek moet klim as ek in vrede binne wil gaan koud kry.  Klim, met stewels wat gemaak is vir ‘n sypaadjie en ‘n spul inkopies by my.  Ek het dit eintlik half oorweeg om ‘n hotel te gaan soek, maar almal weet mos dat ek Xena Nuuskierig Phoenix is.

So is ek toe oor die berg, net om te sien dit is die heks en die feetjie wat so ywerig die berg bou.  Ek wil-wil my nou ook sommer wip, regtig, ek weet ek kort oefening, maar ‘n berg?  Elke oggend voor sonop en elke aand na sononder?  Die juffrouens was seker by die OBS in gewees.  Ek kry toe net daar stilstuipe en verdwyn eerder by die huis in.  Ek moes toe in elk geval dink hoe ek die twee gaan kry om die gat toe te maak.  Of dan ten minste waar ‘n mens bulldozers huur.

Ek het skaars my oë gesluit (dit het so gevoel) toe spring die twee op my bed rond so al asof hulle nie die hele aand gegrou het nie.  Is ‘n klein bietjie rus en vrede nou regtig te veel gevra?

“Jy moet kom kyk!” jubel die feetjie

“Ons het ‘n berg gegat” vertel die heks trots.

Soos wat die fee my uit die bed pluk, neem die heks dit sommer oor.  Ek het nog nie eers my pantoffels aan nie, toe snork sy al lustig.  Daar gaan enige verdere drome voor dagbreek.  Wat dalk goed is, as ek die berg moet oor, moet ek my in elk geval roer.  Half aan die slaap boender die fee my uit en amper tuimel ek in ‘n gat af.

“Wat op aarde het julle aangevang?” grom ek.

“Ons het ‘n diep gat gemaak.” lag sy.

“Ek sien so.  Waarom het julle die gat gegrawe.”  Ek kyk darem rond of hulle nie ‘n skat uitgegrawe het nie.  Die fee het tog nie ‘n skat nodig nie en die heks gaan tog net alles uitdeel.  Sy kan dit netsowel aan my uitdeel.

“Want jy moet kies!”  Nou dit is heeltemaal genoeg om my dadelik helder wakker te maak.  Die blerrie fee met haar blerrie keuses.

“Wat nou weer?”

“Jy kan een iemand en net een iemand by die gat afgooi.  Jy vertel my net die naam en ek toor hom hier.  Daarna sal die gat saam met hom verdwyn.”

Hmmm – net een mens?  Wie stel julle voor vir die gat?


Aksies

Information

6 responses

24 06 2011
Olga

malema!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!! MALEMA!!!!!!!!!

24 06 2011
Selene Phoenix

Hoor hoor!!

JM!! JM!!

24 06 2011
Sonlig

Die jurie is dit eens: Malema sal dit wees!

24 06 2011
Son

Jy moet kinderboeke skryf, Merrie!

Ek wil iemand anders in die gat afgooi, maar ek kan nie hier sê wie nie. Ek sal dit in die heks se oor fluister 👿

24 06 2011
JWW

Ja nee kyk – daar is rerig net een keuse….. en die mense het dit klaar gemaak !

25 06 2011
toortsie

Oe, en terwyl ek dit lees, is ek so dankbaar dat dit tot op hierdie minuut nie EK is wat jy gekies het nie!:-P

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: