Basiese Besigheid

19 06 2011

Jare terug het ek iewers gelees dat Michael Jordan meer in borgskappe van Nike kry, as wat hulle aan salarisse in hulle fabriek spandeer.  Dit het nogal ‘n wrang smaak in my mond gelaat.  Ek was skielik baie bly dat ek ‘n Adidas meisie is, maar tog het ek geweet dat omtrent alle skoene in China gemaak word.  Die Chinese werk dat hulle bars teen ‘n hongerloon.  Soms word daar sommer kinders ingespan vir die vuilwerk.  Tog, net omdat hulle nie omgee om uitgebuit te word nie, beteken dit nie dat uitbuiting regverdig kan word nie. 

China is vandag ‘n mekka vir vervaardiging.  Hulle is baie goedkoper as die Groot Name se lande van oorsprong en dit maak finansieel sin om eerder van hulle arbeid gebruik te maak.  Hulle word toegegooi onder die bestellings en hulle ekonomie floreer.  Die land groei en werkloosheid krimp.  Ten koste van die land van herkoms.

Dit is seker ‘n hartseer saak dat wins op die ou einde meer tel as etiek.  Tog, wanneer ‘n mens geld belê in ‘n besigheid verwag jy groei.  Dit moet ook aansienlik beter wees as die rente wat jy in ‘n bank kan verdien.  Anders kon jy netsowel jou geld in die bank gelos het en gebid het vir ‘n goeie rentekoers.  Jou risiko is aansienlik minder.   Niemand gaan ‘n besigheid open net om gelyk te breek of om geld te verloor nie. 

Enige besigheid het ‘n aantal uitgawes, waarvan lone (salarisse) deel maak.  Hoe laer jou insetkoste is, hoe hoër is die wins op die einde van die dag.  In Suid-Afrika is daar wetgewing wat sorg dat arbeiders nie uitgebuit word nie, maar teen watter prys?  Neem die klerevervaardigings sektor.  Met hulle immerstygende insetkostes, kon hulle bloot net nie meer in die bedryf staande bly nie.  Hulle kon nie met China kompeteer nie.  Hulle werkers was geregtig op minimum loon, maar toe die besigheid vou, was daar niks. 

Ek lees nou die dag van ‘n meubelwinkel in die platteland wat net R650 wins getoon het.  Volgens die eienaar is minimum lone die rede hoekom dit met hom broekskeur gaan.  Sy moeite is bloot net nie R650 werd nie.  Hy wil sy winkel sluit, wat beteken dat 4 mense hulle werk verloor.  Dit gee hom egter ook die kans om iets lonender met sy geld te doen.  Die plattelanders kan dan maar stad toe sukkel as hulle meubels soek. 

Mens kan verstaan hoekom hy so voel.  Tog weer, sal dit die moeite werd wees vir sy werkers om te werk vir wat hy hulle wil aanbied?  Sal dit nie ook net uitbuiting wees nie? 

Is iets beter as niks?  Is daar ‘n punt waar dit beide vir die werkgewer en die werknemer regverdig is?

Wat is die goue middeweg?

Breinvasbrand:  Wie is China se president?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Nils Horgenson.


Aksies

Information

11 responses

20 06 2011
J W W

Ja nee kyk, uitbuiting is nie reg nie, en in sommige gevalle veral “big business” is dit amper die norm, maar, in ‘n land soos ons s’n waar werkloosheid sekerlik meer as 50% is, werk die spreekwoord baie beslis – “beggars cant be chosers” – minder as minimum loon is baie beter as phokol !

Kyk maar net as ‘n voorbeeld hoeveel “domestics” het hulle werk verloor agv die gedwonge minimum loon wat hule werkgewers hulle moet betaal, en hulle kon dit eenvoudig nie bekostig nie.

20 06 2011
Xena Phoenix

Soos ek die storie verstaan kry beggars meer as minimum loon. Dit is vir hulle nie lonend om te werk nie.

Dit is ‘n hartseer saak.

20 06 2011
J W W

Hu Jintao is huidiglik die big cahuna in PRC (People’s Republic of China)

20 06 2011
leonvonmoltke

Gaan lees gerus Naomi Klein se “No Logo”, jou bek sal oophang!

(hierdie laat my dink aan die Buck knipmes met sy trotse Amerikaanse herkoms wat ek gekoop het en toe “China” op die lem gedruk sien),

20 06 2011
Xena Phoenix

Dankie, ek sal gaan soek om te lees.

20 06 2011
Olga

wat my gat se deksel is, is die groeiende besigheidsbande wat S. A me china het. S. A wat dan self n land van verdrukking is, moedig verdrukking aan teen r218 per maand per kind. China, hier kom ons.

20 06 2011
Xena Phoenix

Teel is seker makliker as werk??

20 06 2011
Gerda. J

hoekom het ons in suid afrika so min keuse oor watter land se ekonomie ons wil ondersteun? hoekom moet ek die chinese ondersteun? ek keur nie slawerny en geen regte vir kinders goed nie.

20 06 2011
Xena Phoenix

Dit is ‘n goeie vraag. Seker maar omdat die Chinese die ANC desjare goedgesin was.

Die kinderarbeid is sleg. Hulle ketting soms die kinders vir 18 uur aan ‘n werksbank vas. Vir enige mens is dit ‘n straf, wat nog as jy maar net 6 jaar oud is?

20 06 2011
Olga

jy vra hoekom gertjie? Na my beskeie mening omdat die anc s.a se textielnywerheid van die mark af geprys het met minimum lone. in werkloosheid in. Volgende gaan hul s.a van die atlas af politiek met nationalisering.

20 06 2011
Xena Phoenix

Plaas nasionaliseer hulle die tekstielnywerheid.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: