Hoe laat is die Boeing?

8 06 2011

Dit is koud, dit is reën, dit is wind en dit is water.  Laat ‘n mens sommer aan die Moederstad dink, die een wat haar soos ‘n baba gedra.  Hoe kan jy aan die Kaap dink, sonder ‘n glas rooies.  In die land van die Kapenaars, maak jy soos ‘n Kapenaar en selfs die babas kry wyn.

Wag, ek dwaal af.  In die besonderse goor weer dink ‘n mens aan eksotiese eilande.  Spierwit strande en wens jy is daar met ‘n cocktail in die hand.  Ag nee, alles draai tog nie om drank nie.  Kom ek probeer weer.  Met weer soos vandag, wil ‘n mens graag in die bed bly.  ‘n Lekker boek of ‘n paar DVD’s.  Dalk ‘n lekker kaggelvuur in die geselskap van ‘n glasie OBS.  Nee wat, dit is hopeloos.  Vandag is ‘n dag wat ‘n bietjie meer skop kort as jou baie sterk koppie koffie.

Ons moet nou net wag vir die Boeing om oor te kom.  ‘n Stelling wat jou vol punte op ‘n kommin toets sal gee.  Dit maak nie juis saak nie, die vraag is eerder hoe laat is die eerste Boeing?  Tel die eerste Boeing wat oor Kempton Park gaan, al bly jy in Bray?  In daardie geval, tel die Boeing in ‘n meer toepaslike tydzone ook?  Hoe gemaak as jy dalk nooit ‘n Boeing sien nie?  Het ‘n Airbus dieselfde effek?  Wat van ‘n Cesna of ‘n warmlugballon?

Punt is dat daar ‘n tyd is wat dit vir mense nie aanvaarbaar is om te drink nie.  Ek mag onder korreksie wees, maar ek dink nie restaurante mag voor 10:oo drank bedien nie.  Ek was wel al saam met mense wat op die eerste wildsrit ‘n drankie genuttig het.  Dit was dus voordat die son opgekom het.  Teen 9 uur die aand, het hulle nog net so hard as die res saamgekuier en niemand sou hulle dronk genoem het nie.  Terselfde tyd ken ek mense wat eers met sonsondergang sal begin drink en teen 8 uur nie meer hulle eie name kan onthou nie.

Dit is seker ‘n geval van wat werk vir jou?  Hoe bly jy verantwoordelik terwyl jy jou drankie geniet?  Hoe laat is jou Boeing?

Breinvasbrand:  In watter stad was Boeing gestig?

Breinlosbrand:  Kanaan


Aksies

Information

7 responses

8 06 2011
J W W

Nee wat ek is nie bygelowig oor boeings nie, ek gooi sommer net ‘n klip of iets in die lug dan beginte ek drink, maar gelukkig is dran deesdae duur, en my inkomste nie onbeperk nie – dus drink ek nie te veel nie. 😉

8 06 2011
J W W

O ja ek dink amper boeing het in Seattle begin.

8 06 2011
Klip

Goeie more !

Ek het nie n probleem met tyd nie , veral omdat ek skofte werk , as ek na n n 12ure nagskof by die huis kom is daar niks so lekker as n koue bier voor ek gaan slaap nie.

Ek se ook altyd ” as die vliegtuig oor is ” so dit kan enige vliegtuig wees en hy kan “oor ” wees op enige plek op aarde .

8 06 2011
Twilight

Nee wat, as mens wil drink, sal jy. Dan is daar nie ‘n sosiaal aanvaarbare tyd nie. Maar ek moet bieg dat wyn vir my lekkerder smaak in geselskap by ‘n kaggelvuur. Die koffiebekervol wat my seun eendag vir my helder oordag aangedra het uit pure liefde, het nou maar eenmaal nie dieselfde gesmaak nie. Dalk was dit oor dit die kookwyn was…

8 06 2011
Klip

Polisie koffie bly bobaas. ( Sterk swart warm koffie met red heart rum)

8 06 2011
Olga

nee wat, bessie se my wanneer dit tyd is. Maar sy is deesdae so kwaad vir my dat ek maar die koue met joko moet verjaag.

8 06 2011
J W W

Hoe lekke suige ek nou aan ‘n glasie Cape Ruby port wyntjie !!! 😀

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: