Insake Michelle Obama

21 06 2011

Het iemand wat hier lees dalk die insig om aan my te verduidelik waaroor die bohaai oor Michelle Obama gaan?

Sover my kennis strek sing sy nie, sy speel nie toneel nie en ek glo nie eers sy dans nie.  Sy het niks noemenswaardig uitgevind of ‘n volkmoord gestuit nie.  Sy het nie landmynvelde gaan beveilig of  genesing vir Vigs ontdek nie. 

Goed, sy is met Barack Obama getroud, maar selfs hy het niks om oor huis toe te skryf nie.  Amper vergeet ek, hy het wel ‘n Nobel prys gewen, maar niemand weet waarvoor nie.  Hy het ook niks gedoen om dit te probeer verdien nie. 

Nou hoekom buig almal agteroor omdat sy haar voete in Suid-Afrika gesit het?  Wat omtrent haar is bewonderingswaardig?

Advertisements

Aksies

Information

8 responses

21 06 2011
Olga

seker die feit dat sy die eerste “swart vrou” in die withuis is. Kom net ‘n bietjie aandag soek. Sjym.

22 06 2011
turksvy

Wel, sy is vir my ‘n besonder mooi vrou en sy trek stunning aan. Sy het ‘n deel van die Wit Huis se tuin omgedolwe en ‘n groentetuin begin. Sy was haar man se mentor toe hy begin werk het. Op ‘n stadium, voor die presidentsverkiesing, was haar salaris meer as syne.

Ek dink nie sy is ‘n vrou wat in haar man se skaduwee loop nie. Sy het die potensiaal om self eendag die president te word.

22 06 2011
Xena Phoenix

Hallo Turk – bly om te sien jy skop nog.

😉 Daar is baie vrouens, sommer doodnormale vrouens net soos sy. Vrouens wat in die tuin woel, hulle mans mentor en boonop meer geld as hulle mans verdien en wat baie aantreklik is. Vir die meeste van hulle word daar nie ‘n oog gelig nie. Selfs al is hulle self die president, dan word daar nog steeds nie so ‘n groot bohaai opgeskop nie.

😉 Ek sou natuurlik die grootste bohaai nog opgeskop het as Barack haar eers gehelp het om president te word. Dan was dit cool. Die Clintons het die konsep begin dat Pappa eers president word en dan gaan Mamma probeer.

22 06 2011
turksvy

Noem bietjie daai doodnormale vrouens? 😉 Ek dink jy moet haar geskiedenis eers bietjie gaan Google voor jy haar sommer afskiet. Sy’s ‘n yster, maar nie so hard soos Hillary Clinton nie.

En jy’s sommer nou feministies. Hoekom moes sy eerste vir prez staan? Dalk omdat ‘n man nie so goeie ma soos ‘n vrou is nie. Wetie. Dink maar net so.

22 06 2011
Xena Phoenix

Tsk – dit is veronderstel om ladies first te wees. 😈

En wat is dalk fout met ysterasters of feminisme?

The pressure of a name . . . . Weet iemand dalk of Susan Vosloo tuin maak?

22 06 2011
turksvy

Susan Vosloo is allesbehalwe ‘n doodgewone vrou, hoor! 😆

Ek dink nie daar word ‘n behaai oor haar gemaak nie? Die koerante se bloot sy is hier, en wat sy doen en waar sy was.

Bohaai is nou Oprah wat die vryheid van Bloem kom kry, of so iets. :mrgreen:

22 06 2011
murphy

Ek dink sy breek bietjie die mould (oukei oukei Hillary het hom eerste gebreek) van die gedienstige First Lady soos die Republikeinse eerste vroue geneig is om maar te wees. Dis maar hoe die diplomasie werk, ‘n groot bohaai oor iemand in ‘n posisie. Nie altyd logies nie. Ek wonder net vanoggend of sy enige erkenning aan ‘n miderheidsgroep gaan gee terwyl sy hier is, en of daar maar net gemaak word of minderhede hier nie ebstaan nie, soos nou mode is.

22 06 2011
Gerda. J

goeie donner! kom sy om malema te support?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: