Just smile and nod

19 06 2011

Teen die tyd weet julle al dat ek ‘n steler is en nie ‘n doener nie.  Nie juis dat ‘n mens veel kan doen wanneer in spitsverkeer vasgevang word nie.  Jy kan radio luister en probeer uitpluis hoekom is die Rugby Paneel veronderstel om snaaks te wees.  Dalk moet jy eerder wonder wat van jou sin van humor geword het omdat jy dit nie snaaksvind nie.  Jy kan natuurlik ook die mense in die karre rondom jou dophou.

Meestal is hulle net so verveeld soos jy en wens ook al die karre voor hulle weg.  Tog kry ‘n mens soms ‘n juweeltjie.  Soos nou die dat toe die spesifieke Polo van voor af gekom het.

‘n Meisie wat seker ongeveer my ouderdom was het bestuur.  Netjies aangetrek, beslis oppad na ‘n vergadering of iets dergliks.  Die vrou by haar is heelwat ouer, aangetrek vir die Noordpool.  Dit was duidelik dat die bestuurder haar gaan optel het vir een of ander doel, waarskynlik om iets te gaan regpluk of skoonmaak.

Die twee het behoorlik in die kar gejive!  Die jonger vrou met al die entoesiasme wat ‘n gunsteling lied van jou vereis.  Haar kop en skouers het die ritme van die musiek vir elke toeskouer uitgespel.  Sy was duidelik vasgevang in die lied gewees.  Nee, moet my nie vra hoe het sy die kar op die pad gehou nie.

Die ouer vrou het pligsgetrou saam gedans.  Ek kon dit sommer net sien.  Die jonger een het die lied gehoor, die volume groot oop gedraai en die bediende vertel om saam te dans.  Sy het gehoorsaam en laat waai.  Dalk nie so entoesiasties soos die jonger vrou nie, maar haar oë was toegeknyp in lekkerte.

‘n Oomblik van onbevange pret tussen werkgewer (?) en werknemer.  ‘n Oomblik van saam speel.  ‘n Oomblik wat wys dat gemeensaamheid altyd daar is vir mense wat dit gaan probeer ontgin.

Advertisements

Aksies

Information

6 responses

19 06 2011
gobetweenflames

Miskien werk die verwarmer in die kar nie dat sy gesê het “Happiness jive or freeze” 🙂

19 06 2011
Xena Phoenix

Ou Brand, jy het sowaar ‘n punt beet.

Welkom by die merries.

19 06 2011
Olga

solank hul pret gehad het.

19 06 2011
toortsie

Jy het nog nie vir my en my meisiekind in ‘n kar gesien nie…. veral nie as Queen op vol volume is nie!! 😆

20 06 2011
murphy

Ag, ek sing soms so lekker saam dat ek al gewonder het wat dink die mense by die verkeersligte van my!

10 07 2013
buy ageless male youtube reviews

I have find out quite a few superb goods the following. Seriously worth bookmarking regarding returning to. I actually surprise just how a great deal endeavor you place to develop whatever wonderful beneficial internet site.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: