Soet, stout, goed en kwaad

23 06 2011

Iemand vertel my nou die dag, nogal half afkeurend, dat ek so ordentlik is.  Haar afkeuring is haar probleem, maar dit het my nogal laat wonder wat ordentlik veronderstel is om te beteken.  Ek sou myself in ‘n 100 jaar nooit as fatsoenlik of behoorlik beskou nie.  My maggies man, ek is dan die voorsitter van die Paashaasbende, wat op aarde is nou so fatsoenlik daaraan.

Daar is ‘n uitdrukking van “Good girls go to heaven and bad girls go everywhere.”  Ek is nou seker nie die spreekwoordelike bad girl nie, dit maak my seker dan ‘n soet meisie.  So soet, dat ek vandag nog seker meer van die skoolreëls gehoorsaam as baie van die kinders wat nog op die skoolbanke sit.  Ek sal dalk my hare moet vasbind en van my juwele moet bêre om in Juffrou se goeie boekies te kom.  In daardie lig gesien, kan ek dalk die afkeuring verstaan.  Tog, ek is tevrede daarmee en ek moet met myself saamlewe.

Een van die lewe se kontraste is seker maar dat soet nie noodwendig gelyk is aan goed nie.  Net so is stout nou nie noodwendig gelyk aan boos nie.  Neem maar die goed waaroor daar ‘n groot bohaai op skool opgeskop is, om rook nou as ‘n voorbeeld te neem.  As jy in skool gevang vas dat jy rook, dan was jy so goed soos Satan se sussie.  Rook was van die bose – behalwe nou vir die paar onderwysers wat self agter die deur staan – en daar was niks goeds vir jou siel voorspel nie.  Tog, na skool is dit duidelik dat jou sieleheil niks te maak het daarmee of jy rook of nie.

‘n Soet meisie word seker gedefinieer as iemand wat die reëls nakom.  Hulle rokke is altyd minder as 13 cm bo hulle knieë, hulle rook nie, hulle word nie dronk nie, hulle slaap nie rond nie, hulle naels is kort en netjies en hulle groet altyd hulle seniors.  Maak dit van hulle ‘n goeie mens?  Jy kan immers baie lewens vernietig sonder om een reël te oortree.  Net so kan jy elke geskrewe reël oortree en meer mense ophef as iemand wat niks verder as foute sien nie.

Dit laat ‘n mens wonder hoekom die reëls gemaak word en of dit ‘n goeie ding is.  Aan die ander kant moet daar seker ‘n basiese riglyn wees wat gevolg kan word – met rede.

Dalk is ek ordentlik, dalk is ek bekotsingswaardig soet, maar hopelik sterf ek eendag as ‘n goeie mens.  Dit is tog op die einde al wat saak maak.

Is jy soet of is jy “naughty, but nice”.  Hoe voel jy oor soet mense?

Breinvasbrand:  Wanneer is “Rebel without Cause” van James Dean uitgereik?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Kanō Jigorō

Advertisements

Aksies

Information

9 responses

23 06 2011
thestonemaidendiaries

Solank as wat die soet mense inherent good people is….

23 06 2011
murphy

Weet jy, ek wonder baie oor dieselfde ding. Ek sal bv sekere ‘reëls’ wat ek vir myself gemaak het, net nooit as te nimmer orrtree nie. Maar ander goed wat deur die samelewing as ‘n gegewe reël beskou word, vee ek my aan af.

Ek is naughty and nice.

23 06 2011
Olga

ek wil naughty but nice wees. Jy kry mense met die mooiste maniere wat bliksems is waar niemand van gesag naby genoeg is om te sien nie.

24 06 2011
leonvonmoltke

Ek is ERG anti-“Rulesss ies Rulesss” 🙂

24 06 2011
demoerin

Soet, i.e jy kom die reëls slaafs na, het niks moet goed te doen nie. Om ‘n goeie mens te wees beteken nie jy kan ook bietjie onnutsig wees nie.

24 06 2011
Klip

Sondagskool geleer soet wees , en verbeteringskool geleer stout wees.

Kan tot vandag nie lank op my boude sit nie .

24 06 2011
Selene Phoenix

Ek was nog altyd die soet een… seker maar omdat ek so skaam is! Te bang ek word uitgetrap!

27 06 2011
jagternw1976

Naughty but nice. So is ek, en ek like dit. Geen mens kan NET wil soet wees nie. Watse eina-eina lewe is dit dan nou ? Live a little, buig so paar reels.

27 06 2011
Xena Phoenix

😉 Of maak jou eie reëls, maar dit mag jy nooit breek nie.

Stout is seker die nuwe soet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: