Daardie Swart Nommer

10 06 2011

In my eerste jaar soos die eerste fase van ontgroening teen ‘n einde geloop het, kort na die eerste ontheffing, raak dit mos tyd om onsself tydens Ienkmelodienk aan die res van die kampus voor te stel.  Nadat ons ouers mos nou die voledige Ienkdrag plus ‘n paar ekstra gekoop het, besluit die Kultuur HK dit is nie ‘n goeie tyd om haar geluk verder te beproef nie.  Ons elkeen kry ‘n toppie van so R20 en daarmee kan ons enige swart broek dra.  Almal het tog ‘n swart broek.

Almal natuurlik, behalwe ek.  Ek het nog nooit van swart gehou nie en op daardie stadium ook nie juis van langbroeke nie.  Ek moes dit toe natuurlik aangekoop het en dit kon nie juis in die kas lê en stof vergader nie.  Die blote aanname dat almal ‘n swart broek het, was gereeld as verskoning gebruik wanneer die HK ons in iets wou laat aantrek.

Vandag nog aanvaar almal nie wat ‘n minimum in ‘n ander se kas moet wees.  Elke vrou het glo ‘n swart nommertjie en nee – die nommertjie is nie jou swart langbroek nie.  Dit is ‘n rok wat jy vir enige geleendheid kan optert.  Ek sal nooit die wêreld se obsessie met swart verstaan nie.  Kon die elegante bende nie die tannies van gesofistikasie oortuig het dat swart . . . wel swartgallig, vervelig en so voorspelbaar is nie.  Swart het dan nie eers die reënboog gehal nie.  Hoekom moet die mens alewig in rou geklee wees?

Ek verstaan dat New Yorkers net swart dra.  As jy dus soos ‘n seer oog wil uitsteek, trek enige ander kleur as swart in.  Wie al ooit ‘n swart appel, hoe groot ookal, wou eet, weet ek nie.  In die beton oerwoud is sal ‘n spatsel kleur seker maar iemand verblind.  Of opvrolik sodat hulle dalk lus voel om vir iemand te glimlag.  Ek het ook al gehoor dat hulle nie sommer mekaar in die oë kyk nie.  Sien dit seker as ‘n teken van aggressie of het dalk genoeg ordentlikheid om dan nie ‘n mes in ‘n ander se rug te steek nie.

Na duisende jare wat ons die aarde bewandel, is swart seker maar hier om te bly.  Blykbaar is dit onmoontlik om daarvan weg te kom.  Behalwe by ‘n troue, maar ook net as jy die bruid is.

Het jy ‘n swart nommer in jou kas?  Hou jy van swart?  Word mans ook vriendelik verplig om altyd in rou te wees?  Maak ander kleure jou oë seer?

Breinvasbrand:  Wie was bekend as “The man in Black”?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Italië


Aksies

Information

9 responses

10 06 2011
Nikita

As jy in die herfs/winter seisoen hier in London is, dan gaan jy dink die offisiele drag van die britte is swart! Ek het eenkeer by ‘n stasie verbygery [ondergronds] en toe kom daar ‘n plaat massa mense by die stasiegebou uitgestap [reentyd] en dit was een swart massa…kleredrag en sambrele. Van hulle spot juis daarmee en se dis hul amptelike kleredrag-kleur.

10 06 2011
Olga

more, more.
Eerste!

10 06 2011
Olga

darem eerste more gese. 🙄

10 06 2011
Olga

ek hou nie van swart klere nie. Veral nie die swart en swart of swart en wit kombinasie nie. Dis te morbied.

10 06 2011
leonvonmoltke

Ons dra almal enige kleur pakke (solank hulle swart is!) 🙂

10 06 2011
Selene Phoenix

Johnny Cash?

Ek hou van swart! Deesdae is dit meer grys, maar hou van my swart lang broeke werk toe!

Ek het nie ‘n swart nommertjie in my kas nie… 😳

10 06 2011
Olga

ai tog! Hkm word alles weer gemoderate?

10 06 2011
J W W

Ek het heelwat swart klere, swart baadjies, swart formele broeke, swart denim, swart hemde, swart skoene, swart kouse, swart onderbroeke, en dan ook heelwat grys, wit blou bruin etc etc….

10 06 2011
Charms

Ek het ‘n swart nommertjie, maar ek dink dit val onder ‘n ander kategorie as “daardie-swart-nommer”. Sy kom net uit vir begrafnisse en dan word sy weer verpak ver agter in die kas – dis mos waar swart hoort ne?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: