Geen Verrassing

12 06 2011

Ek het nog altyd vermoed die ANC koop stemme.   Baie subtiel natuurlik.  Hulle deel toelaes uit en maak seker dat die armes weet wie die hand is wat hulle voer.  Dit blyk nou dat ek hulle meer krediet gegee het as hulle terug kom.  Moenie my vra hoekom ek ooit kon dink die ANC is subtiel nie.  Vergewe my.  Daar word sommer oop en bloot stemme gekoop.  Ten minste waar dit die leierskap van die ANCYL aangaan.

Rapport berig dat dit die hoofnar ten minste R30 miljoen gaan kos om met sy toertjies aan te gaan.  Om ‘n lang storie kort te maak, Malema se neef het onlangs ‘n kontrak van R44 miljoen uit die bloue lug gekry.  Geld wat ou Julius kan help om ‘n doring in almal se vlees te kan bly.  Dit is natuurlik deur en deur die moeite werd.  As ‘n grootkop by die ANCYL is jy deel van ‘n geldmaakmasjien en kan jy die toutjies in die regering trek.  Alles teen ‘n prys.

Afgevaardigers word blykbaar tot R5000 in die hand gestop vir “vermaak”.  As jy 50 afgevaardigers vir jou kandidaat kan werf, sal jy met so ‘n 100 000 beloon word.  Wie gaan dan nou na sin en rede luister wanneer daar gestem word?  Dit is soveel makliker om nulle te tel as om iemand se agenda uit te pluis.  Baie lonender.

 Goed, niemand kan ooit ‘n sirkus ernstig opneem nie.  Tog as dit op jeugvlak sogaan, wat gebeur op nasionale uitvoerende vlak?  Is dit die rede hoekom klagtes van ernstige korrupsie sonder meer geignoreer en weggesteek is om vir Zuma in bewind te kry?  Dit vat seker twee om in ‘n korrupte verhouding te wees en Shaik kon dit nie op sy eie regkry nie.  Selfs al is daar dalk nog integriteit in die ringkoppe se kring, gaan hulle een of ander tyd deur die narre vervang word.  Jy kan die nar dalk uit die sirkus haal, maar gaan iemand ooit die sirkus uit die nar uithaal?

Die grap is natuurlik dat die een wat die meeste geld steel – skies, bedoel kry om te kan rondstrooi – die een is wat die kitaar gaan slaan.  Die een wat die rigting van die land gaan bepaal en wie sy nalatenskap wil uitmessel vir sy ponde.  Wie gaan vir die gelag betaal?  Nie die wat hulle kruise verkoop het nie. 

Dalk is dit nie so ‘n slegte ding nie.  Daar steek nog steeds baie waarheid in “If you can’t beat them, join them.”  Argumentsonthalwe, as die sakesektor nie van die regering hou nie, kan hulle ‘n ander een koop.  Iemand wat hulle belange gaan dien.  Baie makliker as om die massas te leer om nie in leë beloftes vas te staar nie.

Hoe voel julle hieroor?

Breinvasbrand:  Watter jaar het blanke vroue in SA stemreg gekry?

Breinlosbrand:  Selene was reg met Johnny Cash

Advertisements

Aksies

Information

3 responses

13 06 2011
Olga

1930?
Skelm se vet sal uitbraai, soos hul se. As die lot te 4ken dom is om iemand anders ‘in’ te stem, dan mut hul maar bitterbek sit en kyk hoe die fucked upste snuiter in die land maar net weer homself en sy gatgabbas gaan (laat) verryk. En in die media lees hoe die hoogsbekwame, 😛 gekultiveerde :mrgreen: sakeman n huis van r5.2milj koop en vir r250 000 laat sloop. Soos in geheel en al.

13 06 2011
J W W

Die land is in sy moer, en hy gaan nie beter word nie, nie in my leeftyd nie.

13 06 2011
Olga

al die witwolwe en stafendasse is opgebruik.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: