Die Mag van ‘n Dier

17 06 2011

Koerante is seker ‘n verslawing.  Wanneer jy eers daaraan gewoond is om dit te lees, moet jy elke dag by die nuus uitkom.  Wat seker nie ‘n slegte ding is nie, jy kon die een gewees het wat op ‘n wolkie ronddryf heeltemaal onbewus van wat om jou aangaan.  Dit is tog vir my opmerklik hoe mense berigte oor diere opslurp.

Daar is die berigte oor dieremishandeling, wat enige regdenkende mens rooi laat sien.  Daar is die weird diere stories wat jou summier ‘n glimlag op jou gesig laat plak.  Die stories van diere se dapperheid of ondeundhede is soveel lekkerder om te lees as die sirkus se nuutste streke.  Die stories van die interaksies tussen mens en diere herinner die aarde tog dat daar baie goedheid is.  Ek dink nou byvoorbeeld aan ‘n paar jaar terug met die brande in Australië (sien foto).  Die brandweerman het verby ‘n wilde koala gekom en hom water gevoer.  Laat dit nie sommer jou bors swel nie?

Ek glo nogal dat daar baie afgelei kan word van ‘n mens se houding teenoor diere.  Onthou dat die SS soldate tydens opleiding ‘n hondjie groot gemaak het en dan hulle rang ontvang dienooreenkomstig met hoeveel plesier hulle geput het terwyl hulle die honde doodgemaak het.  Ek hoef julle seker nie te vertel wat die SS met mense gedoen het nie.

Iemand wat diere mishandel, sal mense ook mishandel.  Iemand wat geen genade vir ‘n dier het nie, sal geen genade vir ‘n mens hê nie.  Iemand wie se diere onversorgd en ongedissiplineerd is, se kinders sal onversorgd en ongedissiplineerd wees.  Mense wat hulle diere onbeheers laat aanteel en doen wat hulle wil, sal self onbeheers aanteel.  Julle kry die prentjie.

Daar kan seker boeke geskryf word oor die voordele wat dit vir die mens het om diere te versorg.  Party mense kan net doodeenvoudig nie sonder diere lewe nie.  Dit is tog interessant dat mense soms in haaglike omstandighede diere probeer aanhou en goed vir die diere sorg.  Ek dink nou byvoorbeeld in Shawshank Redemption waar Brook ‘n kraai groot gemaak het.  Het iemand in The Green Mile nie weer ‘n rot gehad nie?  Dit is amper asof die versorging van ‘n dier hulle weer menslik laat voel.  Daar is ‘n country liedjie van Joanna Field as ek reg onthou, waar ‘n ou hawelose man sy stukkie brood met ‘n voëltjie deel.

Gister weer was daar berig gewees van ‘n hawelose wat self wit geryp ‘n kuiken probeer warm hou het.  Ronnie Pretorius (27) het die kuiken met sy laaste R2 gekoop omdat hy die voëltjie jammer gekry het.  Hy het hom gevoer en die nag deur warm probeer hou.  Die volgende dag is hy deur Chris Smith (47) ontdek en het hy die voëltjie vir R50 verkoop.  Smith het die polisie oor ‘n diefstal in kennis gestel en toe sommer so terloops van die kuiken gepraat.  So is die bolletjie dons met polisie begeleiding na die Pretoria Dieretuin geneem waar hy tans in ‘n broeikas gehou word.  Hy is roofvoëlkuiken, maar dit is onseker nog of hy ‘n uil of ‘n arend is.

Daar is nou vir julle ‘n goedvoel storie.  As Pretorius ‘n veer gevoel het, was kuiken se kind seker lankal nek omgedraai.

Breinvasbrand:  Wie was die seun wat met die ganse daar ver gevlieg het?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Johannes Vermeer.


Aksies

Information

5 responses

17 06 2011
Olga

eerste.
Nils holgerson.

17 06 2011
Olga

daar is n skreiende tog feel good honde storie in verlede week se huisgenoot.

17 06 2011
Xena Phoenix

Vertel??

17 06 2011
demoerin

Die mens bly maar ‘n komplekse en ingewikkelde wese. Daar is heelwat mense wat eerder met diere sal sosialiseer, as met mense – seker maar omdat hulle nie kan terugpraat nie 😆

17 06 2011
murphy

Diere lê my ook naby aan die hart. As ek een keer ‘n dag lekker met my honde praat, gaan dit met my sommer beter.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: