Onmoontlike Beloftes

6 06 2011

Kyk maar enige storie waarin daar ‘n oorlog genoem word.  Die dapper held het ‘n emosionele afskeid met die meisie van haar drome.  Sy sal ‘n belofde van hom eis, een wat hy sonder ‘n sekonde aarseling sal belowe.  Hy sal sy woord gee dat hy in een stuk sal terug kom.  Vreeslik aandoenlik en so romanties.  Tog wat gee hom die reg om so ‘n belofde af te lê?  Wat gee haar die reg om so ‘n belofde te eis?

Goed soos lewe en dood lê nie in menslike hande nie.  Die dapper held wat sy tassies pak om die vyand te gaan les opsê het geen waarborge nie.  Hy weet nie of hy die eerste dag op die slagveld op ‘n landmyn gaan trap nie.  Hy weet nie of sy makker hom per ongeluk in die rug gaan skiet nie.  Hy weet nie eers of hy veilig by die slagveld sal aankom nie.  Die beste wat hy kan doen is om te belowe om alles in sy vermoë te doen om so veilig as moontlik te wees.  Sy moet net doodeenvoudig aanvaar dat dit moontlik nie genoeg gaan wees nie.

Oorlog is ‘n baie uitsonderlike voorbeeld.  Nie te min, mense is gewoonlik gou om beloftes aftelê of waarborge te gee wat nie in hulle mag is om te verseker nie.  Enige eerbare mens behoort so te lewe asof wat hulle ookal sê, ‘n belofde is.  Wat ek bedoel is:  al uiter jy nie die woorde ek belowe nie, moet jy probeer dat jou ja, ja is en jou nee, nee.  As jy iets verklaar, moet jy kan sorg dat jou verklaring waar word.

Hoe dikwels hoor ‘n mens nie die versekering dat iemand “fine” gaan wees nie?  As iemand in ‘n ongeluk was, hulle vrou hulle uitgeskop het of dalk ‘n ernstige siekte opgedoen het.  Niemand kan met sekerheid sê wat die uiteinde van die voorval sal wees nie, maar dit keer mense nie om die versekering te gee nie.  Kan jy jou enigsins uitlaat oor iets waaroor jy geen beheer het nie?

Daar hoef nie hard kopgekrap te word oor hoekom mens die onmoontlike versekering gee nie.  Dit is seker maar deel van die natuur om ‘n ander se lyding te probeer versag.  Dit is tog wat ons menslik maak.  Soms het mense net hoop nodig, wat deur ‘n onbedoelde leuen verskaf kan word.  Iets waarop daar in ‘n oomblik gesmag word en wat dalk nodig is om iemand deur die volgende paar uur te sien.

Is ongegronde hoop dalk nie wreder as die feite nie?

Aan die anderkant, het ‘n doemprofeet iemand al ooit iets in die sak gebring?

Moet jy eerder jou smoel hou as jy self nie weet wat die toekoms gaan lewer nie?

Of moet jy ‘n anker gee, al weet jy dalk dat jy dit miskien later sal moet vervang?

Wat is die genadigste?

Breinvasbrand:  Wat het die Isrealiete (in die Bybel) as die beloofde land beskou?

Breinlosbrand:  Die loon vir 2011 is R7.72 per uur vir iemand in ‘n stedelike gebied wat meer as 27 uur ‘n dag werk.


Aksies

Information

9 responses

6 06 2011
Louwie

27 uur per dag? “shock” genade, daar behoort `n wet teen te wees 😀

6 06 2011
Xena

😳 Skuus, het per maand bedoel.

6 06 2011
Olga

het ook nou net vir bessie nader geroep om te kan tel hoekom ek gedink het n dag het minder ure.

6 06 2011
Olga

ou gesegde – BELOFTES MAAK SKULD. Wat beteken, moenie belowe wat jy nie alreeds het om te gee nie.

7 06 2011
J W W

Dit is dan maar R61 per dag as die persoon 8 ure werk, en jy sal NERENS iemand kry wat vir dit gaan jou huis skoonmaak nie, hulle vra minimum R120 per dag.

7 06 2011
Olga

boelie vir die dom donner wie die r120 per dag betaal. Hulle guvie het die loon vasgestel. Ek het nie vir hul gestem nie.

7 06 2011
Selene Phoenix

Goeie more!

Ek hou ook nie daarvan om beloftes te maak nie, maar probeer altyd ‘n positiewe mens te wees… sal eerder sê ek sal fine wees as wat ek sê ek gaan dood! Let wel ek doen dit nie altyd nie… was een slag wat ek gedink het die dood sal beter wees 😉

Wat die lone aangaan… ek betaal my bediende R550 per maand en sy werk net een keer ‘n week by my. (betaal haar of sy nou werk of nie) Ek sal haar nooit net R61 kan betaal nie.

7 06 2011
klippie

Ek stem saam met Olga. Maak net beloftes van dit waaroor jy beheer het. Wie van ons weet selfs of ons vanaand veilig by die huis sal kom van die werk af.

7 06 2011
Grappie

A kindergarten teacher one day is trying to explain to her class the definition of the word “definitely” to them. To make sure the students have a good understanding of the word, she asks them to use it in a sentence.

The first student raised his hand and said, “The sky is definitely blue”.

The teacher said, “Well, that isn’t entirely correct, because sometimes it’s gray and cloudy.” Another student says, “Grass is definitely green”.

The teacher again replies, “If grass doesn’t get enough water it turns brown, so that isn’t really correct either”.

Another student raises his hand and asks the teacher, “Do farts have lumps?” The teacher looked at him and said, “No. But that isn’t really a question you want to ask in class discussion”. So the student replies “Then I definitely shit my pants.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: