Worsie, dit is kuns

15 06 2011

Ek hoor nou die dag dat ‘n mens se smaak elke 3 of 4 jaar verander.  Ek sal nou nie my kop op ‘n blok sit daaroor nie.  Ek kan wel sê dat ‘n mens se uitkyk oor goed verander. 

Na skool was kuns vir my iets wat vir mense wat nie hulle voete op die aarde het nie.  Mense wat hulle begrip met werklikheid verloor het en eintlik net twee stappies weg van ‘n gestig is.  Ek het net mooi niks gehou van teken nie en het ander mense gekry om my sketse vir Biologie te teken.  Ek kon niks erkenbaars teken nie en ek was nie eers lus om te probeer nie. 

Die idee van kuns was vir my op die stadium iemand wat iets lewensgetrou kan weer gee.  Nie iets wat maklik is nie – ‘n gevolgtrekking gemaak van eie ondervinding.  Ek het dus my oë stukkend gekyk om te sien hoekom sekere goed as kuns gesien word.  Enige aap kan mos ‘n gedroggie teken, maar mense wat iets kan teken soos wat dit is, moet mos goed wees.  Dit idee moet tog seker wees om iets so na as moontlik aan ‘n foto te laat lyk.  Iets wat enigsins soos sogenaamde moderne kuns vir my gelyk het, was summier as ‘n mors van verf af gemaak.  Ek kon net nie snap hoekom mense sal betaal vir iets onerkenbaar nie. 

Met die verloop van tyd het ek nogal heelwat vriendinne gemaak wat self kon skilder of ten minste lief was vir skilderye.  Ek het aanvanklik maar geduldig gewag as hulle iets wou kyk, maar het later maar uit blote verveeldheid saam begin kyk.  Later het ek sommer self voor ‘n skildery gehuiwer om te kyk. 

Vandag nog is ek geen kunsliefhebber nie, al kyk ek graag.  Tog kan ek nie help om vir die 18 jarige ek te lag nie.  Veral omdat ek juis nie van ‘n skildery wat soos ‘n foto lyk hou nie.  Hoekom wil ek ‘n geverfde stuk koop van iets wat ek maklik self ‘n foto van kan neem en so groot kan maak as wat dit my pas?  Ek weer selfs wat surrealisme is en hou nogal daarvan.  Iewers het ek geleer om te besluit wat vir my mooi is, al maak die prent nie sin nie of al kan ek nie sien wat in die skildery is nie. 

Die ongenaakbaarheid van die jeug.  Tsk!!

Het jy enigsins jou opinies verander van ‘n 18 jarige tot waar jy nou is?  Vertel so ‘n bietjie?  Hou jy van kuns?

Breinvasbrand:  Oor watter skilder handel die fliek, The Girl with Pearl Earring?

Breinlosbrand:  Selene was reg met Peter Merholz.


Aksies

Information

7 responses

15 06 2011
Olga

Eerste!!!
Johannes Vermeer???
Ek het defnitief van opinie verander sedert ek 18 was. Kuns? Ek weet nie. Mooi bly egter mooi. Maak nie saak wie het dit geskilder of geteken nie. Ek sal so hêppie wees as my noolste Nolie of my Bad Boy vir my ‘n skilderytjie maak.

16 06 2011
Xena Phoenix

Vertel ‘n bietjie?

16 06 2011
murphy

My gunsteling kunstenaar is nog altyd Salvador Dali. Maar nou die dag kyk ek weer deur ‘n boek van hom. Nou weet ek ook nie meer nie.

16 06 2011
Xena Phoenix

Ek hou ook nogal van Salvador Dali. Al sy varkies was beslis nie op hok gewees nie.

16 06 2011
JWW

Ek weet absoluut niks van kuns af nie, maar ek laaik tog ‘n mooi skildery, dis nou as ek darm kan uitmaak wat dit is, en nie die stupid blertse en strepe is wat bekend staan as abstrak nie.

16 06 2011
Helloooooo!!!! « Toortsie se Blog

[…] het ek vandag met ‘n blogger in ‘n epos-gesprek besig geraak. Sy vra of ek nog nie genoeg vakansie gehou het nie. Ek […]

17 06 2011
Toortsie

My smaak het beslis verander of ontwikkel oor tyd. Dalk het ek myself gevind, dalk het die modes verander. Die hele lewe het verander! Maar my wortels staan steeds vas.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: