Groen Bloed te Koop

21 06 2011

Bring daai Koppie!!!

Ons word tans herinner dat die Rugby Wêreld Beker teen ‘n spoed nader kom.  Dit is nog 80 dae tot 9 September wanneer die toernooi afskop.  Anders as die Sokker Wêreld Beker, kan ons dit waag om arrogant te wees oor die RWB.  Ons is tans die verdedigende kampioene en dit was die tweede keer wat ons dit ingepalm het.  Toegegee, ons spelers is amper antiek en geen land kon dit tot nou toe twee keer in ‘n ry wen nie.  Tog het ons nou nie heeltemaal ‘n wonderwerk nodig om die Webb Ellis Trofee huis toe te bring nie. 

Daar word tans gepoog om die land se bloed so groen as moontlik te kry.  Ek het nog nie iemand met vlaggies sien rond ry nie, maar ek het al die advertensie gehoor dat Suid-Afrikaners tog asseblief op Vrydae met hulle Groen en Goud moet paradeer.  Niks fout daarmee nie.  In 2010 het ons dit tog gedoen met die Sokker, al het ons geweet dat daar nie ‘n geel span naby die finaal sal wees nie.  Daar is net een probleem.

Die Springbok Truie kos R649 en dan word dit nog ‘n winskoop genoem.  In perspektief geplaas – ‘n duur hemp / bloes kos so R350.  Daar is seker wat duurder kos, maar jy kan beslis vir goedkoper wegkom en steeds goed lyk.  Die Springbok trui is dan nog ‘n verder R300 en dit word in enige taal as slenterdrag gesien.  As jy boonop nog jou wil verbeel jy is self ‘n bok en jou naam agter opsit, dan kos dit ‘n verdere R125. 

Mens kan (en sal waarskynlik) die straatmark weergawe oorweeg.  Ek het dit nog nie die jaar teëgekom nie, maar ek weet van ondervindig dat as jy vroeg speel, jy die prys behoorlik kan laat kwyn.  Dit bly ‘n saak van aanvraag en aanbod.  Teen die tyd wat al die Canterbury’s van die rak gevlieg het, is die mense gewoonlik desperaat vir ‘n stukkie groen en goud.  Die straatsmouse kan dan enige prys maak en dit sal betaal word. 

Verskeie ou Springbokke, veral die een met gatjies in sy onderbroek, het al hulle monde oor die straatmark weergawe uitgespoel.  Dit is blykbaar net so goed soos steel om die namaaksels te koop.  Niemand kan oor misdaad kla, as hulle namaaksels koop nie.  Dit is dalk ‘n geldige punt, maar sover ek onthou het Bafana nie sulke pyne gehad nie.  Hulle het goue Vrydae geniet.

Die Bokke?  Ja, daar is seker die mense wat nie omgee om vir hulle te hoes nie.  Dink net om ‘n hele gesin met amptelike truie uit te rus.  Net ‘n breukdeel van die publiek dra die pepperduur truie en daarmee gaan die gulde geleendheid van ‘n groen Vrydag verlore.  Net soos met die krieket Wêreldbeker, waar ek nooit iemand in Protea klere gesien het nie. 

Dra jy Vrydae jou Springboktrui? 

Breinvasbrand:  Wie is die trui borg van die Springbokke?

Breinlosbrand:  JWW was reg met Hu Jintao.


Aksies

Information

5 responses

21 06 2011
Olga

eerste!
Absa?

21 06 2011
Olga

r649! Dankie, ek dra dan eerder n swart of grys trui uit edgars vir r240. Dan kan ek dit nog kerk toe dra ook. En dopsjop toe sonder om gespoeg te word.

21 06 2011
pienkpantoffels

Ek dink nie die truitjie sal vleiend wees vir my kurwes nie 🙂 Veral nie teen daardie prys nie!

21 06 2011
demoerin

Ek dink die hoofborge, hierdie geval ABSA kan gerus ‘n gedeelte van daardie truie se pryse sponsor. Dit is belaglik.
Mens hoef egter nie die offisiele trui te kry nie, daar is baie egte Canterbury ondersteuners klere wat onder R200 kos.

23 06 2011
Seekat

ABSA Maar in die word cup gaan hulle nie op die trui wees nie. Die absa logo oordonner in elkgeval die trui en dit doen afbreek aan die springbok trui

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: