Kluite moet maar in die Grond bly

7 06 2011

Daar kan baie gesê word oor mense se reaksies op berigte.  Ek mag verkeerd wees, maar oor die algemeen is die wat hulle bekke in Beeld rek stoere boere wat bid vir ‘n volkstaat so gou as moontlik.  Interessant genoeg is dat ongeag wat die berig sê, lewer mense maar altyd dieselfde kommentaar.  Dit is egter nie nou belangrik nie.  Punt wat ek wil maak is dat die mense oor die algemeen trots op hulle agtergrond, herkoms en geskiedenis is.  Wat beslis nie daarvan hou dat die Afrikaner kultuur en geskiedenis verdruk word nie.

Gister kom ek toevallig op die stukkie deur ‘n ene Vegjan af:

. . . Watse kaans het Dirkie Uys teen die Engelse komando gehaat of moes hy ook maar eenkant staan en uitlap waar sy mense is. Die areme vrou het nie opleiding gehaat . . .

Natuurlik was daar baie mense wat hulle by hom geskaar het.

Behalwe nou die feit dat Vegjan nie kan spel om sy lewe te red nie, het niemand dan sy trotse Geskiedenis feit raak gelees nie?

Dirkie Uys is by Italeni deur Zoeloe krygers doodgemaak.  Daar is verskeie stories daaroor, maar die heldestorie vertel dat hy terug gegaan het om sy pa, Piet Uys, wat van sy perd afgeval het en deur Zoeloes omring was te gaan bystaan.  Hy het toe saam met sy pa gesterf.  Aan die hande van die Zoeloes, daar was geen Engelsman naby gewees nie.

Bou nou ‘n volk.


Aksies

Information

4 responses

7 06 2011
Olga

bekrek het nie verstand, feite of spelling nodig nie. Hul is maar te gretig om hulself in druk te sien. 😉

7 06 2011
Grappie

A real woman is a man’s best friend. She will never stand him up and never let him down. She will reassure him when he feels insecure and comfort him after a bad day. She will inspire him to do things he never thought he could do, to live without fear and forget regret. She will enable him to express his deepest emotions and give in to his most intimate desires. She will make sure he always feels as though he’s the most handsome man in the room and will enable him to be the most confident, sexy, seductive and invincible. No wait… sorry… I’m thinking of whiskey. It’s whiskey that does all that sh!t. Never mind…

7 06 2011
Wip

Die kommentaar by Beeld laat veel te wense oor. 80% van die kommentaar is altyd negatief, afbrekend, onopgevoed en sinloos. Sommige van die kommentaar wyk heeltemal van die inhoud van die berig af…. en baie daarvan is van mense wat nie feite het of ken nie. Hierdie spesie stel ook nie juis belang in feite of algemene kennis 😦

Dis of al hierdie mense wil baklei oor die ongeregtigheid wat hulle aangedoen is…. miskien moet hulle ‘n blog oopmaak en hulle klaagliedere daar neerpen, net dalkies sal dit ‘n top blog word want daar is nogal baie van hulle wat saamstem en saamstaan onder Beeld kommentaar ~~~ 😆

8 06 2011
Twilight

Hoekom ‘n goeie argument met feite bederf? 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: