Kos

9 06 2011

Ek het ‘n paar passies in my lewe.  Een van hulle is kos, spesifiek om dit te eet.  My ander groot liefde is nuttelose inligting.  Die twee kan nogal op ‘n vreemde manier soms ontmoet.  Ek het al baie met my oë gesteel as my ma kos maak, dus het ek ‘n bietjie kennis daarmee opgedoen.  Siende dat dit behels dat ek my hande moet vuil maak, word die kennis nie gebruik nie.  Buitendien, weet en doen bly twee verskillende dinge.

Soms wanneer ek iets op TV sien of ‘n sekere gereg in ‘n restaurant sien, wonder ek soms hoe op aarde kry hulle dit reg.  Om een of ander rede staan die chefs op tv altyd reg om hulle eie pasta te maak.  Nie van ‘n pakkie soos gewone sterflinge nie, maar net daar word ‘n degie gemaak, uitgerol en gekook vir pasta.  Ek sal graag wil weet hoe hulle dit doen, net om my nuuskierigheid te bevredig.  Punt is die pakkie pasta is minder moeite en baie skoner om mee te werk.

Ek is mal oor seekos.  Daar is wreed om te verwag hoe iemand tussen kalamari en garnale moet kies.  Hoewel, garnale is op die oranje lys en dus moet ‘n mens dit verkieslik nie koop nie.  Hartseer storie, ek het dan gedink daar word al sommer met hulle geboer.  Ek dwaal af.  Seekos strek so ‘n bietjie verder.  Dink aan mossels, oesters, krap, kreef en ander skulpdiere.  Goed wat jou dikwels smeek om hulle by ‘n winkel op te raap.  As jy natuurlik weet hoe om hulle gaar te maak.  Net ingeval die seekosrestaurante verban word.

Ek sien deesdae bedien baie restaurante disse in ‘n driebeen potjie vir een.  Amper soos ‘n potjiekos vir een.  Dit is nou nie  die beste dis om met ‘n mes en vurk te eet nie, maar dit is nogal ‘n anderste manier om kos te bedien.  Veral by die huis as niemand kan sien hoe jy eet nie.  Ek wonder altyd of hulle die kos sommer daarin kook of skep hulle dit net van ‘n groot pot oor?  Ek het ‘n gevoel dit is die laasgenoemde, maar wat as jy in elk geval ‘n dinner for one maak?  Ek is seker jy kan jou take-away ook daarin skep as jy ‘n desperate begeerte het om skottelgoed te was.

Is daar enige kos of opdiening waaroor jy wonder?  Enige geheime oor kos wat jy kan verklap?

Breinvasbrand:  Watter land word verbind met pizzas?

Breinlosbrand:  JWW was reg met Seattle.

Advertisements

Aksies

Information

6 responses

9 06 2011
Olga

eerste!
Italie.

9 06 2011
Olga

ek sal dink om n klein 3pootpotjie voor jou neer te sit, moet daar dan ten minste n lepel saamkom. Of n homp brood. Om die ou leker sousies wat agterbly te kry.

9 06 2011
Gerda. J

wat gaan aan? my comment gaan nie deur nie?

9 06 2011
demoerin

Lekker! Daar is min so lekker soos lekker kos, veral as iemand anders dit gemaak het, en hulle die skottelgoed moet was.
Ek het al paar dinge probeer, Biscotti onder andere, net om aan myself te bewys ek kan dit self doen. Dan nooit weer nie, want dan was daar of groot skoonmaak gemors of moerse klomp skottelgoed.

9 06 2011
Olga

wintertyd is sop en kerrie tyd. Ek het gsteraand op pasella gesien die naam sop of dan soep meen glo iets wat jy eet deur brood daarin te druk.

9 06 2011
JWW

Oo ek deel jou passie oor kos, veral die eet gedeelte – maar ek is BAIE BAAAAAIE kieskeurig wat ek eet, ek het GEEN begeerte om waaghalsig of avontuurlustig vreemde “forren” kosse te beproef nie – ek is ‘n rys vleis en aartapel mens, asook BRAAIVLEIS natuurlik !

Ek kan darm myself redelik goed help in ‘n kombuis omgewing !

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: