Moer Strip

20 06 2011

Wat beteken dit tog as jy jou moer strip?  Dink ‘n oomblik daaroor . . .

Beteken dit dat die skroef wat los was, nou nooit weer sy regmatige plek sal kan  inneem nie?  Dalk het jou moer gestrip toe jy die skroef wou terug draai.  Dit sit dalk nou op ‘n vreemde hoek vas waar dit meer skade as goed doen.  Net miskien is dit op die perfekte plek gestrip en is dit ‘n goeie ding.

Ek het besluit om die woorde boek te raadpleeg en nou is ek eers deurmekaar.  Moer se heel eerste verduideliking is ma of moeder.  Beteken dit dan as jy jou moer strip dat jy jou ma dissekteer?  Wag, strip kan mos ook beteken dat jy iemand ontklee.  Trek jy dan jou ma kaal uit?  Indien wel, doen jy dit letterlik of figuurlik?

Aan die ander kant, as jy jou koffie moer wil strip, moet jy seker baie verveeld wees.  Jy is seker ‘n vandaal as jy jou aartappelsaad strip.

En hier dog ons dat moer strip so eenvoudig is om jou humeur te verloor?  Waar het jy dit verloor en moet jy dit gaan soek?

Toemaar, ek sal ophou.


Aksies

Information

6 responses

20 06 2011
Seekat

Moer strip is as jy dit so styf draai dat die skroefdraad breek dan is hy gestrip. Dan sit jy in Dubbel K middel A straat die moer hou sy komponent nie meer stewig vas nie en jy kan hom ook nie los draai nie want nou draai hy net in die ronte. Om n gestripte moer los te kry gaan jy jou moer as ek dan so kan stel n paarkeer rerig strip en jou poppe uit die kot gooi om die ding los te kry. Dit gebeur gewoonlik wanner jy haastig is en dit is gewoonlik die een wat in die onmootlikste posisie sit waar jy glad niks hande kan inkry nie dan haal jy die masjien of wat dit ook al is heeltemal uitmekaar om die gestripte moer uit tekry. Dit is heokom die gesegde met woede gepaartgaan ek het al meer as een ou gesien wat die ding met n hamer stukkend slaan uit fristrasie as dit gebeur. Jy het dan baie gedult nodig om dit weer reg te kry. As jy n fakman is verstaan jy die moer strip gesegde baie goed.

20 06 2011
Xena Phoenix

Dit is dan seker hoekom matrose daarna streef om eendag soos vakmanne te vloek. :mrgreen:

20 06 2011
Son

Jy dissekteer te veel 😆 As ek dan nou nie meer my moer sommer net kan strip nie, dan raak ek maar befok en ver van die huis af. Ontleed daai ene 😈 😆

20 06 2011
Son

Ek sukkel so om hier te comment met my Blackberry, ek strip sommer my moer!!!

20 06 2011
Xena Phoenix

Son, ek en jy gaan probleme optel as jou moer gestrippery my blog breek. 😡

😉

20 06 2011
pienkpantoffels

‘n Goei moerstrip is soos ‘n vakansie. Mens voel so totaal en al uitgeput daarna 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: