Reg om te lewe

23 06 2011

Ek het nou die dag van ‘n 72 jarige vrou gelees wat ‘n inbreker dood geskiet het.  Sy was vasgebind, geblinddoek en gedwing gewees om haar pin nommers te  oorhandig.  Sy kon op ‘n manier loskom en het toe die vuurwapen gehaal.  Toe die een wat haar moes oppas dit wou afvat, toe skiet sy hom.  Natuurlik is daar nou ‘n ondersoek van moord aan die gang.

Ek kan nie help om lekker te kry nie.  Goed en wel, haar lewe was seker nie op die oomblik in gevaar gewees nie.  Die rotte het klaar haar kar, kaarte en pins gehad.  Wat wou hulle verder met haar gemaak het, aangesien hulle haar vasgemaak en opgepas het.  Mens lees so dikwels van bejaardes wat verkrag word en / of baie wreed doodgemaak word.  Sy was een van die baie min wat laaste gelag het – wel tot die gereg haar gaan bykom omdat sy graag wou gelewe het. 

Ons word gereeld gewaarsku dat ons nie die reg in eie hande moet neem nie.  Ek dink egter daar is ‘n wesenlike verskil tussen jouself beskerm en om self iemand te straf wat by jou oortree. 

In Suid-Afrika is huise deesdae soos tronke.  Jy moet absoluut alles agter jou sluit.  Jy kom by jou erf in, dan sluit jy die hek.  Jy parkeer jou motor en sluit dan die motorhuis.  Jy kom by jou huis in en sluit dan weer die veiligheidshek ontmiddelik toe.  As jy vir ‘n wyle iets buitekant moet gaan doen, sluit jy wanneer jy weer binne kom.  Wanneer dit donker raak, sluit jy die binnedeure en sit ‘n alarm aan. 

Wanneer iemand vreemd in jou erf of veral jou huis is, het hy of sy nie verdwaal nie.  Hulle het baie moeite gedoen om in te kom en dit is helaas nie omdat hulle jou skottelgoed wil was nie.  Is jy veronderstel om hulle dan koffie aan te bied en ‘n silwer skinkbord te soek om al jou besittings te oorhandig?  Al het jy hulle nie genooi nie?

Blykbaar wel, want self as jy met ‘n pyp aangeval word, mag jy nie jouself verdedig nie.  Jou lewe is onder geskik aan die rot wat dit wil neem.  Dit kan mos nie reg wees nie. 

Wat staan jou in elk geval anders te doen?  Moet jy hoop om betyds die paniekknoppie gedruk gaan kry?  Hoop dat ‘n leërskare engele gestuur gaan word?  Snaaks dat ‘n mens deesdae glad nie eers aan die polisie as ‘n bron van hulp dink nie.  Behalwe as jy bebloed in ‘n vreemde huis lê. 

Breinvasbrand:  Wie het Judo in 1882 geskep?

Breinlosbrand:   Gerda was reg met 8 Junie 2010 – tussen Sandton en die lughawe, maar die ander stasies was eers op 18 Junie geopen.

About these ads

Aksies

Information

13 responses

23 06 2011
pienkpantoffels

Eks sien halssnoermoorde raak ook nou aan die orde van die dag. Mense is moeg daarvoor dat daar niks aan die misdaadsyfer gedoen word nie.

23 06 2011
Xena Phoenix

As daar minder misdadigers in die regering is, gebeur daar dalk iets.

23 06 2011
Selene Phoenix

Ek voel ook so… en was gesê om dood te skiet, nie net om te waarsku nie, want daai bliksem kan omdraai en sê hy was in jou huis om kos en water te kry en dan sit jy in die sop! Hulle woord is mos baie meer werd as jou lewe.

Mens mag ook nie “traps” stel nie, want as die inbreker seer kry is dit jou probleem en kan jy vir poging tot moord aangekla word, GBH en en en… :evil:

Maak mens woedend, want hy kom in JOU huis in met die intensies om te steel en moor en jy kan niks doen nie!

23 06 2011
Xena Phoenix

Ek dink deesdae moet ‘n mens ‘n plan hê hoe om van ‘n lyk ontslae te raak. My huis is myne en basta.

23 06 2011
Olga

kano jigaro.

23 06 2011
Olga

waar is my 5c heen?

23 06 2011
Xena Phoenix

Ek weet nie? Dalk by ‘n spaarblikkie in? ;)

23 06 2011
demoerin

Dit werk mos maar so in ons ou landjie – kriminele en gevangenis se menseregte is mos BAIE belangrik, nevermind die wetsgehoorsame burger wat belasting betaal. Dit maak my boos! Ek is jammer, as jy ‘n krimineel is, moet jy jou menseregte verloor – veral as jy jou soos ‘n dier gedra het.

23 06 2011
Xena Phoenix

Ek dink nogal dat as ‘n mens ‘n barbaar moet wees as jy met ‘n barbaar werk, jy nie vingers kan wys nie. Daarmee sê ek nie dat die barbare kan maak soos hulle lekker kry nie.

Ek wonder nogal wat sal gebeur as net mense wat belasting betaal stem.

23 06 2011
Seekat

Die vrou se lewe was nog in gevaar want die ou wat agter gebly het sou haar dood moes maak of martel as die pin verkeerd was wat sy vir hulle geggee het hy het net gewag vir die oproep om te se wat hy met haar moes doen. Gewoonlik maak hulle dan die persoon dood as hulle die geld klaar getrek het want dan het hulle die nie meer nodig nie. So sy het defnitief uit selfverdediging opgetree.

23 06 2011
Xena Phoenix

Ek hoop maar die vervolgings gesag dink ook so. Jy is natuurlik heeltemaal reg.

23 06 2011
leonvonmoltke

Skiet net raak, dis al!

23 06 2011
Xena Phoenix

En raak ontslae van die lyk. ;)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 128 other followers

%d bloggers like this: