Vir Roem en Glorie

13 06 2011

Daar is mense wat enige iets sal doen vir 5 sekondes vir roem.  Kyk net na die eiers wat so graag op Oprah gaan vertel hoe sleg hulle lewe is.  Nie eers vir Oprah se hele koninkryk en volgelinge sal ek my naam so vergat nie.  Ek wonder dikwels of die talkshows nie mense huur wat dink hulle kan toneelspel nie.  Helaas hou dit nie daar op nie.  Kyk gerus na al die aandagsoekers wat vir realiteits televisie inskryf.  Sommige met geen ander doel as om hulle self te verneder nie.  Hoekom anders wil jy aan iets soos Big Brother deelneem of Idols probeer terwyl jy voor jou siel weet jy kan nie sing nie?

Die mense is seker maar die onskuldiges.  As hulle nie omgee vir eier op die gesig nie, kan ‘n mens hulle nie verkwalik nie.  Hulle gaan nooit juis verder as hulle oomblik op TV kom nie.  Dalk put hulle soveel genot uit die DVD dat hulle baie gelukkig sal sterwe.  Daar is ander met ambisies om die wêreld oor te neem en gewoonlik eers ‘n paar 1000 mense dood voordat hulle tot orde geroep word.  Ander wil hulle name teen enige koste in die geskiedenis verewig.  Al moet hulle dan ook iemand vermoor.  Dan is daar die wat probeer en net mooi niks vir hulle moeite kan wys nie.  Soos Marcus Sarjeant.

Sarjeant is in 1964 naby Kent gebore.  Hy het aanvanklik probeer om by die lugmag aan te sluit, maar na 3 maande het hy opgeskop.  Daarna was hy weermag toe en dit het nie eers ‘n dag gehou nie.  Geen wonder dat die brandweer en die polisie besluit het om eerder verby te hou.  Nadat hy nie ‘n diener van die kroon kon word nie, draai hy toe maar teen die Kroon.  In 1980 (op 16 jarige ouderdom) sluit hy toe ook by die Anti Koninlike Beweging aan.

Nie juis dat dit hom nou gewild of ten minste net bekend gemaak het nie.  Sarjeant het wel koerant gelees en het daar ‘n kans of twee gesien vir roem.  Mark David Chapman het skielike roem gekry nadat hy John Lennon op 8 Desember 1980 dood gemaak het.  Op 30 Maart 1981 het ene John Hinckley vir Ronald Reagan uit die lewe uit probeer help.  Op 13 Mei 1981 het Mehmet Ali Ağca probeer om die Pous dood te maak.  Al wat Sarjeant moes doen is om iemand van belang te skiet waar niemand dit sou verwag nie.  Wie beter as Koningin Elizabeth II?

 Sarjeant het eers probeer om ‘n lisensie en ammunisie vir sy pa se vuurwapen te kry.  Toe dit nie werk nie, koop hy toe vir homself twee afset pistole wat soos Colt revolwers gelyk het.  Hy wou seker maak die mense weet van hom.  Hy het twee briewe vir tydskrifte gestuur, een met ‘n foto van hom self.  Hy het selfs ‘n persoonlike brief aan die koningin gestuur met sy voorneme.

Die Koningin het destyds blybaar gereeld op perd gespring vir parades.   Soos op 13 Junie 1981 tydens die Trooping of Colour.   Sarjeant  het haar ingewag en 6 skote op haar afgevuur.  Haar perd het mal gegaan, maar sy kon die dier en haarself vinnig onder beheer bring.  Die wagte het ‘n muur om haar gevorm en Sarjeant is binne sekondes aangekeer.  Hy het haar met “blanks” probeer skiet.

 Sarjeant is vir hoogverraad aangekla en is vir 5 jaar tronk toe gestuur.  Na 3 jaar is hy op 20 jarige ouderdom vrygelaat.  Hy het sy naam verander en niemand het ooit weer van hom gehoor nie.

Alles vir niks.  Seker bang hy bly bekend as Mamparra van die eeu.

Ken julle mense wat alles vir roem sal doen?

Breinvasbrand:  Wie was HF Verwoerd se sluipmoordenaar?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1930.

Advertisements

Aksies

Information

14 responses

13 06 2011
Olga

eerste
dimitri tsafendas.

13 06 2011
Gerda. J

eers was dit vir volk en vaderland. in vandag se lewe wentel alles net om my, myself en ek.

14 06 2011
Xena Phoenix

Do not ask you can do for your country, but what you country can do for you and how you can steal a bit extra

14 06 2011
J W W

Dis die prys wat ons betaal vir liberalisme – die kanker wat die mensdom nog gaan op vreet….

14 06 2011
Xena Phoenix

Dat ons mamparas kry wat met blanks probeer moord pleeg? Hy het dalk gehoop die tannie val af.

14 06 2011
demoerin

Ek verwonder myself veral aan die Idol deelnemers wat omgekrap raak as daar vir hulle gesê word hulle kan nie sing nie – Jinne, as jy mos nou inskryf gaan jy mos nou beoordeel word – dis hoe dit flippen werk.
Anyway, ek sal nou nie my naam poephol maak en iemand met blanks probeer doodskiet nie – wee jy.

14 06 2011
Xena Phoenix

As jy jouself vir ‘n toffie uitgee . . .

Demoerin, as jy planne het om ‘n sluipmoordenaar te word . . . Kyk ‘n bietjie na ons buurland. Jy sal nie net bekend word nie, jy sal ‘n internasionale held word.

14 06 2011
Olga

dit grief my vreeslik as die idols mense n ander sanger se liedjie sing en dit op4k. Dan word dit nog op n cd uitgegee ook. HELLO? Die ander mens is al n gevestigde sangei. Wat gee jou die reg om sy haar liedjie as snert af te maak en jou eie weergawe te maak?

14 06 2011
Xena Phoenix

Die kastige rede is dat enige mens hulle eie liedjie goed kan sing. Dit is eers wanneer hulle iemand anders se lied deur trek, dat hulle ware talent te voorskyn kom. Ek haar na-apers.

14 06 2011
Olga

asof al die twak wat reeds op is nie genoeg is nie, moes hul nog s.a’s got talent ook nog maak!

14 06 2011
murphy

Sy brein het ook blanks geskiet, lyk my.

14 06 2011
Xena Phoenix

Hoop maar iets anders het ook blanks geskiet. 😉 Dink net as hy voortgeplant het.

14 06 2011
Selene Phoenix

Ha ha ha!!! As jy dom is moet jy sukkel!!

14 06 2011
Xena Phoenix

Dalk het hy gehoop dat die perd gaan skrik en sy sal afval. Toe sien hy die tannie is nie oom ET nie en sy ken haar sit op ‘n perd.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: