Die Gautrein

22 06 2011

Kan julle glo die Gautrein is al langer as ‘n jaar gedeeltelik in gebruik?  Teen volgende week gaan die hele roete blykbaar oopgestel word.  Ek is seker die enigste eier in Gauteng wat nog nie my voete op die Gautrein gesit het nie.  Ek het bloot nog nie daarby uitgekom nie.  Ek moet net elke keer die heks se verwyte aanhoor wanneer sy die trein sien. 

Intussen het ek al hier en daar ‘n Gautreinbus sien rondrits en my daaraan verwonder.  Ek meen, daar was nie eers passasiers in nie, nou hoekom moet hulle rondry.  Ek het wel iewers gelees dat die Gautreine eers 3000 km moet aflê voordat hulle passasiers mag vervoer.  Het die busse dieselfde vereistes? 

Ten spyte van die opgewondenheid oor die trein, weet ek nie van iemand wat die trein op ‘n gereelde basis gebruik nie.  Die meeste Pretorianers sien uit daarna om dit te gebruik om lughawe toe te gaan.  Ek het na die roetekaart gekyk en dit lyk nie of die trein direk van Pretoria na die lughawe gaan loop nie.  Ek weet ook nie van iemand wat dapper genoeg is om met ‘n skootrekenaar van die naaste busstop na hulle vergadering te loop nie.  Ek ken dalk net nie so baie mense nie. 

Ek is bevrees dat die Gautrein tog – soos voorspel – ‘n groot wit olifant gaan word.  Een wat die belastingbetaler miljoene gaan kos.  Ek het juis vandag gelees dat die trein in die komende belastingjaar tot R360 miljoen gaan kry om dit te dra tot dit selfonderhoudend kan word. 

Ek kan egter aan nog ‘n gebruik van die Gautrein dink, waaraan die ontwerpers waarskynlik nooit gedink het nie. 

Sien, in die ou dae, as jy ‘n trein opgemerk het, dan het jy rustig op jou tyd verder gery om die trein een of ander tyd verby te ry.  Die Gautrein loop ook hier en daar reg langs die N 1 en N 14.  160 km/h is nie so vinnig nie en as die pad stil is, behoort ‘n mens in teorie vir die trein te kan wegry.  Die versoeking is nogal groot as jy in die aand die trein in jou tru-spieëltjie opmerk.  Tot dusver moes ek maar die begeerte onderdruk.  Maar die dag gaan kom . . .

Hoe voel julle oor die Gautrein?  Gebruik jy dit?  Het jy al daarin gery?

Breinvasbrand:  Wanneer het die Marlboro, Rhodesfield en Sandton Gautrein stasies oopgemaak?

Breinlosbrand:  Olga was reg met ABSA.


Aksies

Information

9 responses

22 06 2011
J W W

Ek het nog nooit in die gautrein gery nie, maar, ook nog nooit in enige trein nie – ek faal om die aantrekkingskrag te sien in treinry. Maar die gautrain is so ‘n groot flop, boonop is dit nog baie duur ook, en hy ry eenvoudig nie waar mense wil gaan nie.

22 06 2011
Olga

daar was n rede hkm ondergrondse treintonnels onder die np as ondoenbaar beskou was. Ek glo dit was gedoen bloot om hul verkeerd te bewys. Die busse mag seker ry om ons almal te herinner ons betaal om iemand anders se ideaal waar te maak.

22 06 2011
Olga

o, ja, ek sou gedink het die suur mynwater probleem sou die strukture meer riskant gemaak het vir die ondergrondse tonnels.

22 06 2011
Gerda. J

nou wil ek nie meer gautrein ry nie.

22 06 2011
Gerda. J

8 jnie 2010

23 06 2011
Sonlig

Hier is nog ‘n eier wat ook nog nie daai gedoen het nie.

Ek het nogal gister so by myself gewonder of daar regtig nou al “regulars” is wat die Gautrein elke dag gebruik om te commute. Almal wat ek ken het ook maar net die joyride gedoen…selfs die senior burgers van ons kerk het dié uitstappie al gedoen. Ek moes hard op my lippe byt om nie te proes toe dié ekskursie afgekondig is nie.

23 06 2011
Xena Phoenix

Welkom Eier

Ek weet nie eers of mense die Gautrein sal gebruik as ‘n noodmaatreël nie. Dit is net doodeenvoudig nie ‘n kar nie.

12 07 2011
Ballie

Ek het nog altyd gewonder hoe vinnig die gautrain gaan wie kan m se ??????????????????????

12 07 2011
Xena Phoenix

160 km / h

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: