Zach Du Plessis

16 06 2011

Gisteraand het ek behoorlik kop gekrap oor die titel van my skrywe die aand.  Ek het toe met dwars titel gegaan, meer spesifiek ‘n aanhaling van Vetkoekpaleis wat eintlik net my niks met my skrywe te doen gehad het nie.  Ek dink tog wel die mense wat dit erken het, sou darem daaroor kon glimlag.

In die spesifieke episode het Worsie een van daardie tipe tydskrifte wat ‘n man nie openlik kan lees nie.  Nee, ek verwys nou nie na die Huisgenoot nie, eerder daardie soort wat van Hugh Hefner ‘n baie ryk man gemaak het.  Oom Frik raas eers met hom oor die tydskrif, maar dan oorwin die vlees en wil hy ook loer.  Worsie is ook vinnig by met sy eiertjie:  “Hulle noem dit kuns.”  Frik wat baie waarderend na die middelblad kyk:  “Worsie, dit IS kuns.”

Seker maar ironies, want die eerste berig wat my halfoop oog vanoggend vang is:  Zack du Plessis sterf.  Die man van Bosveldhotel – voor my tyd.  Die Hendrik van Tonder wat elke dag met ‘n pak en ‘n kosblik by die myn in Orkney gaan werk het.  Brombeer van die eerste waters, maar dan weer was die Van Tonders een van die eerste gesinne in SA wat ‘n gekleurde seuntjie aangeneem het.  Menige stoere Afrikaner sou vies geraak het as iemand ‘n skewe woord oor Neelsie kwyt geraak het.

Hy het ook op ‘n stadium ‘n draai op Maak ‘n Las gemaak.  Ek sal hom seker die beste onthou as Frikkadel Delport, wie se gunsteling kleur blou, lig blou was.  Wat na ‘n gelukkie by die huis met lus afgestof het terwyl hy sing:  “Ek is lief vir die lewe, ja ek is.  Of jy mens is, of voël is of vis.”  Deur wie se hart ‘n tentpaal gedryf is wanneer hy nie by Loftus kon uitkom nie.  Wat oor alles gebrom en geraas het, maar wat tog eintlik net ‘n ou marshmallow is.  En wie se welding ongeluk, wat eintlik net ‘n operasie of twee was, toe nie sy nageslag kort geknip het nie.

Zack du Plessis was dalk nie altyd op ons kassies gewees nie, maar die rolle wat hy vertolk het, het volksbesit geword.  Twee Sondae terug lees ek nog dat Zack du Plessis nog lewe.  Hy spot nogal daarin dat hy gereeld hoor dat hy op sterwe staan en verklap ‘n bietjie van sy toekomstige planne.  Daar word ook vertel dat hy in Oktober opgehou rook het en behandeling ontvang vir ‘n chroniese longkwaal.

En vandag maak sy familie begrafnisplanne.

Hy sal gemis word.

Advertisements

Aksies

Information

7 responses

16 06 2011
Olga

jy meen hy het gesing ‘ dis leke om te lewe, ja dit is. . . )
rus in vrede ou grote. Alle simpatie aan sy fam en naaste.

16 06 2011
Gerda. J

shame man. seker oor al die kak sangers soos koert kerm wat hul lywe akteur hou al die outop rolle kry dat zack so lanklaas in iets gespeel het.

16 06 2011
JWW

Sjoe…. dis nou ‘n skok !! Hy was darm maar ‘n goeie akteur… Hy sal gemis word

16 06 2011
Gogga

Hartseer dag om die groot Afrikaanse Omie te verloor. RIP

16 06 2011
hoendersop

Rus sag, ou Grote, ons gaan jou mis.

17 06 2011
Sonlig

Soos ek ‘n vorige keer reeds gesê het…2011 is besig om bietjie van ‘n hartseer jaar vir die Suid-Afrikaanse vermaaklikheids wêreld te raak.

Die Blou Bulle sal ook vir Zach mis. Hy was ‘n reuse ondersteuner. RIP

17 06 2011
murphy

Ek was ook hartseer toe ek dit hoor.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: